5 November, 2009

Neil Young – Old Man

Fokkit dis ‘n great weergawe van ‘n great tune….

Neil Young is na my mening so fokken strate anderkant Dylan..(dws ek verkies Young bo Dylan…)

4 November, 2009

Ozzie Ozzie Ozzie Oi Oi Oi….Qantas vlieëniers vergeet om Boeing se wiele te laat sak

Qantas Boeing

Qantas Boeing 767-338/ER Melbourne - Tullamarine (MEL / YMML) Australia - Victoria, November 27, 2007

Photograph copyright:  Darren Howie – Vortex Aviation Photography

Ai jere die Ozzies ook darem. Smaak my die nasie is besig om ietwat die plot te verloor. Soos die storie van die Qantas vlieëniers wat geskors is omdat hulle vergeet het om die Boeing 767 waarmee hulle op Sydney wou kom land het se wiele uit te laat…fokkit..

Sover ek weet is Qantas die  kommersiële lugredery wat die langste bestaan sonder enige  noodlottige ongelukke of insidente. Qantas het sedert sy onstaan in 1920 nog geen lewensverlies gehad wat aan ongelukke of “insidente” toegeskryf kon word nie. As dit so aangaan mag hulle dalk spoedig  daai rekord kwyt wees. Flight training 101… DO YOU HAVE 3 GREENS?

Hier is die volle storie.

Two Qantas pilots suspended for failing to deploy landing gear

Qantas, Australia’s national carrier has suspended two pilots for failing to deploy the landing gear when an aircraft was coming in to land in Sydney.

 

By Bonnie Malkin in Sydney

Published: 2:02PM GMT 04 Nov 2009

The Boeing 767-300 was on a morning flight from Melbourne as it came in to land at Sydney airport last week. Photo: AFP The airplane’s warning system alerted the crew to the dangerous oversight when the aircraft was just 700 feet above the ground.

Luckily, the plane was able to climb back to altitude and landed without incidents minutes later. No one was injured.

However, the “serious incident”, which took place at the nation’s busiest airport, has sparked a safety review and the two pilots involved have been stood down pending the outcome of the investigation. The pilots are due to be interviewed by authorities on Friday.

Investigators are reportedly looking at possible human error and a communication breakdown between the first officer and captain about who was responsible for lowering the landing gear.

The Boeing 767-300 was on a morning flight from Melbourne as it came in to land at Sydney airport last week.

Once the error was realised, the pilots returned power to the engines and regained altitude, before circling and successfully landing.

But how they came so close to trying to land the jet without being ready is now the subject of a serious incident investigation by the Australian Transport Safety Bureau.

Qantas released a statement admitting the gravity of the situation.

“This is an extremely rare event but one we have taken seriously,” the statement said.

“The flight crew knew all required procedures but there was a brief communications breakdown. They responded quickly to the situation and instigated a go-around. The cockpit alert coincided with their actions.”

The cockpit alert was an audible warning from the ground proximity warning system.

The airline says there was no issue of flight safety and it is fully cooperating with the investigation.

Landing gear problems or gear-up situations were involved in 15 per cent of airline hull-loss accidents last year, according to an analysis by the International Air Transport Association.

Qantas, which hasn’t had a fatal crash in the jet age, has been beset by incidents in the past year, including a flight in October 2008 that suddenly lost altitude over Western Australia causing injuries and an emergency landing in Manila in July last year after an oxygen tank exploded.”

Om aan te sluit by die onlangse Air France 447 ramp. Dit wil voorkom of die Airbus A 330 – 200 dalk net ‘n probleem kan hê met sy lugspoedmeter. Soos bo berig ondersoek die Australian Transport and Safety Board ‘n geval waar ‘n Jetstar Airbus A 330-200 ook probleme ondervind het terwyl dit deur ‘n storm gevlieg het en die Auto pilot afgeskakel het nadat die pitout buis toegevries het. Hier is die berig.

2 November, 2009

Joost en Amor – Hopelik het ons nou genoeg van die spulletjie gesien

Joost en Amor …selfaangestelde Posh en Becks “glanspaartjie” van Suid-Afrika….. Smaak my die spulletjie  het van die muur af gemoer so by so dat nie eens ‘n kuier by die magtige oom Angus en aaaaaal sy veldkornette hierdie Becks weer Posh gaan maak nie. Dit is soms wys om maar die ekstra paar Rand uit te haal en vir oom Ray te loop sien…kyk hoe mooi het hy vir skelm Hansie gehelp?

die hele Suid-Afrika skaterlag....

die ganse Suid-Afrika skaterlag

Nou ja, hopelik sien ons nou die einde van die spulletjie. Kom ons hoop die tweetjies verdwyn soos ‘n perdepoep in die maanskyn…

Wikipedia Def : Methcathinone (CAT)

Ek sien moontlike newe effekte gelys vir die oormatige gebruik van CAT sluit onder meer “paranoia” en “psychosis” in…

1 November, 2009

Francois Hougaard – Paul Roos Gimnasium se 34 ste Springbok rugbyspeler.

Paul Roos Gimnasium
Big Maroon Machine

 

Francois Hougaard

Geluk aan Francois Hougaard, Paul Roos Gimnasium se 34 ste Rugby Springbok. Wel gedaan jongman!

En nou wonder ons en vra waarom die WP Rugby se wyses miljoene rande spandeer op ‘n enorme admin staff en hopelose Fidjiane en ‘n spul “has been” plaaslike spelers maar nie die wysheid en insig toon om  jong spelers soos Hougaard se potensiaal raak te sien en in die provinsie te hou nie? Stephan Dippenaar sal Paul Roos se 35 ste Springbok word, en ook hy speel vir die Bulls.

 

Mooi man WP, julle is op die regte pad om Boland se plek in te neem.

 

 

 

24 Oktober, 2009

Vlieëniers vergeet om te land…ja..genuine

 

Al ooit gehoor van vlieëniers wat so  meegesleur word in ‘n argument dat hulle skoon vergeet om die vliegtuig te land? Bizar maar waar. Lees gister die storie raak.

21 Oktober, 2009

Struisbaai hawe ontwikkeling: Tyd raak min vir publiek om kommentaar te lewer.

Visserskuite in Struisbaai se hawe

Visserskuite in Struisbaai se hawe

Gaan hierdie gesig vir altyd verdwyn?

In Januarie vanjaar het ek hier ‘n inskrywing gemaak oor die beoogde hawe ontwikkeling by Struisbaai deur Golden Falls Trading 193 Pty Ltd T/A Langezandt Quays.  Hierdie ontwikkeling is nou in sy finale aanloop vir goedkeuring.

Ek wil ‘n beroep doen op almal wat lief is vir die Struisbaai en L’Agulhas area om deel te wees van die proses deur hulself te vereenselwig met die onderstaande dokumente. Maak gebruik van die “kommentaar” vorm en stuur jul kommentare aan vir Mnr John Foord by die gegewe kontak opsies.

Mnr Foord kan via e-pos bereik word by: John.Foord@af.aurecongroup.com

 Notification of Draft Environmental Report

Executive Summary draft EIR ~ FINAL

Response Form / Kommentaar vorm

Ek is persoonlik geweldig skepties oor die ontwikkeling en voel dit sou die hele streek meer baat as die hawe aan die vissers gegee word en omskep word in ‘n volhoubare toerisme atraksie. 

Ek staan nie noodwendig vooruitgang teen nie maar ons weet mos nou al  ontwikkelaars se reputasie loop hul vooruit. En vir hierdie negatiewe persepsies kan hulle net hulself blameer.  Mooi beloftes en buzz woorde word rondgegooi, “werkskepping” en die “opheffing van die gemeenskap.” In realiteit egter gebeur dinge weining so.

Een van die 4 inwonende pylsterte in Struisbaai se hawe

Een van die 4 inwonende pylsterte in Struisbaai se hawe

Die betrokke ontwikkeling van Erf 848 sal verseker die toegang tot die Struisbaai hawe vir plaaslike inwoners en vakansiegangers beperk of onbekostigbaar maak. Voor ons ons oë uitvee is die ouwêreldse vissershawe wat uniek is aan Struisbaai slegs toegangklik vir “rich & famous”. Ek praat onder korreksie maar ek dink dat behalwe vir Kalkbaai is Struisbaai die enigste soortgelyke vissershawe wat nog bestaan in Suid-Afrika.

Die beloofde “werkskepping” sal ook vermoedelik ‘n muis baar. Behalwe vir die  tydelike hande arbeid is dit onduidelik watter  noemenswaardige en volhoubare werkskepping in die geval sal geskied.  Afgesien natuurlik van enkele geleendhede in die hotel en beoogde restaurante.

Dit is onwaarskynlik dat die nuwe eienaars van die plaaslike gemeenskap gebruik sal maak om die meerderheid vakante betrekkings te vul. Geskiedenis op ander plattelandse plekke aan die Weskus soos bv Paternoster en Elandsbaai  het dui eerder darop dat kundigheid  ingevoer word van elders om sulke besighede te bedryf eerder as wat daar opheffing van die plaaslike gemeenskap plaasvind. 

‘n Ontwikkeling van die aard in Struisbaai sal veel eerder daartoe bydra dat mense op die dorp hul werk verloor want kom ons wees nou eerlik, klein besighede en eenmansake kan nie teen hierdie tipe geldmag baklei nie.

Dieselfde “werkskepping” geld vir die kontrakteurs wat die bouwerk doen. Hulle voer mense (hoofsaaklik tydelike en kontrakwerkers) in van orals en wanneer die projek verby is bly die mense werkloos agter en begin hulself onderhou deur misdadige aktiwiteiteEk is van mening dat die Struisbaai / L’ Agulhas streek sy ongerepte magic sal verloor. Ons land se kuslyn is reeds verkrag deur gewetenlose ontwikkelaars. Laat jy hierdie ontwikkeling toe skep jy ‘n verdere  presedent wat die hele area in gevaar stel.

Die "Duiker in Charge" van die jetty op Struisbaai se hawe. Dit word soortvan verwag dat jou eerste harder wat jy daar vang aan hom ge-offer moet word.

Die "Duiker in Charge" van die jetty op Struisbaai se hawe.

‘n Veel beter oplossing sou wees om die grond terug te koop by die ontwikkelaar en dit in ‘n besigheidstrust te sit waarvan al die vissers deeleienaarskap het en dan die mense met die nodige kundigheid te voorsien om selfs die bedryf te bestuur. So sal jy sorg dat die vissers wat hoofsaaklik uit die bruin gemeeskap afkomstig is nie uitgebuit word deur ’n fabriekseienaar nie, en die die here weet dat die vis in die streek heel moontlik goedkoper word!  Die belangrikste egter, so ‘n stap skep ‘n platform om volhoubare sosiale en ekonomiese opheffing tussen die vissergemeenskap te vestig. Deur daardie hawe te red en te behou en onderhou soos hy nou is kan jy ‘n nasionale erfenis bewaar en ‘n toeriste atraksie daarstel.

 Die verkryging van die nodige fondse bly egter ‘n wesenlike probleem, en uiteraard  om die eienaar te oorreed om weer die grond te verkoop.  Ons is mos maar te bewus van die regering se reputasie en verbindtenis tot  langtermyn projekte. Vir hierdie idee sal die privaat sektor moet help.

Verdere besware deur plaaslike inwoner sluit onder meer die volgende in.

  1. Die beoogde gebou se beplanning is swak en doen wesenlik afbreek aan die estetiese. Inderdaad die gebou sal soos ‘n seer oog uitstaan in ‘n gebied wat oor baie jare as bykans ‘n eenheid ontwikkel het. Selfs ‘n twee verdieping gebou sal op die besondere plek afbreek doen aan die estetiese. Die fotos en sketse spreek na ons mening vanself.
  2. Die verkeer, mense en besighede wat deur die ontwikkeling gelok kan word, sou die bewerings waar wees, is juis die rede waarom nie met die ontwikkeling voortgegaan mag word nie. Die beweerde toenames sal inbreek maak op gevestigde gebruike van inwoners wat juis hulle eiendomme aangeskaf het vanwee die stilte van die omgewing.
  3. Die beoogde gebou sal die uitsig van reeds gevestigde eiendomme belemmer. Dit sal dalk wys wees om regspraak te raadpleeg in die verband daar die Hooggeregshof juis in die verlede aangedui dat hy sensitief is vir die gevestigde regte van inwoners, insluitend regte wat verband hou met die estetiese.
  4. Die waarde van eiendomme in die onmiddelike omgewing van die beoogde ontwikkeling sal drasties val en sal eerder lei tot verdere besigheid hersonering aansoeke. Sou die aansoeke nie slaag nie sal die eindomme in waarde val en sou die aansoeke slaag sal die besigheidsgebied vergroot in ‘n gebied wat ‘n sensitiewe ekologiese system het.  
  5. Baie inwoners bied hulle huise aan as vakansie akkommodasie en maak staat op die inkomste. Die gebied is stil buite seisoen tye wat sal beteken dat die beoogde ontwikkeling kliente trek wat andersins gebruik sou maak van privaat akkommodasie. Plaaslike inwoners se inkomste sal afneem en so ook die werksgeleenthede wat tans beskikbaar is.
  6. Die Langesandt eiendomme wat reeds in die gebied ontwikkel is skep eerder die indruk dat die ontwikkelaars inklussief optree en sou dit gepas wees om eers die vorige ontwikkeling oop te maak vir algemene besigheid geleenthede teneinde so die positiewe gesindheid teenoor die plaaslike gemeenskap te vestig.
  7. Die argument oor of die gebied die ontwikkeling nodig het moet bevraagteken word gesien in die lig dat die gebied uitstekend klaar gekom het sonder die ontwikkeling.
  8. Voorts het die argument dat die ontwikkelaar geen ander grond het om so ‘n ontwikkeling te doen nie kommer gewek oor die gewig van die verslag. Ons het ook nie grond nie. Dit vestig egter geen regte vir ons nie. Dis eerder gepas dat die ontwikkelaar sy energie inploeg in ‘n gebied wat sy kwaliteite verlang.
  9. Sou die gebied wel die ontwikkeling verlang is daar geen rede waarom eiendom verder van die hawe nie bekom kan word nie. Georganiseerde onteiening is steeds wettig in Suid Afrika, maar die redes moet gepas wees.
  10. Die ontwikkelaar is te strek vir die gebied. Dit is ongesond vir enige gebied dat soveel mag besit word deur een instansie of persoon. ‘n Studie oor wat die ontwikkelaar reeds in die gebied besit en reeds ontwikkel het moet saam gelees word met die voorgestelde ontwikkeling en mag dit dalk duidelik blyk dat die ontwikkelaar sy kanse gehad het en reeds genoeg impak op die gebied gemaak het. Ek moet beklemtoon dat dit nie gaan oor die ontwikkelaar as person nie maar die inpak wat op die gebied gemaak is of gemaak sal word. Enige monopolie is ongesond, soveel te meer vir ‘n klien dorpie soos Struisbaai. Ons versoek is dat die dorp en sy erfenis gehou word in die hande van sy mense.
  11. Plaaslike besighede wat ontwikkel het in die klein sake kern van Struisbaai het juis daar ontwikkel omdat dit so georden is deur die plaaslike rade. Die voorgestelde ontwikkeling sal die besighede finansieel skaad. Dit word voorgestel dat die plaaslike rade voort gaan met die ontwikkeling van die sake kern wat klaarblyklik tot nou die steun van almal geniet het.
  12. Plaaslike inwoners kan getuig van onplesierige tye oor seisoen tye wat daartoe lei dat plaaslike inwoners seker tye sekere dele van die strandgebied nie wil besoek nie. Stadig maar seker raak die polisie se hande al hoe voller. Ek het inderdaad met van die polisie lede gesels oor drank misbuik, jeugdiges wat besope is, onsedelikheid en bottel skerwe oor feestye. Die beoogde ontwikkeling kan die probleem vergroot. Dit is nie ons plig om morele waardes te beskerm nie, maar die kommentaar moet gesien word in lig van die erfenis wat ons moet beskerm.  

Ek wil weer ‘n beroep doen op almal wat ‘n belang van een of ander aard in die streek het om deel te neem aan die proses en kommentaar te lewer. Dit help nie om na die tyd te kla as jy nie die moeite gedoen het om jou siening aan te stuur nie. Doen jou deel!

Struisbaai se hawe

Struisbaai se hawe

4 Augustus, 2008

Reuke en geure van toeka toe ek nog kind was…

kroese0011Sover ek kan onthou het ek my daaglikse gang met die hulp van gepaardgaande reuke iewers in my verstand gestoor. Vandag nog assosieer ek herinneringe uit vervloë dae met die reuke en geure wat destyds daarmee gepaardgegaan het.

Ek onthou soggens my pa se gerusstellende Tabac after shave en Oom Fanus se penny whistle kwêla, die Springbok moerkoffie wat Pa soggens klokslag om 06h00 deur die siffie in die koffiebottel kom gooi het. Selfs die daaropvolgende Lexington filter. My Pa se verbaasde uitdrukking op die gesig wanneer die buurman, winter deur somer, skuins na ses uit die sauna in sy yskoue swembad duik. Dit ruik na bloekomolie. Ek onthou hoe my pa altyd sy koffie laat koud word het voor hy dit gedrink het en hoe my ma sy koffie kom uitdrink het wyl dit staan en afkoel. Jean Patou se “Joy” parfuum laat my onthou hoe my pa nooit kwaad geword het nie en geduldig maar nog ‘n koppie gaan skink het – net vir die afkoelproses om van voor te begin. Soms was dit Chanel # 5 of Fiji. Dubbin en die reuk van ‘n nuwe Super Springbok rugbybal en Deep Heat voor ‘n wedstryd. Gooi daarby ‘n klipharde Kookaburra 4 piece krieketbal en ek is gelukkig.

Laerskool Stellenbosch ruik soos staatsgeboue steeds vandag. Selfs na die liberation van 1994. Kil neurdrukkend en onpersoonlik. Soos JAM van Schoor se Hitler snor (dit was voor ons van Mugabe geweet het) en soos alle NG Kerke binne-in. Dis nie plekke wat met ‘n positiewe gemoed verband hou nie. Dis plekke waar vrees en damnation die moed van menige kind geknak het. Maak soos ek sê en nie soos ek maak nie. Dis nie plekke waar ek ooit wou wees nie. Dit ten spyt bid ek steeds saans vir die wysheid en insig om die regte besluite te neem. Ek wag geduldig.

Op Koringplaas in die Swartland waar my ma grootgeword het ruik niks lekkerder as die koms van die reën nie. Daai dorre stowwerige Noordewind wat jou neus brand en dan skielik sag raak soos die stof meng met die reuk van klam stoppellande, daai bossies wat die streek sy naam gee en dreigende druppels. Ek weet nie hoe beskryf ‘n mens die begrip “ek ruik reën” nie. Ek weet net ek kan reën ruik, enige plek waar ek is en ure voor dit val.kroese02

My Ouma se huis op Koringplaas het na TCP geruik, soos my ma se badkamer vandag. Moerkoffie gemaak met brakwater, boerbeskuit gemaak met egte botter en genoeg sout. Soetsuurdeeg brode dik gesny, met uitgebraaide varkvet en sout en peper op – soms saam met bokkoms en korrelkonfyt. My broer Jannie het net Marmitebroodjies geëet. Die reuk van braaivleis oor rooikranskole, my Pa en oupa Sakkie agter die pakkamer en ‘n gebraaide Makou op Sondag. Kragparafien vir die 12 volt Lister enjin wat saans gloeilampe tot lig aangespoor het.

Ploegtyd op die plaas. Die reuk van grond pas omgeploeg, die dreuning van Massey Ferguson 178 trekkers, met 6 skaar Erdvark ploeë agterna. Die reuk van bloed en grond toe ek as 5 jarige my vinger teen selfs my eie kinderlike beterwete in die ratte agter op die dril (koringplanter) loop druk het. Vandag nog sit ek met nege vingers as ‘n herinnering dat ‘n mens somtyds vir jouself moet luister. Al is jy 5.

Die muwwe reuk van Oom Arthur en Tannie Kitty se huis by Agulhas, die fynbos daar, Stinkbaaitjie na springgety die bamboes daar kom los het vir die son om te verbrand. Die reuk van braaivleis op rooikranskole by die see. My Pa en oom Arthur onder die Melkhoutboom, Tannie Kitty en Ma in die kombuis. Daai spesifieke kruie reuk wat jy kry oppad Stilbaai en Jongensfontein toe. Afhangende van hoe die wind waai kom vertel hy jou die see is nie meer ver nie, gewoonlik by Riversdal rond. Tot vandag toe nog weet ek nie presies watter bos die reuk veroorsaak nie. Dis die mooiste plekke ter wêreld. Agulhas en Stilbaai en Jongensfontein.

kroese00001Waarom weet ek nie maar ek vang myself deesdae meer as gereeld terugdink aan die dae wat nooit weer sal wees nie. En dan besef ek weereens ‘n mens moet nooit ooit toelaat dat society se insecurities in jou pad staan om te wéés nie.

4 Augustus, 2008

Buffet Restaurante is ‘n euwel….

Ek fokken HAAT buffet-restaurante, met ‘n spesifieke veragting vir daardie “R120 pp eat as much as you like” scenario’s. En dis nie omdat ek ‘n ligte eter is nie …. laat ons nou nie doekies omdraai nie. Maar selfs nie ek kan R120 se waarde uit sulke plekke kry nie, en as jy dit wel vermag, voel jy so siek dat jy in elk geval alles wil uitkots.

Aan die Protea Hoogte skuinste kant van Brackenfell is so ‘n eetplek. Schoon–something heet hy. Die plek is altyd volbespreek. Daar betaal jy R120 per persoon, en jy kan vreet soveel jy wil tot 22h00 saans wanneer die kos weggeneem word. ‘n Wyle terug bevind ek myself een aand onwillekeurig daar vir ‘n funksie.

Daar is altyd ‘n spul kinders wat soos besetenes deur die hele lokaal hardloop en gil terwyl hul ouers ongestoord hul gesigte vol “fried chicken” prop. Selfs binne die vertrek waar die kos bedien word jaag die klein wetters mekaar rond. ‘n Kiddie-hater is ek nie maar jere ouers sorg asb dat jul spruite nie ander gaste se aand bederf nie. Kan dit so moeilik wees? Ek het na die derde probeerslag maar moed opgegee om die kinders uit te kak wat so in die verbygang met hul kaal hande uit die bakke vreet daar waar ander mense ook nog moet gaan skep. Veral na die een se ma my aangegluur het asof ek van ‘n ander planeet is. Hoe durf ek haar bondeltjie liefde aanpraat omdat hy sy vinger in die gravy druk, aflek en weer terugsit vir nog?

Dit ook ‘n given dat daar by sulke tipe plekke altyd een of ander doos sal wees wat voor in die tou kom indruk. Terloops, geduldig in toue jou beurt afwag soos beskaafde mense het in Suid-Afrika skynbaar in ‘n Westerse euwel verander en is vervang met ‘n kombinasie van ‘elke man vir homself” en “dié wat kyk kry niks, dié wat gryp kry ‘n handvol.”

Dit is totaal duister wat die restaurant as basis vir hul souse gebruik. Jere weet alles smaak dieselfde. En hier gebruik ek “smaak” in ‘n baie geduldige konteks. Kos word versuip in die twyfelagtige smaaklose goo. Net soos die geval met ‘n pub lunch in daai railway bar in Primrose aan die Oos-Rand. Dit lyk kompleet of hulle die sous ‘colour code”. Donkerbruin vir dit wat beesvleis voorstel, ligbruin vir hoender en vaalgrys vir vark. Geel vir mosterd en pienk vir seekos, slaaie , roomys en ander diverse goed. Ek soek nou nog die mosterd in dit wat voorgesit was as “mosterd en tong”. Die roast beef was so taai, selfs nie Ray McCauley sou dit kon sag bid nie.  Dit kon seker ook Blommetjie van ouds se groottante wees wat hier opgedis is. Aan die braaiaartappels het ek nie geraak nie want ook daar het die snotpikkende kleuters hul grubby paws ingehad. Die nagereg was warm – wel, dit wat koud moes wees, was, en dit wat warm moes wees, was koud.

Omdat die turn over van eet, en weer eet, en weer eet en weer eet gewoonlik blitsig is in die situasies, werk die skottelgoedwassers oortyd en ook dienooreenkomstig effektief. So kry jy dan om uit te eet sulke klam olierige louwarm borde wat nog na vet ruik, en sulke vaal messe en vurke. Dié verskynsel het ek geweldig intimiderend gevind, want ek het al gesien hoe lyk ‘n gastro enteritis epidemie in die weermag. Daar is niks glamorous daaraan om eenkant in ‘n tentedorp onder kwarantyn geplaas te word en daar al kotsend en skytend die tyd te verwyl tot die kiem uiteindelik vort is uit jou sisteem nie …

Maar wat my seker die meeste grief van die tipe plekke: As stille getuienis van die plek te tipe klante bly die voordeur permanent gesluit en word slegs oopgemaak wanneer die patrons 100% seker is jou rekening is betaal. Die moerse groot bord teen die muur wat lees “No take aways are allowed in plastic bags, tupperware or any other form of container” benadruk hierdie notion.  Hulle deursoek selfs mense met suspicious sakke by hulle. Dis seker veilig om te aanvaar dat die eienaars al tevore ‘n bloutjie of twee geloop het voor hulle die maatreëls noodgedwonge moes aanbring. Ek meen watter tipe mens maak hom aan sulke gedrag skuldig? Waarskynlik die tipe wat all you can eat buffet restaurante like!  Nietemin maak die plek vermoedelik geld soos bossies. In Suid-Afrika bestaan daar mos die geloof dat wanneer iets gewild is en baie geld maak, dat dit noodwendig kwaliteit moet wees.

24 November, 2008

Sokker: Moet ek ‘n sokkerliefhebber wees om ‘n goeie landsburger te wees?

Gisteraand vang ek die laaste 5 minute van die SABC 3 aktualiteitsprogram “Interface”. Ek kan ongelukkig nie die paneel deelnemers se name onthou nie of presies watter organisasies hulle verteenwoordig het nie. (alhoewel daai een bra met die bloedrooi sokkies obviously vir Oom Joe Slovo wou namaak.) Die gesprek handel oor sokker. Oor 2010 en ook volgende jaar se Konfederasiebeker toernooi. Die paneel bestaan hoofdaaklik uit engelsprekende blankes waarvan een duidelik ‘n genuine pommy is. Normaalweg is ras en herkoms nie vir my ‘n issue nie , dit sal egter later duidelik word waarom ek dit hier noem.

Ek moet erken dat ek slegs die laaste 5 minute of so van die program gesien het wat dalk mag veroorsaak dat ek oor goed kommentaar lewer “wat ek buite konteks verstaan” het. Having said that, if it looks ike a duck…. Nietemin. So ‘n “beady eyed bushy tailed” mannetjie maak die stelling dat “rugby nie unifying genoeg is in Suid-Afrika nie “en dat die RWB 1995 oorwinning ‘n beperkte unifying effek gehad het, (ja right, pis nou op Madiba se legacy en noem dit goed vir “unification” ) soos RWC 2007 se oorwinning ook maar ‘n beperkte aandeel in unification gehad het.. Hy kwalifiseer sy stelling deur daarop te wys dat mens net moet kyk wie ondersteun rugby en wie speel dit. Hy gaan verder deur te noem , en dis hier waar ek nie mooi kon hoor presies waarom nie, maar hy noem dat “hulle” Sir Clive Woodward invlieg om motiveringstoesprake te kom gee oor wat dit verg om ‘n Wêreldbeker te wen en hoe dit voel. Wat ek egter duidelik kon aflei is dat Sir Clive Woodward ingevlieg word om plaaslik sy “magic” te kom oordra aan ‘n groep mense. Whats up with that then? Ons eie land se rugbyspan het twee RWB’ers gewen, waarom dan dit nodig vind om ‘n pommy wat dit eenkeer gedoen het in te vlieg? Ja ek weet Citch Christie is reeds oorlede en Louis Luyt is nou  juis ‘n toonbeeld van nedeiheid nie, maar jere Francois Pienaar is darem nog hier rond? At best is dit een moerse snotklap in die gesig van SARU.

Heel voorspelbaar word die “Afrikaners” ook in die gesprek ingesleep. Daar word daarop gewys dat kaartjies vir die 2009 Britse Leeus toer deur SA reeds uitverkoop is, en hoe duur die kaartjies is ens ens , maar Afrikaners ondersteun nie sokker nie. Moerse, die konfederasiebeke kaartjies is eers van vandag beskikbaar maar die deelnemer aan die paneel moan reeds oor die kaartjieverkope (so asof hy iets weet wat ons nie weet nie) en blame dit sommer byvoorbaat op Afrikaners se negatiewe houding. Afrikaners word daarop gewys dat hulle moet deel word van die 2010 hype en deelneem en ondersteun. Nou maar fine, ek betaal belasting ek betaal rates en taxes, so ek betaal lank reeds vir 2010 en ek gaan vermoedelik lank na die reëlingskommitee iewers op ‘n idiliese eiland afgetree het steeds aanhou betaal en my bydrae maak vir 2010.

Dis nou hier waar ek ietwat deurmekaar raak. Van wanneer af  word ek as landsburger geoordeel volgens die tipe sport wat ek ondersteun? Watse kak is dit? Ek betaal belasting, ek het ‘n skoon kriminele rekord maar ek kyk nie sokker nie? Nou is ek skynbaar negatief en onpatrioties? Sokker is nie my game nie, nes pluimbal en jukskei en hurling nie my game is nie. Rugby is, krieket is, F1 is, Red Bull Air Races is. Ek is bly dat ons 2010 host en piele vir almal wat gaan skatryk word daaruit en ek hoop dat Suid-Afrika en al sy mense volhoubare voordeel daaruit sal trek. Ek sal ‘n paar games op TV kyk soos ek elke 4 jaar met die sokker wêreldbeker doen maar wat moet ek nog doen? Kaartjies koop en weggee vir mense wat dit nie kan bekostig nie maar die games wil gaan kyk?

Ek vermoed wat hier aan die gebeur is, en dit verduidelik Butana Komphela en Cedric Frolick se histerie. Rugby is moer vinnig besig om in gewildheid toe neem onder swart Suid-Afrikaners. Die gewone man op straat wat in Oktober laasjaar in Worcester se hoofstraat in sy home made bok t-shirt hand om die nek gedans met die botterbul affieplaasaf geklee in sy R700 replika boktrui.. one country, one team… Swart Suid Afrikaners is nie fokken stupid nie. Swart Suid-Afrikaners ondersteun ook wenners. Ek dink dit maak die ANC benoud. Dis die dat Komphela en Frolick so uit die binnekringe uitpraat. (Ons gaan tog nie glo dat Frolick en Komphela twee renegade ANC MP’s is wat hul eie agenda dryf nie. sonder die metewete of ondersteuning van die ANC?)

My vraag is net, wanneer gaan ons net fokken normaal wees in Suid-Afrika ? Ons het 60 jaar lank gebukkend gegaan onder die vorige regerings se social enginering oefening, moet ons nou die toekoms ook ingaan met ‘n nuwe game, nuwe reëls? Rassisme is veragtelik, diskriminasie is veragtelik, Apartheid mag nooit ooit weer gebeur nie, maar fokweet, die sirkus waarin ons nou lewe laat die rassiste goed lyk.

 

14 Januarie, 2009

Struisbaai se hawe ook in die visier van ontwikkelaars…

Terug by die huis na die jaarlikse heerlike kuier op L’Agulhas. Natuurlik begin die donnerse vis eers vanoggend byt toe dit tyd is om te ry. Het darem die odd kabeljoutjie saamgebring en alle hoop is nou op skoonpa wat nog tot komende Sondag bly. Toe ons vanoggend daar weg is het hy al 3 mooies op die kant gehad. Ja, SUID van die Suidste punt waar jy 5 mag vang. (As jy ‘n meter links van die suidste punt gooi mag jy net een kabeljou vang….the logic, maar ek neem aan die lyn moet iewers getrek word.)

My buurman vertel my nettou dat die kabeljoue glo die heel vakansie in Gansbaai en Holbaai gekuier het. Hulle het blykbaar mal gegaan onder die goed. Maar nou ja. So is dit maar. Ek verkies Struisbaai en L Agulhas, dis soveel rustiger daar en jy hoef nie daai ewige Hermanus traffic te trotseer om in L’Agulhas uit te kom nie. (Ja ek weet mens kan Caledon / Stanford omry Gansbaai toe, maar as jy so ver wil ompad ry tot by die Van Brakel Stoor se  afdraai is jy anyway omtrent in L’Agulhas)

Maar so van rustig gepraat. Een van die local Tannies keer my die week op straat voor en vertel my dat die visfabriek op Struisbaai aan ontwikkelaars verkoop is. Dis nou daai fabriek reg langs die slipway. Na verneem word beplan die ontwikkelaars om die fabriek af te breek en een moerse groot woonstelblok en shopping mall daar te bou. Wat van die hawe gaan word bly ‘n ope vraag, maar dit klink nie baie goed nie. Die visfabriek se grond sluit die grootste deel van die area by die jetty in en die toegangsroete na die hawemuur. Die van julle wat die plek ken sal weet waarvan ek praat. So ‘n ontwikkeling sal die einde beteken van Struisbaai soos ons hom ken en ook die einde van die vissersgemeenskap op die dorp.

Ek is nie teen vooruitgang nie en wanneer ontwikkelings oordeelkundig en met die nodige respek vir die omgewing en impakstudies gedoen word kan dit tot voordeel van almal strek. In hierdie geval dink ek nie dit is tot voordeel van die breë gemeenskap in die area dat een ontwikkelaar die hele visindustrie tot niet maak sodat hy ‘n multiverdieping high rise daar kan oprig nie.

Hier is die inhoud van die brief waar beswaar aangeteken word teen die beplande ontwikkeling.

Lees dit deur en mail asseblief jul besware aan John Foord by  john.foord@shands.co.za

Hierdie memorandum word aan u gerig as ‘n geintereseerde en/of geaffekteerde persoon in die voorgestelde ontwikkeling van Langezandt Quays (Erf 848, Struisbaai).

Hierdie erf is aan ‘n eiendoms ontwikkelaar (Golden Falls Trading) verkoop en oorgedra teen ‘n koopsom van R 8 000 000.00. Golden Falls Trading het ‘n verdere en alternatiewe ontwerp voorgele vir die voorgestelde ontwikkeling van Erf 848, Struisbaai. Die voorstel word verwerp deur ‘n groot getal belanghebbendes wie van mening is dat die beoogde ontwikkeling, en enige van die voorgestelde ontwerpe ‘n nadelige uitwerking sal he op hierdie pragtige en interresante hawe, sowel as die verdienings vermoe van die vissermense van Struisbaai.

Die doel van hierdie memorandum is om uit te reik na alle belanghebbendes wie gekant is teen die ontwikkeling sodat ‘n gekoordineerde antwoord voorgele kan work aan Mnre Ninham Shand, wie namens die ontwikkelaar optree. In ons hoedanigheid as belangstellende en geaffekteerde partye het ons deskundiges in die gebied van Omgewings Wetgewing van Cliffe Dekker & Hofmeyer prokureurs in Kaapstad en Johannesburg geraadpleeg.

Golden Fall het ‘n altenatiewe voorstel voorgele op 18 Desember 2008 gedurende ‘n ope huis forum in die Struisbaai Biblioteek, maar alle vorige publieke besware is nog steed geldig. Die publiek het tot 26 Januarie 2009 om enige verdure kommentaar te lewer en dit is uiters belangrik dat elke moontlike belanghebbende hul kommentaar tydelik indien. Kommentaar kan op die volgende wyses ingedien word:

Faks : (021) 424 5588

E-pos : john.ford@shands.co.za

Pos : Ninham Shand

P O Box 1347

Cape Town

8000

Attn: John Ford

Vir u gemak, het ons ‘n vorm aangeheg wat u maklik kan invul kan en indien. Die mees belangrikste besware is gelys op die vorm. Enige besware waarmee u nie saamstem nie kan van die form geskrap word.

Hierdie brief kan aangestuur word aan enige persone wat, volgens u mening, belang mag he om beswaar te maak teen hierdie ontwikkeling en sodoende ‘n formele beswaar kan indien. Enige persoon wat geintereseerd is of enigsins geaffekteer kan word deur hierdie ontwikkeling kan formele beswaar maak, die persoon hoef nie noodwendig `n huiseienaar te wees nie.

As u enige verdere vrae het, voorstelle of will betrokke raak om die ontwikkeling te stop, maak asseblief kontak met enige van die volgende persone:

John van Niekerk jfvn@iafrica.com (021) 794 6308

David McKinstry davidmck@iafrica.com (021) 794 1057

Abrie Bruwer info@springfieldestate.com (023) 628 3661

Berina Knobel berina@isat.co.za (028 435 6103

Stuart du Plessis stu2dive@gmail.com (072) 335 1976

Ons dank u vir u belangstelling in hierdie belangrike saak.

Beswaar teen voorgestelde hawe ontwikkeling (ERF 848)

Ek maak beswaar teen die voorgestelde ontwikkeling van die Struisbaai hawe omdat:

□ Die ontwikkeling sal die prag en eenvoud van een van die laaste onbederfde vissers hawens in die Weskaap vernietig.


□ Die ontwikkeling sal ‘n negatiewe invloed he op die toerisme van die area as gevold van die degradering van die astetiese aspek van die hawe.

□ Die voorgestelde ontwikkeling sal teenstrydig wees met die huidige hoogte beperkings van geboue in Struisbaai / L’Agulhas.

□ Die voorgestelde ontwikkeling sal ‘n negatiewe invloed he op die kommersiele vissers aktiwiteite in die hawe.

□ Verkeer en toeganklikheid in die hawe, wat alreeds problematies is, sal vererger.

Kom mense, laat ons ‘n kakstorm in die kleine begin na Mnr Ford se inbox.

Hiers intussen’n kiekie of twee wat ek en vroulief  geneem het tydens die afgelope wegbreek na my gunsteling plek op aarde.

9 April, 2009

Checkers Stellenbosch – Steeds my nemesis…

Ek lees vanoggend in Die Burger kommentaar van ‘n leser wat die stelling maak dat Checkers en Pick & Pay hulself hoogs heilig hou in die media deur hul kommer uit te spreek met die  stygende voedselpryse. Die leser gaan voort en beweer dat Checkers en P&P nooit hul eie winsgrense inboet nie maar wel van die verskaffers verwag om dit te doen en dat van hul verskaffers as gevolg hiervan hul deure moes toemaak.

(Ek weet toevallig self van ‘n geval waar   ‘n  plattelandse melkery op sy knieë gedwing is deur ‘n supermark (wat ons liefs nie sal noem nie) se onder andere onredelike eise rondom kredietnotas vir bederfde produkte ( soos vir klein melkskommels wat in die winkel met ‘n strooitjie uitgedrink was, waarvoor die verskaffer moes betaal ens ens ens…) en rekeninge wat oor 120 dae eerder as die kontraktuele 60 dae (lw nie 30 dae nie) betaal is, dit ten spyte van bitter lae aankooppryse wat beding is. Maar nou ja, party noem dit good bussiness practice en ek is seker die aandeelhouers glimlag breed.)

My awersie in Checkers se winkel op Stellenbosch is wel bekend. Ons koop reeds langer as 18 maande nie meer by die winkel nie. Onlangs adverteer Checkers egter “steakhouse style beef patties” teen ‘n loodsaanbod van R49/99 per kg.  Absolute DOOS wat ek is glo ek hulle dat die produk beter is as die gemaalde “lips & assholes , stabilizers and cereal” wat hulle gewoonlik as burger patties verkwansel. Die een ding egter wat mens soms by Checkers kan koop is die Steakhouse melt steaks. Soms is dit van goeie kwaliteit. Met dit ingedagte was dit seker nie onredelik van my om te aanvaar dat die burger patties ook in daai kategorie van kwaliteit sal val nie?  I mean sekerlik is Checkers bewus daarvan dat die kak wat hulle gewoonlik as hamburger  patties verkwansel nie naastenby verband hou met die gemiddelde pattie wat restaurante gebruik nie? Ek hou daarvan om soms patties te braai maar is meestal te lui om my eie te maak en boonop is ordentlike maalvleis onverkrygbaar is in die land.  Waarom sou jy ‘n stuk rump gaan maal vir patties as jy die hele ding kan braai? In elkgeval ek loop koop toe die “speasiale steakhouse style patties” by Checkers Teen R49-99 p/kg. Wat ‘n shocker! Behalwe dat hulle groter is as die gewone R32-99 pattie smaak hulle presies net so kak soos daai kleineres wat hulle verkoop. Dis duidelik presies dieselfde produk, net anders verpak en R17 p/kg duurder gemaak. Soos die geval by  Lewis Hamilton en McLaren is blatante leuens,wanvoorstellings en halwe waarhede skynbaar ook  ‘n Checkers gewoonte.

Terwyl ek so deur die winkel wandel,neem ek ‘n paar fotos van die rakke. Neem kennis dit was so skuins na 11h00 die oggend, toe is die winkel reeds 3 ure lank oop vir besigheid.

Is ek onredelik as ek sulke vieslike rakke kotsenswekkend vind? Is dit maar hoe dinge werk in die supermarkbedryf? Dat rakke so moet lyk? Ek weet nie, ander winkels lyk nie so nie en Checkers Stellenbosch was vir ‘n wyle ‘n netjiese skoon winkel gewees. Wat gaan dan nou aan? Word daar nie deurlopend gekyk dat rakke vol is en netjies en skoon gehou word nie? Veral bederfbare produkte?  Ek meen hoender is notorious vir allerande bateriële gremlins. Die wat al ooit siek geword het van slegte hoender sal presies weet waarvan ek praat.

Wat mens egter die meeste de moerin maak..En dan vra hulle jou die absurdste pryse vir die varkkos! ‘n Familielid van my het een dag die dame by Checkers gevra of hulle varke saam met die blaarslaai verkoop want net varke sal sulkle goed eet. Haar antwoord? “Nee mevrou moet môre kom, dans die blaarslaai halfprys en in plastic wrap toegedraai…” Maar heelaas, business is business, solank Checkers die resultate toon wat hy jaarliks toon is daar mos nie ‘n probleem nie? Almal is happy met hul moerse bonusse, die dividende lyk goed, nooo problem….(Ek praat onder korreksie maar Checkers het aan die einde van die vorige finansiële jaar slap bang in die middel van ‘n global meltdown en hoë rentekoerse in SA steeds ‘n wins van 47% getoon…) Genoeg kick backs no doubt.. Terloops, opd ie onderwerp van kick backs..dis dalk tyd vir die owerhede om diper na hierdie supermarkte te begin kyk. Ek dink hule is almal ‘n immorele spul rampokkers wat die armstes van die armes uitbuit…nes die Nazi’s gedoen het. Ek meen watter tipes siek immorela doos steel by die kwesbaarstes van die bevolking? Eskom doen..SASOL doen..supermarkte ook…

Vir die vierde maal in 5 jaar seg ek dus weer, nooit ooit weer sit ek my voete in enige Checkers nie….

5 Mei, 2009

….wanhoop…

 

rammstein het die laaste 7 sekondes hiervan op hul album “reise reise” gesit

7 sekondes voor die verkwisting van 520 siele.

fokweet waarom die goed  my so aangryp …24 jaar gelede se dinge

6 Junie, 2009

Winterkos – Heel Lamskenkel potjie met Old Brown Sherry

Jhb 1987 - Die dag toe ek en Lise ontmoed het..later die in die aand.

Jhb 1987 - Die dag toe ek en Lise ontmoed het..later die in die aand.

 

Ek leen weer een by Lise Beyers se “KAMP-KOS” resepte. Die resep is laasjaar al geblog maar met my  LitNet blogs wat so knaend verdwyn het is meeste van my resepte ook daarmee heen.. :-)  Ek en Lise (toe nog ‘n nooi Joubert) was bure in Johannesburg hier in die middel 80’s toe ek sigarette vir Rembrandt gesmous het en sy fotograaf by Beeld was. Ons het mekaar letterlik raakgeskree op een eensame Saterdagmiddag. Ek het ‘n Lionsbeker wedstryd tussen die WP en Transvaal sit en kyk. Lise hoor my “PROOOOOOOOOVINCE!!!” skree en kom loer toe wie die Kapenaar is. Dit was ek. Met my WP serpie stoksielalleen voor die TV. Rooiwyn in die hand. Dit was 1987. Die WP was toe al fluks besig om in die hopelose  kak span te verander wat ons vandag ken. Vir twee jaar lank was ons great vrinne en het heerlik gekuier en gekook en terug verlang Kaap toe. Lise het my die eerste keer aan “Coq au Vin” voorgestel maar dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag. Na my vertrek uit Johannesburg het ons ongelukkig kontak verloor tot ek bykans 20 jaar later haar “Kamp-Kos” bydraes in Die Burger gesien het. So die krediet vir die resep gaan uiteraard aan Lise Beyers.

Dis ‘n resep vir winter. ‘n Lieflike lamskenkelbredie gemaak met Old Brown Sherry.

Om 4 tot 6 mense kos te gee benodig jy die volgende

‘n Ordentlike swaarboom pot. Jy kan die bredie oor die vuur of op die stoof maak.

4 gesonde heel lamskenkels

Olie vir braai (ek gebruik olyf)

*Uie

*wortels

* bos seldery

* (hoeveelhede wissel, jy wil gelyke hoeveelhede gekapte ui, gerasperde wortel en seldery hê)

1 goeie blik gekapte tamaties

1 Bottel Old Brown Sherry ( of enige sherry)

sout en peper na smaak

handvol klein uitjies , so 6 na 8 sou ek raai

handvol klein aartappeltjies ook so tussen 6 en 8 (Jy kan soos met enige bredie geskilde aartappels in blokkies gesny gebruik)

klein worteltjies (daai wat Woolies so klaar in bolle maak werk goed en lyk ook mooi, andersins is gewone wortel in ringetjies gesny ringetjies)

1 punnet klein mushrooms (250 tot 500 gram) Borsel net al die sand en grond af. Niemand hou van sand in sy kos nie

 Jy maak so

*Kap gelyke hoeveelhede wortel, seldery en ui. Gewoonlik bepaal die size van jou selderybos die hoeveelheid wortel en ui.. Ek rasper die wortel gewoonlik want dit kan maar wegkook.

Doop elke skenkel afsonderlik in meel en braai in ‘n redelike warm pot tot goudbruin. Pasop vir aanbrand.

As al die skenkels mooi goubruin buite is, voeg die gekapte uie,seldery en wortel by die vleis in die pot. Roer so twee of drie minute dat hulle darem net bietjie braai en indamp. Pasop dat die vleis ens nie aanbrand nie.

Na so 2 of 3 minute van die wortel, uie en seldery saam met die vleis gooi jy die blik gekapte tamaties in. Roer mooi deur so  vir ‘n minuut of wat.

Nou is dit tyd vir die belangrikste bestandeel. Gooi die hele bottel OBS by. Hiervandaan laat jy die pot stadig prut vir minstens 2 uur.

So halfpad na die einde van die kookproses gooi ek proporsioneel ‘n hand of twee klein aartappeltjies ( jy kan natuurlik soos met enige bredie geskilde aartappels in blokkies ook bygooi, maar synde die een ‘n pot is oor die vuur is die new potatoes ‘n wenner, vir die rustic efek) Saam met dit gooi ek die fancy worteltjies en die klein uitjies in. As ek op my eie kuier is dit nie nodig om fancy wortel te gebruik nie, jy gooi sommer heel wortel ringetjies in.

Verder gooi jy niks by nie behalwe sout en peper na smaak. Check daarvoor na die einde se kant toe. As jy dink dit kort nog vog gooi wyn of water by.

So tien minute voor opskeptyd gooi jy die punnet mushrooms by.

Die pot kan ook met opgesnyde skenkel gemaak word. Die skenkel kan maar van die been af kook in die resep ( myne doen altyd want ons gaan altyd so lekker gesellig aant gesels dat die twee uur kooktyd gewoonlik aansienlik langer is) Belangrikste is dat die outjie langsaam moet stap. Wees net versigtig vir brand aan die begin van die proses. Die OBS sorg vir die heerlikste sous. Net die regte ding om die winterkou mee te verdryf.

 

 

 

My gunsteling Basmati

My gunsteling Basmati

 

 

 

Bedien met ‘n slaai van jou keuse en op kapokaartappels of basmati rys. ( ek eet net basmati want die Paddy Basmati wat Pick & Pay en Spar verkoop is die maklikste ding onder die son om gaar te maak)

 

 

 

Net ten slotte. Soos enige resep maar is is ook die een bloot ‘n riglyn. Voel vry om te eksperimenteer. Doen my net ‘n guns, laat weet my van jul eksperimente asseblief. Geniet dit, die een is beslis ‘n wenner.

22 Junie, 2009

Kos: Chimichurri-sous – ‘n alternatiewe braai-gedagte

ʼn Ordentlike braai het na my mening basies net een reël en dis ironies van toepassing op die gaste. Jy raak nie aan jou gasheer se vuur nie! Behalwe natuurlik wanneer hy vra. “Raak nie aan jou gasheer se vuur nie” sluit onder meer die volgende in. Jy gooi nie nog hout op nie, jy gooi nie die plastieksak waarin die hout gekom het op sy vuur nie, jy tip nie jou sigaretas in sy vuur nie en jy gooi nie stompies, sellofaan van sigaretpakkies, tissues, papierservette en dies meer in die vuur nie. Soveel meer terwyl die vleis besig is om te braai. Jy raak nie aan sy rooster nie en jy raak nie aan sy vleis nie.

Kortom, hou jou hande van my vuur af!

Soos die geval met baie Suid-Afrikaanse seuns het my Pa my leer braai. Skaap en lam, hoender, vis, wors en braaibrood. Ek braai vandag nog soos hy my geleer het en al moet ek dit self sê ek het nog nie klagtes oor my braaivernuf gehad nie. My skoonpa Pa Gawie het my leer steak braai. Ek het selde steak gebraai omdat ek altyd gevoel het steakhouses maak dit beter en ek kon nooit die steak in die “zone” kry nie. Altyd te rou of te droog.(vir my bestaan daar natuurlik nie iets soos “te rou” steak nie, maar gaste is soms ‘n pyn in die gat, veral diegene wat hul steak “medium rare maar meer medium as rare” wil hê.) Mense, daar bestaan nie so iets nie! In elkgeval, nooit steak gebraai nie tot Pa Gawie my die truuk gewys het. Smeer die steak lekker ruim olyfolie. Wag tot jou vuur nog so ‘n paar vlammetjies oor het. Gooi dan die steak op die rooster dat die olie vlamvat. Laat vleis nou lekker in die vlamme lê, smeer weer deur die olyfolie en draai om dat die anderkant ook lekker in die vlamme lê. Moenie skrik vir die vlamme nie, vleisie sal niks oorkom nie. Pasop net dat die vet nie brand nie en moenie swak onsuiwer olie gebruik wat rook as hy brand nie. Dit sal ‘n swart roet neerslag en smaak aan die vleis gee.  Nadat die steak geseël is braai jy hom klaar volgens spesifikasie. Indien verkies met ‘n basting sous. Ek gooi net sout en peper en bedien liefs ‘n sousie apart.  

Omdat ek ‘n toeklap rooster verkies bo die kroniese een een staan en vleis omdraaiery braai ek glad nie verskillende tipes vleis deurmekaar nie. Jy kan byvoorbeeld nie steak, lam en hoender op dieselfde vuur braai nie. Elke tipe vleis verg sy eie tipe vuur. Steak byvoorbeeld soek ‘n baie warm vuur waarvan die laaste vlamme nog brand om die steak te kan seël. Hoender benodig weer ‘n aanvanklike warm vuur maar een wat maak kan afkoel na gelang die braaiery aangaan. (en jere weet jy pre cook nie hoender voor jy dit braai nie! Sies man!) Lam / skaap en wors,wat terloops my gunsteling is, braai jy op  ‘n warm vuur wat sy hitte behou. Hierdie metode verg weliswaar baie omdraaiwerk maar dis is hoe jy daardie lieflike duimdik lam-lointjoppies kry dat die vleisgedeelte steeds vet en sappig is en die vetjie so ‘n dun crispy strokie gebraai is maar nooit swart gebrand nie. Warm vuur en heeltyd draai. Ek beheer my tipe vuur met die hoeveelheid en tipe hout wat ek  gebruik en natuurlik hoe lank ek hom laat uitbrand voor die braaiery begin.

My braaiplek is nie fëncy nie en het ‘n standaard hoogte. Nie dat hierdie konstante minder van ‘n logistieke poging kos om uit werk hoeveel hout gaan saam met watter vleis en belangrik natuurlik, om te verseker daar is voldoende hout beskikbaar vir ‘n ordentlike kuiervuur. Ek braai net met rooikrans of kameeldoring. As die vleis reg is gaan dit reguit tafel en borde toe. Niks van eenkant staan en taai stoom terwyl tafels gedek word, slaai gemaak word en nog doppe gegooi word nie. Ek en liefievrou sorg maar dat alle bykosse gereed en tafels gedek is voor die vuur aangesteek word. So kuier almal mos lekker saam.

My Pa was nie lief vir die bring-en-braai-ding nie en het dit soos die plaag vermy. Sy redes was eenvoudig. Hy het geglo mens braai nie afskeepvleis nie. As jy wil braai, dan gebruik jy die beste snitte. As jy genooi word na ʼn bring-en-braai is die kanse nul dat jy jou keurig uitgesoekte loin tjoppies ooit weer sal sien nadat dit in die communal bak verdwyn het. Jy kry mos mense wat lieslappe na ʼn braai toe bring, maar dan skaamteloos eerste die beste snitte gryp wanneer dit opskeptyd is. Ons het nooit bring-en-braai’s gehou nie. Ou Jan het self vir die vleis betaal en seker gemaak hy braai waarvan hy hou.

Tye het egter verander. Kleinhandelaars buit verbruikers uit en vleis is onbekostigbaar. Ek kan nie meer bekostig om onbepaald mense te nooi vir ʼn braai en dan self die vleis te koop nie. Kan dit skaars bekostig om self te braai. So verwag ek ook nie dat ander my uitnooi en vir die vleis betaal nie. Bring-en-braai sal dit dan maar wees, potensiële probleme ten spyt.

Die Argentyne het myns insiens lank reeds ʼn geskikte oplossing. Tradisioneel braai Argentyne gewoonlik ʼn groot verskeidenheid vleissoorte gelyk. En enige snit denkbaar. Amper soos in ons townships. Vleis word net so gebraai, sonder sout of peper. Saam met die vleis bedien hulle dan ʼn spicy doopsous genaamd “Chimichurri-sous”. Daar bestaan honderde variasies van dié sousie. Ek het deur trial and error een bymekaar gekry wat ek dink die lekkerste is.

Ek deel dit graag.

Neil se Chimichurri-sous

1 bossie vars pietersielie, fyngekap (enige soort)

4 of 5 lourierblare, gekneus en grof gekap (droog werk ook)

1 fyngekapte vars chilli met pitte (groen of rooi). Jy kan meer insit

8 knoffelhuisies fyngekap

3/4 koppie olyfolie (ek hou nie van te veel olie nie, verkies meer asyn)

1/2 koppie goeie wynasyn of bruin druiweasyn

1½ teelepel goeie balsamiese asyn

3 – 5 teelepels suurlemoensap (ʼn vars lemmetjie se sap is skaars maar beter)

1 tl varsgemaalde swartpeper

1 tl growwe seesout na smaak

1 tl cayenne peper

3 tl paprika of smoked paprika

1 tl droë origanum

Meng alles en gooi in ‘n glasfles; skud verwoed sodat dit lekker kan meng. Sit in yskas ten minste 24 uur voor gebruik. Hoe langer, hoe beter, maar nie meer as drie dae nie.

Braai nou jou vleis sonder marinade. Gooi net sout en peper wanneer dit van die vuur afkom. Sit vleis saam met die Chimichurri-sous voor. Gooi die sous in aparte bakkies en gebruik dit soos ‘n doopsous of sprinkelsous vir die vleis. Ons eet gewoonlik ʼn ordentlike groen slaai, ʼn nice tamatiesambal, Tzatziki en geroosterde pitabroodjies en tortilla wraps saam met die vleis en sous. Heerlik!

12 Julie, 2009

Winterkos: Beesvleisbredie met paprika, kaneel, lourierblare en origanum..

Sonia Cabano op die voorblad van haar boek "Kombuis"

Sonia Cabano op die voorblad van haar boek "Kombuis"

Vir hierdie resep bedank ek die nimlike Sonia De Waal Cabano. Dis een van die resepte wat eersdaags in haar opvolg kookboek tot “Kombuis” gaan  verskyn en ek is bevoorreg dat sy dit met my gedeel het en toestemming verleen het dat ek dit blog. Dankie Santjie!

Met my liewe vrou aan my sy het ons van die sopnat koue Saterdag gebruik gemaak om hierdie fantastiese resep onder toesig van ons vriend Yonder Hill  Merlot aanmekaar te slaan. Soos alle goeie dinge in die lewe, rustig en op ons tyd.

Ek is mos maar ‘n amateur kok en foute is maar deel van my daaglikse kulinêre pogings. Daarom deel ek graag ‘n paar “uit ondervinding” tips met my mede amateurs. Vir die vleis in die bredie stel ek voor jy gaan na jou slagter en vra vir hom om vir 1.5 kg dikrib te saag. Vergeet van ons rip off supermarkte, ondersteun jou plaaslike slagter. Vra hom vir die mooiste dikrib wat hy het, met min vet en genoeg vleis aan. Ek het die mooiste vleis by Bert Desseyn hulle se Birdstraat Slagtery op Stellenbosch gekry. Laat jou slagter vir jou die stroke dikrib opsaag in kleiner stukke van so 4 cm elk. Voor jy die vleis begin gaarmaak maak seker jy krap al die saagsels af van die stukke. Dis mos maar ‘n ding met bene saag. Ek gril daarvoor, so ek krap dit altyd skoon. Moet in godsnaam net nie die vleis was onder die kraan nie!

Soos Sonia ook noem, tydsaam, stadig, lae hitte…dis die geheim van hierdie ongelooflike bredie. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. As jy hom gaan jaag gaan jy kak aanjaag. Neem jou tyd en hou die hitte laag.  As jy nie “mace” in die hande kan kry nie, laat dit uit. “Nutmeg” is nie ‘n geskikte plaasvervanging nie. Probeer egter die moeite doen om “mace” in die hande te kry.  Wees ook versigtig met die sout en peper. Jy kan later meer bygooi. Ek noem dit want vir ‘n novice soos ek is die term “sout en peper na smaak” ‘n onmoontlike om reg te kry. Dus het ek geleer om liefs konserwatief daarmee te werk. As jy nie hou van ‘n effe byt in jou kos nie kan jy die cayene (rooi) peper uitlaat. Ek verkies dit egter.

Ter wille van kwaliteit plaas ek die resep net soos ek dit van Sonia ontvang het. 

Beef stew with paprika, cinnamon, bay and oregano

 

A mere hint of cocoa lends this simple beef stew a gloriously rich colour and irresistible aroma. Long, slow braising at low heat melts the connective tissue and bone gelatine in the stewing beef – traditionally the cheaper and often overlooked, ‘tougher’ cuts – to a sensuous succulence I sometimes prefer to grills. A bit of stirring and frying is all that’s really required before popping it into the oven – what could be easier?

Serve with heaps of buttery mash and peas on a blustery day to perk up your spirits.

Jy het nodig:

Serves 4-6

4 T (60ml) oil

2 medium onions, peeled and minced

2 t (10ml) crushed garlic

4 medium carrots, peeled and chopped

1.5 kg cubed stewing beef, with some bone

2 t (10ml) ground cumin

1 T (15ml) plain paprika

1 T (15ml) smoked paprika

2 t (10ml) ground mace

1 t (5ml) ground cinnamon

4 bay leaves

1 t (5ml) cayenne (optional)

3 T (45ml) chopped fresh parsley

2 t (10ml) chopped fresh oregano leaves (remove stems)

3 cups (750 ml) hearty beef stock (made with 1 ½ cubes)

2 T (30ml) tomato concentrate (tomato paste, dis dieselle ding)

1 t (5ml) cocoa powder

Salt and pepper

Jy maak so:

1. Heat the oil in a large heavy bottomed oven-proof casserole with tight-fitting lid and gently fry the onion, garlic and carrots for about 20 minutes until just beginning to brown and soften. Add the beef and cook while stirring until the beef begins to brown.

2. Add the remaining ingredients and stir very well. Put the lid on and place either in the middle of an oven pre-heated to 170 degrees Celsius, or turn the heat very low and simmer on the stove-top for 2- 2 ½ hours. The meat should be meltingly tender and succulent. Do not let boil ever, which will toughen the meat and make it flavourless – mere bubbles should plop to the surface every now and then.

3. If the sauce is too liquid at the end of cooking, scoop out the solid ingredients with a slotted spoon and rapidly reduce the sauce over high heat to the desired richness before returning meat and vegetables to the pot.

4. Serve with a garnish of chopped fresh parsley, over plenty of buttered mash potatoes.

Hierdie is die ultimate kuier bredie op koue nat wintersaande. Dit verg ‘n klein bietjie prepwerk maar die oond doen die meeste werk. Ek was aanvanklik ewe skepties as opgewonde oor die 5 ml cocoa poeier, maar glo my, dit is die magic bestandeel.

Hierdie bredie op kapokaartappels is die ultimate dekadensie. Geniet dit met goeie geselskap en ‘n drinkdingetjie.

19 Julie, 2009

Musiek: Jan Taljaard gesels oor AC/DC en Suid-Afrikaanse musiek.

Diegene wat dit nog nie gelees het nie, gaan lees bietjie hierdie skitterende artikel van Jan Taljaard na aanleiding van sy onlangse ervaring by ‘n AC/DC konsert in Londen.
 
Dis veral hierdie aanhaling waarmee ek vereenselwig.
 
‘Die res van die naweek is ons in Cheltenham, maar ook daar agtervolg die musiek jou: Brian Jones, die legendariese Rolling Stone wat op 27 dood is, is daar gebore. So ook Gustav Holst, komponis van The Planets.

Hoekom voel ek so te na gekom as ek moet luister na liedjies oor Hillbrow, Kayamandi, Victoriabaai, Sunnyside, drie pikkewyne op Hartenbos se strand of die Klein Karoo, waarsonder geen Suid-Afrikaanse kunstenaar se oeuvre klaarblyklik kan klaarkom nie?
 
Dit is skielik of ek geen behae meer daarin het nie.
 
As daar ooit ’n goeie rede was om te emigreer …”

 

AC/DC – For Those About to Rock op die Toesjino-vliegveld buite Moskou in 1991

Taljaard se artikel laat ‘n mens maar net weereens besef hoe geisoleerd ons is hier aan die suidpunt van Afrika. Die ou Natte het die situasie uitgebuit deur so lank aan ons voor te gee bokdrolle is rosyne. Vandag is die ANC maar net ‘n voortsetting van eertydse  Afrikaner Nationalistiese politiek en gepaardgaande vergrype nepotisme en korrupsie. Net met polities korrekte swart gesiggies natuurlik.   
 
Die wêreld se greatste bands vlieg steeds bo oor ons na Australië en Nieu Seeland, en dit terwyl plaaslike platemaatskappye aan die een kant ‘n klomp plastiek stront aan almal verkoop en aan die anderkant  ’n selfaangestelde elitest groepie “oorspronklike Afrikaanse kunstenaars” meestal onder mekaar baklei oor wie nou eintlik die “original en real deal” skepper is van ironies wynig meer as bloot tikkel tokkel deuntjies. Daar is natuurlik uitsonderings soos Piet Botha en Jack Hammer  maar ek het nie nou uitsonderings ingedagte nie. Net frustrasie. Want laat ons nou nie doekies omdraai nie…al gooi jy ‘n drum kit of ‘n Fender by bly tikkel tokkel bloot net dit.
 
Kan ons dan nie ‘n slag bands soos AC/DC,  Pearl Jam, Red Hot Chili Peppers, Ben Harper en TOOL live te siene kry in Suid-Afrika nie? Ek sal my niere verkoop vir golden circle kaartjies….

9 Augustus, 2009

Winterkos: OSSO BUCCO

Van die bestandele waarmee ek my Osso Bucco begin

Van die bestandele waarmee ek my Osso Bucco begin

Nie dat ek trots is daarop nie maar ek gebruik die word “fok” soms nogal ruim. Veral as ek kook en soveel te meer met ‘n swartpot in die oond, want godweet die donner brand mens se hande en veral vingers. En dis seer, Fokkenseer. Vannaand se Osso Bucco saam met die rugby was geen uitsondering nie. Die Bokke het die game gewen en almal is happy happy. Ons kon duskant rustyd nie teen 13 spelers finish nie en ‘n enkele drie druk nie en dit terwyl die Wallabies met gemak twee maal oor ons doellyn is. Ja, ek weet “great teams win ugly” maar ek dink dis ‘n ding wat uit Grey College kom. Ons moes die Ozzies sink voor rustyd. Waarom het ons nie? Gaan ons nou weer die Tri Nations op ons oorsese toer loop staan en verloor daaroor? Ek hoop nie so nie.

Die Bokke kan egter nie vir altyd op Morné Steyn se skopwerk steun nie. Ek soek die flair van Honniball. Soos daai drie wat Slaptjips teen die All Blacks gedruk het in 1997. Ek glo in my hart Peter de Villiers beweeg in daardie rigting, maar sy opsies en besluitneming is nie altyd so duidelik nie.…ok. Kos.

Hierdie een OSSO BUCCO is gebore uit ‘n ou  “Maak ‘n Las” resep. Ek het al vergeet van hom. Soos TV programme maar is moer hulle somtyds goed in resepte net om borge gelukkig te hou. Dit was ook die geval met hierdie resep en ook die rede waarom ek hier en daar ‘n paar goed verander het. Laat ons nou nie vir mekaar lieg nie, daai blikke met die ready mix tamatie, basil ens smaak eenvoudig kak. Ek haat daai preservative ondertoon wat in almal teenwoordig is. Sodra jy so iets in ‘n resep gooi om bv in ‘n oond of iets te bak neem die preservative en stabiliseerders en so aan die totale resep oor en veretter die smaak totaal.. So vir hierdie resep gaan sover moontlik vir vars produkte met die uitsondering van die blikke gekapte tamaties.em droë basil en origanum..

Jy het die volgende nodig, en lw ek is maar geduldig met die mates en hoeveelhede want dit hang maar af van jou pot grootte ens .

OSSO BUCCO

Soos alles goed begin ook hierdie Osso Bucco met:

Gelyke hoeveelhede gerasperde wortel, gekapte uie en gekapte seldery. Wees ruim want jy redelik nodig, sê so tweehande van elke.

6 of sewe stukke kalfskenkel met die murgbeen in, so 2,5 cm, dik gesaag.( Jy kan seker gewone bees skenkel (shin) ook gebruik maar dis baie groter as kalfskenkel en sal uiteraard langer nee mom gaar en sag te word).

2 blikke gekapte tamaties. Soek maar ‘n ingevoerde Italiaanse een want die plaaslike (en in baie gevalle duurder weergawe ) smaak sleg. Te waterig en suur.

3 koppies ordentlike rooiwyn

bakhand gekapte vars pietersiele (Die mos pietersielie is fine, maar ek verkies die platblaar Italiaanse een)

3 teelepes vars gekapte knoffel gekap.(NIE daai bitter klaar gekapte goed wat so in die olie dryf)

2 en ‘n halwe teelepel droë Sweet Basil ( As jy vars het so twee koppies vars gekap)

2 en ‘n halwe teelepel droë origanum (As jy vars het, so een koppie vars gekap)

Die skil van een suurlemoen (lemon rind) moenie te veel van die wit raakskil nie en gebruik die gladde skil suurlemoen

Die sap van daaiselle suurlemoen

Sout en vars gemaalde swartpeper

Meel

Olyfolie en botter vir braai (besluit self oor die hoeveelhede)

Parmasaankaas en nog gekapte pietersielie vir boo or strooi. (hier is die platblaar italiaanse pietersielie die aangewese opsie).

ossobucco2

Di Napoli tamaties is my gunsteling. Spar hou dit aan.

 

Jy maak so.

Voeg die geblikte tamatie, rooiwyn’n teelepel (pasop vi rte veel sout) sout en peper,  origanum , sweet basil en backhand pietersielie bymekaar in ‘n grootgenoeg  beker of bak. Meng goed en hou eenkant.

In ‘n swaarboomkastrol of pan blancheer jy die wortel, uie, seldery en een en ‘n half telepel knoffel in olyfolie en botter tot sag maar nooit verbruin of gebrand nie. Pasop veral vir die knoffel. Bitter knoffel deug nie hier nie.

Maak nou ‘n mengsel van meel, vars swartpeper en sout. Rol nou al die skenkel in die meel en bedek goed.

In ‘n ander oondbestande swaarboomkastrol gooi jy nog olyfolie en botter (nie te veel nie) en verbruin die meelbedekte skenkel hierin. Neem jou tyd en draai die stukke gereeld tot hulle almal mooi goudbruin gebraai en geseël is. Skep uit en hou eenkant.

Nou neem jy die die wortel,knoffel,uie en selderymengel en skep ‘n laag onder in die pot waarin jy pas die vleis  verbruin het. Jy maak dus ‘n bed vir die skenkel. Pak nou jou skenkel mooi bo-op die bed groente, en dis waarom ek aanvanklik gesê het jy moet seker maak daar is genoeg groente, nou skep jy die oorblywende groente weer bo –oor die skenkel..

Die pot net voor hy oond to gaan. Die een was bietjie vol maar het nietemin fantasties uitgekom.
Die pot net voor hy oond toe gaan. Die een was bietjie vol maar het nietemin fantasties uitgekom.

 Gooi nou jou sous bo-oor die hele spulletjie in die pot. Sprinkel die lemon rind ook by en druk so ‘n paar skeute suurlemoensap ook by.

Die pot gaan nou oond toe , ek verkies ‘n langer kooktyd teen ‘n lae hitte. Ek doen myne oor drie tot drie en ‘n halfuur teen 140 grade.

Hou maar dop dat die vog nie te min raak nie. Jy kan met water of nog wyn optop indien nodig.

Wanneer die storie gaar is bedien of op rys, kapokaartappel of saam met ‘n pasta van jou keuse. Besprinkel met vars gekapte platblaarpietersielie en parmasaankaas. Heerlik!

So lyk hy in die bord!
So lyk hy in die bord!

 

Geniet dit.

14 Augustus, 2009

Musiek: “Koning” Bob Dylan ook ‘n dissipel van Mammon..

Bob Dylan - Mammon se jongste dissipel?

Bob Dylan – Mammon se jongste dissipel?
Ek was nog nooit regtig deel van die Bob Dylan sekte nie. Toegegee die man het meer as ‘n paar catchy tunes wat nice is om te luister en so aan en mens kan obviously nie sy bydrae tot rockmusiek ignoreer nie.  Daardie “Saved” periode van hom egter het my redelik van die man afgesit. Maar heelaas, ‘n musiekkener is ek mos nou ook nie so my opinie moet maar beskou word as bloot die opinie van ‘n musiekliefhebber.
Vir my verskaf Tom Waits, Neil Young en selfs Leonard Cohen aansienlik meer plesier as Bob.  Ding is ek laaik Dylan net nie onvoorwaardelik nie.
En hier is nog ‘n rede waarom nie.

Snowin’ in the Wind? Dylan Christmas album due.

LONDON (Reuters) – Bob Dylan is set to release an album of Christmas songs, including “Here Comes Santa Claus” and the carol “O Little Town of Bethlehem,” according to music websites.

Rumors of the album first emerged on Isis magazine website, which is devoted to Dylan. It later reported the songs had been recorded in Jackson Browne’s studio in Santa Monica, California, in May.

David Hidalgo of Los Lobos, who played accordion on Dylan’s chart-topping latest album “Together Through Life,” is one of the musicians who took part in the sessions, it said.

“It is a personal project of Dylan himself rather than an idea put forward by his record company,” Isis said.

Billboard magazine said it had confirmed the album existed. Other songs included “Must Be Santa” and “I’ll be Home for Christmas,” it said.

Dylan was originally of the Jewish faith and was a Born Again Christian from 1979-1981, releasing three religious-themed albums.

“At first glance it may sound bizarre, but I don’t think Dylan cares much about what his detractors might make of it,” Scott Marshall, who has written a book ‘God and Bob Dylan: A Spiritual Life’ told bullypulpit.com.

“He’s both never renounced being Jewish or renounced his experience with Jesus some three decades ago,” Marshall said.

Dylan, now aged 68, is currently touring the United States as part of his so-called “Never Ending Tour.”

Britain’s Uncut magazine meanwhile poked fun at the project, serving up Yuletide puns on Dylan songs such as “A Hard Reindeer’s A-Gonna Fall,” “Sleigh Lady Sleigh” and “Girl From The North Pole Country.”

“Saved” all over again dag ek toe ek die artikel lees. Wys jou maar net selfs die heilige koning Bob Dylan suig ook skynbaar aan Mammon se tiet. Of is daar ‘n ander dieper betekenis of motivering vir die maak van ‘n Christmas album? ‘n Betekenis wat ek te dom is om te verstaan?
Vir my is daar geen verskil tussen die beplande album en byvoorbeeld  Freda Francis en Ronel Erasmus et al se jaarlikse uitbuiting van die kersseisoen hype nie
Ek wonder of Tom Waits, Neil Young of Leonard Cohen ooit so skaamteloos sou wees?

Ten slotte: Tom Waits,  my gunsteling en die ultimate singer song writer se bydrae tot kersmusiek.

 

Update: 27 Augustus 2009

Na ‘n doodse stilte van 15 dae na die Reuters berig oor die Dylan Holiday album  het Dylan fans verligtingting vir hul pyn ontvang met die bekendmaking op Dylan se website  dat Dylan blykbaar sy royalties vir die album aan honger mense gaan skenk. Nou mooi man.

So dan is hy seker nie ‘n dissipel van Mammon nie…..

23 Augustus, 2009

Kos: Mediterreense Lamsboud met roosmaryn en suurlemoen

Hierdie is by verre my gunsteling resep vir lamsboud. Johrné, Alet , Melt en Naomi sal daarvan getuig want dis omtrent al wat hulle by my kry om te eet. Ek voel al half skuldig maar lamsboud is volgens my die goedkoopste en lekkerste manier om baie mense kos te gee.  Omdat dit nutteloos sou wees om ‘n hele boud net vir my en vroulief gaar te maak wag gewoonlik vir gaste om die gereg te maak. Ek is verskriklik lief vir die Mediterreense manier van kook. Suurlemoen, olyfolie, roosmaryn, lourier, olywe ens. Dus moer ek suurlemoen oor en in alles. Ons suurlemoenboom kan nie voorbly nie.

Die resep is ‘n “hybrid” van Kleftiko lam. Alhoewel die gaarmaak en bestandele baie ooreenstem met die tradisionele Griekse Kleftiko voel ek nie dis reg om na hierdie resep as Kleftiko te verwys nie. Daarom noem ek dit liefs Mediterreense Lam

Mediterreense Lam

Jy het nodig

Natuurlike lamsboud van so tussen 1,7 en 2 kg

Goeie olyfolie

Botter (Margarine werk nie)

Vars gemaalde swartpeper

Sout

1 en ‘n halwe suurlemoen

eetlepel droë roosmaryn

meel om te sprinkel

Jy maak so:

Die resep is bitter eenvoudig. Sorg dat jou boud mooi skoon is en vet getrim is.

In ‘n pestel en mortar maak 1.5 teelepel heel swartpeperkorrels fyn saam met ‘n eetlepel droë roosmaryn. Voeg die sout ook by en grind tot lekker fyn

Neem nou ‘n suurlemoen en druk die sap bo-oor die boud. Vryf  lekker in

Nou neem jy jou sout , peper en roosmaryn mengel en vryf dit lekker in die boud.

Gooi nou ‘n paar sprinkels olyfolie boo or die boud en vryf dit ook lekker in. Weese versigtig dat jy te veel van jou kruie afvryf nie.

Besprinkel die boud bo liggies met meel. Hierdie meel sal later ‘n lieflike kors vorm.

Druk so drie of 4 knoppe botter bo op die boud

Druk nou nog so ‘n halwe suurlemoen se sap bo-oor

Laastens sprinkel die boud met nog so ‘n paar strepe olyfolie.

Ek doen al hierdie voorbereiding in dieselfde pot waarin die boud gaargemaak word.

Maak toe en sit in die oond teen 140 grade vir omtrent 3 en ‘n half tot 4 uur. Ek verkies dat die vleis sag is en van die been afval. Daarom gebruik ek ‘n Römertopf om die boud in gaar te maak. Niks stop jou egter om dieselfde resep te volg en die boud volgens jou gewone metode gaar te maak nie.

Net ‘n paar tips. Die kruie mengels se hoeveelhede hang uiteraard af van die grootte van die boud. Wees versigtig vir te veel sout. Moenie te min roosmaryn gebruik nie. Dis die hart van die resep. Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar aartappelskywe ook by die bou in hoofsaaklik omdat ek te lui is om chips te maak! Dis egter nie nodig nie. Die vleis gaan baie lekker saam met basmati rys of kapokaartappels, beetslaai en groente van jou keuse.

Geniet hom!

NS: As jy nog nie ‘n Römertopf het nie, kry een. Dit sal jou lewe verander.

19 September, 2009

Chuene, Malema en Komphela – Trotse ANC kaders

Leonard Chuene jou absolute onnosel DOOS! Ek kan nie besluit watter een van jou, Butana Komphela of Julius Malema die domste bliksem is nie…as jou brein dinamiet was sou dit nie sterk genoeg wees om jou donnerse bril van jou neus af te blaas nie..

Kry die ANC leierskap nie skaam dat hierdie fokken onnosel morone onder die vaandel van die ANC optree nie? Of is dit ‘n geval dat hulle self nie van beter weet nie?

20 September, 2009

Ernst Coetzee – ‘n Kortpad na kitsmiljoene:Hoofstuk 2

Ernst Coetzee se huis in Plattekloof

Ernst Coetzee se huis in Plattekloof

Ek wag nou al ‘n ruk dat die Phoenix belegging scam die koerante haal. Die storie loop al geruime tyd in die finansiële en beleggingswêreld rond maar tot nou toe wou niemand openlik daaroor praat nie. Gerugte doen selfs  die ronde van plattelandse takbestuurders vir een van die land se grootste lewensversekeraars wat afgedank is omdat hulle na bewering ook beleggings vir Phoenix gewerf het terwyl in diens van die versekeraar. Ook stories van twyfelagtige aandele verhandelings, aandele sertifikate wat sommer by die huis gedruk word en uitgereik word sonder dat die maatskappy se direksie in die saak geken is  en sonder dat voorsitter die sertifikate teken.

Maar wie sit agter die Phoenix storie? Volgens Rapport vandag is dit niemand anders as ons ou vriend en veroordeelde bedrieër Ernst Coetzee. Trotse oud Paul Roser, leerlingraadslid en eerste span losskakel en moontlik ook ‘n Broederbond offspring. (Die Broeders was destyds mos baie puntenerig oor wie as Rektor van skole soos Paul Roos aangestel mag word)  Mens kan amper sê Coetzee was die  Afrikaner weergawe van “the typical All American Guy.”

So van Paul Roos gepraat. Ek sien nog ‘n Oud-Paul Roser se naam word genoem as direkteur van  Phoenix. Die keer is dit ons ander vriend , ex Stanlib konsultant en ex Kimberley Consolidated Mining CEO Hein le Riche. Dit wil blyk of Mnr le Riche in die geval ‘n innocent bystander is. So lyk dit altans….

 

Ernst Coetzee tydens sy hofverskyning in die 80's vir onder meer bedrog waarvoor hy effektiewe tronkstraf moes uitdien.

Ernst Coetzee tydens sy hofverskyning in die 80's vir onder meer bedrog waarvoor hy effektiewe tronkstraf moes uitdien.

‘n Soektog deur Die Burger se argiewe het die volgende van Ernst Coetzee opgelewer.

DIE BURGER LAASTE,4 Mei 1992 bladsy 5:Sosiaal

DIE BURGER LAASTE,28 September 1992 bladsy 2:Oud-Matie se sake word bekyk

DIE BURGER LAASTE: BOLAND,8 Oktober 1992 bladsy 14:Stellenbosse onderneming voorlopig gelikwideer

DIE BURGER LAASTE: Tygerberg,16 Oktober 1992 bladsy 3:Thibault Trust finaal 20gelikwideer

DIE BURGER LAASTE,21 Januarie 1994 bladsy 7:R4 M bedrieër skuldig

DIE BURGER LAASTE,26 Februarie 1994 bladsy 2:Man verkul bejaardes; kry agt jaar

Rapport berig vandag soos volg oor Coetzee se nuutste pogings.

Beleggers verloor miljoene

2009-09-19 23:45

Talle Wes-Kaapse sakemanne en boere is na bewering met miljoene rande ingeloop nadat hulle oorreed is om te belê in ’n diamantmyn in Barkly-Wes.

Die naam van mnr. Ernst Coetzee, wat destyds tronkstraf uitgedien het vir bedrog weens die Masterbond-skandaal waarin sowat 20 000 beleggers miljoene rande verloor het, duik weer in dié jongste geldskandaal op.

Die betrokke maatskappy, Phoenix Diamond Holdings (Phoenix), is nou in likwidasie.

Rapport is in besit van ’n aandeleregister van Phoenix waarin 90 individue en familietrusts meer as 200 miljoen aandele gekoop het. Die meeste beleggers is van die Wes-Kaap. Ander is van die Noord-Kaap en Namibië.

Een belegger sê hy het R1,3 miljoen belê in 2,5?miljoen aandele. ’n Bekende sakefamilie het glo tot R23 miljoen belê.

Altesame R50 miljoen is glo betrokke.

Oudregter Willem Heath en sakemanne soos mnre. Dante Parisi, Eddie Jeary, Shabeer Moosajee en Hein le Rich is as direkteure van Phoenix gelys.

’n Geheime ondervraging word binnekort ingevolge likwidasie-wetgewing gehou waartydens Coetzee en Parisi antwoorde moet verskaf.

Parisi het Vrydag gesê Phoenix is in likwidasie en dat hy “nie eintlik daaroor mag praat nie”.

Coetzee het nie op navrae gereageer nie.

Talle beleggers doen tans regstappe teen Coetzee.

’n Moedelose sakeman van die Weskus wat anoniem wil bly, sê Coetzee het hom met ’n prospektus genader.

“Volgens hom sou die myn sowat $26 miljard (sowat R193 miljard) se diamante lewer. Ek was aanvanklik skepties, maar het gehoor baie belangrike mense is betrokke.

“Ek het toe R750 000 in dié myn, sowel as ’n goudmyn in Zimbabwe, belê. Nog twee vriende het deur my R150 000 belê. Coetzee skuld my nog R517 000 vir lenings.

“Ek moet my eiendom nou teen weggeepryse verkoop om te oorleef, terwyl hy in weelde woon en spogmotors ry.”

’n Boer van Ceres sê hy het R1,3 miljoen belê nadat Coetzee hom die mynperseel by Barkly-Wes naby Kimberley gaan wys het. “Hy het gesê ek hoef nie bekommerd te wees nie, want Heath is in die direksie.”

Mnr. Charl Boshoff, ’n Kaapse prokureur, sê hy verteenwoordig enkele beleggers. “Ons het reeds die Coetzee-familietrust laat sekwestreer.”

’n Sakekennis wat vroeër saam met Coetzee gewerk het, sê Coetzee het beleggersgeld “direk in sy persoonlike of familietrust-bankrekenings inbetaal en uitgeleef”.

Heath het aan Rapport gesê hy is net soos die beleggers teleurgesteld omdat hy “ook mislei is”.

“Ek is deur Ernst Coetzee en Dante Parisi genader en het aanvaar dat alles in orde is omdat Parisi ’n ervare ouditeur is.”

Volgens Heath het ’n ondersoek bevind Parisi en Coetzee het aandele aan hulleself toegeken, dit verkoop en nie die geld na die myn oorgeplaas nie. “Parisi is hieroor uit die direksie geskors.

“Hulle was nie verkeerd om hul aandele te verkoop nie, maar die geld het die myn nooit bereik nie. Die direksie het ook nie uitgereikte aandele-sertifikate goedgekeur soos vereis nie. Omdat die myn dus geen inkomste gehad het nie, het ons die maatskappy laat likwideer.”

- Rapport

Jere ‘n mens kan seker as jy regtig wil Coetzee se volharding op ‘n vreemde (lees siek) manier bewonder. Persoonlik sou ek egter wou dink dat iemand wat reeds ‘n paar jaar in Pollsmoor deurgebring het omdat hy ou en onskuldige mense se lewens verwoes het fokweet sy les geleer het. Skynbaar is hebsug egter magtiger as Korrektiewe Dienste se vermoeë om skelms te rehabiliteer. Baie kan ook seker gesê word van die Suid-Afrikaanse publiek se kortsigtigheid ( lees onnoselheid) wat jaar na jaar ‘n  gunstige klimaat skep vir die tipe karakters om te floreer.  Die storie gaan egter nie oor die victims nie.

So vir die wat soos baie van ons steeds sukkel om ryk te word en los te breek van jul “loser en sukkelaar” status. Hier is advies vir jou pad na kitsmiljoene en ‘n effektiewe manier om geld te druk.  Gaan so te werk. Oortuig eerstens ‘n paar mense dat jy toegang het tot ‘n uiters winsgewende belegging. Dit help as jy dit kan verdoesel as ‘n “eksklusiewe” storie met beperkte toegang vir die publiek. Hulle moet jou smeek om deel te wees van die projek. Potensiële beleggers hoef egter nie nou al te weet jy druk self die aandelesertifikate nie.  

Kry nou jou beleggers sover om in jou “limited exclusive venture” te belê deur miljoene in jou familie trust of nog beter sommer jou persoonlike rekening te betaal. Moenie snoep wees nie. Dis raadsaam om beleggers te beperk op die bedrae wat hulle wil belê. As ‘n ou jou byvoorbeeld R2 mil wil gee, beperk hom deur aan te dui dat daar op daardie betrokke stadium slegs ruimte virR1,75 is maar verseker hom egter dat jy jou bes sal probeer om vir hom nog aandele te probeer bekom. So verseker jy jouself van nog ‘n happie aan dieselfde kersie. Dit is eintlik eenvoudig.  Soos jy dan geld benodig druk jy terstond sommer by jou huis vir die beleggers (lees “slagoffers”) hul aandelesertifikate.

Vergeet van verwarrende en argaise begrippe soos “etiek” of “harde werk” en al daai stront wat jy as kind geleer is. Dis hoe jy kitsmiljoene versamel. Al wat jy regtig nodig het is ‘n nice printer. Wat jy nie nodig het nie is lastige eienskappe soos ‘n gewete en morele waardes.  So druk jy jou geld sommer self. In die gemak van jou eie huis. Nou soek ek net iemand wat vir my ’n decent printer kan leen want my tien jaar oue HP 1100 LazerJet sal  vermoedelik nie deug nie….

NS: Met apologie aan diegene wat deur harde werk en toewyding en etiese besigheidspraktyke hul rykdom versamel het. Hiermee wil ek geensins suggereer dat alle welgestelde en suksesvolle mense skelm is nie.

30 September, 2009

Nestlé – Profyt voor moraliteit, boikot die bliksems.

Boikot Nestlé

Boikot Nestlé

Ek wil nou nie oor die meriete agter die Nestlé boikot debatteer nie. Dis ‘n no brainer. Enige maatskappy wat met despote, kriminele en ander kakke soos die Mugabe gespuis besigheid doen, is myns insiens gelykstaande aan Hitler-simpatiseerders en verdien uiteraard niks meer as absolute veragting nie. So, fok Nestlé dus, nie net nou tot hulle opgehou het om Grace Mugabe in haar kriminele aktiwiteite te steun nie, fok Nestlé vir altyd.

Maar wat beteken “fok Nestlé vir altyd” presies? Weet ons presies hoeveel handelsmerke val onder Nestlé se vaandel? Ek gaan ‘n paar prominentes noem, maar gebruik tog die skakel en neem tyd om op hul webwerf jouself te vergewis van presies hoeveel Nestlé handelsmerke jy gebruik. Om meet te begin: Nestlé is veel meer as net chocolates en sweeties. Dit is met skok dat ek moes besef het dat Cross & Blackwell Mayo, my gunsteling Mayo, ook in die Nestlé stal val. (daar was onlangberigte in die media dat Tiger Brands die C&B handelsmerk by Nestlé gekoop het, maar nie een van die maatskappye se webtuistes bevestig dit nie)  So ook Lazenby Worcestershire Sous en Nequick waarvoor my vrou so lief is.

Behalwe hierdie lysie val die volgende produkte ook in die Nestlé stal: Nescafé, Ricoffy, Maggi produkte insluitende 2 Minute Noodles, Milo en Cremora. Gewilde chocolates in die Nestlé produktereeks sluit onder andere die volgende in.  Aero, Bar One, Milky Bar, Kit Kat, Tex, Smarties , Pepermint Crisp en Chocolate Log.

Nou wonder ek of ons land se grootste Supermarkte soos Checkers, Pick & Pay en Spar byvoorbeeld voortaan gaan weier om Nestlé produkte op hul rakke aan te hou? Dalk moet ‘n mens op hulle begin druk uitoefen om alle Nestlé produkte van hul rakke te verwyder.

Gaan loer gerus hier en krap rond tussen die Nestlé produkte reeks, en as jy regtig ernstig is daaroor om ‘n verskil te maak, boikot dit en boikot enige instellings wat dit gebruik. Ek weet ek gaan.

 

Update: 2/10/09

Volgens Business Day vanoggend het Nestlé geswig voor die druk van ‘n moontlike wêreldwye boikot en hul dealings met Grace Mugabe se plaas verbreek. Ek glo natuurlik nie ‘n woord hiervan nie. Hoe moeilik kan dit wees om ‘n dummy corporation op te sit om die melk namens hulle te koop? Voor die plaas nie eers bankrot speel en tot niet gaan nie glo ek dit nie. Nestlé was mos Grace se enigste klient? So, ek hou by die beginsel van geen meer Nestlé produkte nie.

15 Oktober, 2009

Gedagte vir die dag…John Danforth, priest, ambassador, senator

John Danforth, priest, ambassador, senator

John Danforth, priest, ambassador, senator

Plenty of kind, decent, caring people have no religious beliefs, and they act out of the goodness of their hearts. Conversely, plenty of people who profess to be religious, even those who worship regularly, show no particular interest in the world beyond themselves.

-John Danforth, priest, ambassador, senator (b. 1936)

17 Oktober, 2009

WP Rugby….’n tragedie

WP Rugby in rou...

WP Rugby in rou...

In die ou dae het ons gereeld tong-in-die-kies die spot gedryf met WP Rugby deur te verwys na die  broer in die tronk vergelyking.  Tong-in-die-kies, want die spottery was meestal met ‘n Curriebeker onder die blad gedoen. (Die 80’s was goeie WP jare…) WP Rugby vandag –  is egter verby daardie tong-in-die-kies aanmerking. WP Rugby vandag –  is ‘n donnerse tragedie en ‘n skande. En moenie dat die WP se semi-finaal verskyning vandag enige wol oor jou oë trek nie.

Dok Craven sal in sy graf omdraai (selfs op 99) as hy hierdie WP sirkus nou moes gade slaan. Ons “polities connected” vriende, het met die toestemming van ons ” o so polities korrekte vriende” en met die hulp van onse regering, WP-rugby gekaap. Wat doen ons? Die ou argument: ter wille van transformasie moet ons die fokkers die geleentheid gee om eers die geldkoffers van WP (eens een van die rykste rugbybonde in die wêreld) leeg te stroop en dan toe te laat dat ander bonde ons jong talent afrokkel. Op LitNet se brieweblad SêNet lewer Yuri die volgende kommentaar. (Yuri terloops is ‘n stoere Bloubul en Liberal of note.)

“Sommige van die beste rugbybreins in die land is in die WP te kry. Wit administrateurs, wat hul poste en voordele wou behou, het die onheilige alliansie met voormalige SARU administrateurs (WP Rugby, Tygerberg, Cities, Somerset en die meer) gevorm.

In die proses is mense soos Dougie Dyers heeltemal uitgesluit. Op die einde van die dag was die SA Rugbyfederasie ‘n veel beter organisasie as die destydse SARU, en die mislukking van die bestuur en volgehoue binnegevegte in die Oos-Kaap is bewys hiervan.

WP Rugby nodig manne soos Rob Louw, Boland Coetzee, Carel du Plessis, Errol Tobias en Wilfred Cupido om leiding te gee.

Nie die mafiastyl van oud-SARU lede wat na hul sak, byvoordele, status en gratis kaartjies kyk nie.”

Dat ‘n Bloubul nou vir ons moet kom vertel hoe dinge werk? Maar hy is reg en ons sal nie die harde realiteite ooit hoor nie. Nie met hopelose  “sport joernaliste” soos Die Buiger se Stephen Nell wat week na week eerder Luke Watson se beeld poets as om oor die fokken olifant in die vertrek  te  berig en ‘n paar ooglopende, dog ongemaklike vrae oor die WP binnekringe  te vra.

Dit terwyl nepotisme en swak finansiële bestuur hoogty vier binne WP Rugby se gange. (Let maar op die grootte van die WP support staff..en wie in daai poste aangestel word en teen watter salarisse.) Hoe is dit moontlik dat WP geld het om ‘n has been soos Habana te koop, maar nie mense soos Stephen Dippenaar, Burton Francis en Francois Hougaardt in die WP kon behou het nie? (Habana se talent is bo verdenking, Habana se toewyding en lojaliteit teenoor WP egter wel. Ek dink Habana het net by die see kom aftree.)

WP het geld vir useless Fijiane maar het nie die wil of geld om Jonqi Noqwe in die WP te hou nie. WP koop vleuels regoor die land, maar sy eie spelers wat uit die Varsity Cup kom behou hulle nie.

Laat ons nie vergeet nie, Maties is tans die nasionale Varsity Champs, Ikeys was derde in die Varsity champs, Hamiltons is die Nasionale Club Champs en WP  O 18 die nie-amptelike Cravenweek kampioene. Gegewe die oorvloed talent in die WP, waarom is  dit nodig om so baie spelers in te voer of terug te koop? Ricky Januarie, byvoorbeeld, is useless en nie die skaduwee van wat hy eens was nie. Waarom word hy so beskerm, en dit ten koste van jong opkomende talent?  Francois Hougaard en Stephen Dippenaar is twee briljante jongelinge. So ook Burton Francis en Heinie Adams. Wat maak hulle in die Noorde?  En hierdie is ‘n paar name wat  spontaan by mens opkom. Die prentjie lyk heelwat droewiger as jy begin rondkrap en soek.

Dit het dalk tyd geword vir WP om minder geld te spandeer om familie en vriende en ex strugglists aan te stel as  “support staff, bal poetsers, baldraers  en admin staff” en liewers hul geld aan te wend op die behoud en ontwikkeling van jong talent binne die provinsie.  Dit het beslis tyd geword dat WP Rugby bevry word van politieke agendas en terug gegee word aan die sport en die ondersteuners. Titus, die marionet, en sy ja-broer veldkornette moet gaan. Gee die WP terug aan die sport en aan sy ondersteuners.

En dan ‘n laaste vraag:  Waarom is dit nodig vir die WP en die Stormers om elk sy eie afrigtingspan te hê? Die Sharks doen dit nie, ook nie die Bulle en die Vrystaat nie. Dis dieselfde groep spelers wat vir WP en die Stormers speel. Sou dit nie liewer sinmaak om een afrigter vir die groep spelers te hê  nie?

Maar nou ja. Intussen voorspel ek trane vir ons, die WP ondersteuners op Nuweland vanmiddag, aan die hand van ons eie uitvoerprodukte…..maar hey, ten minste het die Administrateurs die ticket sales gekry van ‘n ekstra game op ‘n vol Nuweland….

19 Oktober, 2009

So kak ‘n Bloubul….

Anders as Bakkies “dankie Liewe Jesus” Botha , geen elmboë in die gesig nodig nie…

So kak ‘n Bloubul…..

Schalk Burger…welkom terug!

(En aan Puke Watson..good riddance to bad rubbish…go back to your Colonialist heritage.)

19 Oktober, 2009

Hein le Riche – Diamante toe nie die dame se beste vriend nie..

Hein le Riche ex CEO van KMC

Hein le Riche ex CEO van KMC

Oorspronklike foto: Mining Weekly

 

Smaak my diamante is ‘n rowwe storie. Ernst Coetzee se beweerde side kick haal toe ook weer die koerante. Hein le Riche is geen nuweling as dit by kontroversiële koerantberigte kom nie. Sy naam is in die verlede gekoppel aan ‘n paar deals wat, wel ietwat twyfelagtig voorgekom het.

Sondag in Rapport word Hein le Riche weer in die middel van so ‘n storie geplaas. Die keer is dit ‘n iewat omgekrapte Standard Bank klient wat Standard Bank vir haar verlies van R20 milj verantwoordelik hou. Uit my ervaring met Standard Bank is dit te betwyfel of hulle hoegenaamd iets aan die saak sal doen. Kliente is ‘n net lastige noodsaaklikheid waarmee hulle moet deal..selfs vermoeënde mense wat R20 milj het om weg te gooi…..of mind you, is Standard Bank dalk bang om die saak te ondersoek uit vrees dat daar dalk en moerse Pandora doos op hulle wag?

Hier is die volle storie soos dit in Rapport verskyn.

Weduwee verloor R20 miljoen Finansiële konsultant ‘teister’ haar om in sy diamantsake te belê

2009-10-17 22:19

Llewellyn Prince

’n Bejaarde weduwee van Somerset-Wes het sowat R20?miljoen verloor nadat ’n “teisterende” oud- finansiële konsultant van Standard Bank haar oorreed het om in sy diamantmyn-bedrywighede te belê.

Standard Bank sê egter hy is nie verantwoordelik vir haar verlies nie omdat sy en die konsultant private ooreenkomste aangegaan het.

Die vrou (63), wat anoniem wil bly, wil haar nou tot die “ANC-regering” wend.

Sy sê Standard Bank moet gedeeltelik verantwoordelikheid neem omdat sy “as hul kliënt die beleggings deur hul finansiële konsultant in hul gebou onder hul bestuur gedoen het”.

Die ombudsman vir finansiële diensteverskaffers (Fais), wat geskille tussen finansiële instellings en kliënte hanteer, sê die howe is haar enigste uitweg omdat Fais net tot ’n bedrag van R800 000 jurisdiksie het.

Die vrou is die kinderlose weduwee van ’n Britse geoktrooieerde rekenmeester.

Ander beleggings verskaf nog ’n inkomste, maar sy het die meeste van haar geld by Standard Bank onttrek.

“Ek wil ook nie hof toe gaan nie omdat prokureurs net in my geld belangstel.”

Die vrou, eens ’n onafhanklike politikus en maatskaplike kommentator in Zimbabwe, sê sy het die konsultant, mnr. Hein le Riche, in 2006 by Standard Bank in Somerset-Wes ontmoet.

“Hy het my oorreed om R20,5 miljoen in sy mynmaatskappy, Kimberley Consolidated Mines (KCM), vir 20 miljoen aandele te belê.

“Ek het aanvaar dit was deel van sy werk. Hy was teisterend en het gedurig aan my beleggings gekarring en my verwar met verskeie finansiële produkte.

“Toe probleme kom, kon ek net R464 700 se aandele verkoop. Dit wys dat ek as private belegger in die moderne bankstelsel geen beheer het oor hoe my geld belê word nie.”

Mnr. Erik Larsen, woordvoerder van Standard Bank, sê Le Riche het Standard Bank in Junie 2007 verlaat, voordat KCM genoteer is.

“Standard Bank het ’n klagte van die weduwee ontvang en het daarop gereageer. Standard Bank het en is steeds besig om Le Riche se betrokkenheid by KCM te ondersoek.”

Die bank sê verder haar beleggings was nie deel van Le Riche se werk vir die bank nie.

Le Riche het Vrydag gesê hy het die weduwee destyds ingelig sy belê nie in Standard Bank-produkte nie, maar in KCM se voorloper, Channal Mining, wat “hoë-risiko-beleggings was waarin sy alles kan verloor”.

“Sy het nogtans ingestem en ook die bank gevrywaar. Almal in die diamantmynbedryf, nie net sy nie, het deur die resessie amper 90% van ons aandelewaarde verloor. Sy moet net vashou aan haar aandele, want die mark kan draai.”

Mnr. Charles Pillai van Fais sê Fais-wetgewing vereis van finansiële instellings om altyd in belang van hul kliënte op te tree. Volgens hom moet kliënte finansiële instellings se bestuur raadpleeg as hulle vermoed hulle belê nie in ’n tradisionele produk nie.

- Rapport

Ek begin nou al wonder. Is daar skynbaar ‘n wettige manier om mense se geld te steel? Ek sê nie dit was die geval hier nie, maar kom dit nie op wettige diefstal neer as ‘n individu byvoorbeeld aandele aan beleggers verkoop, en dan sy eie aandele weer verkoop sonder om die beleggers in kennis te stel nie? Volgens hierdie beginsel kan ek mos aandele in ‘n bokdrol verruil vir geld?  Ek is nie so op hoogte van sake met die dinamika agter die lys van nuwe maatskappye op die JSE nie, en watter wetgewing die proses beheer nie. Een ding is egter verseker, daar is duidelik nie genoeg maatreëls in plek nie en skynbaar geen beheer nie . Die tipe ding gebeur darem te gereeld.

Die verskynsels lig natuurlik ook die hele FAIS drama uit vir die tandlose instelling en wetgewing wat dit is. Die enigste mense wat baatvind uit die wetgewing is die FSB en maatskappye wat as “compliance offices” optree en heerlik bank toe lag vir die vet fooie wat aan hulle betaal moet word. Die klient egter is steeds net so kwesbaar soos altyd, en so sal dit bly terwyl die finasieële industrie oorwegend komissie aangedrewe bly eerder as advies aangedrewe.  Ek weet van versekeringsmakelaars wat nou nog nie eens die basiese 30 competancy punte behaal het soos FAIS al in 2005 vereis het nie, maar steeds in die industrie werk. Waarom? Hulle skryf elke maand ‘n kakhuis vol komiessie en word daarom toegelaat deur die lewenshuise vir wie hulle werk.  Terloops ek sien die FPI wou ook vir le Riche aantree omdat hy die titel FPI op sy besigheidskaartjies gebruik het sonder dat hy die kwalifiserende eksamen geslaag het.

Is ek jaloers op le Riche se swier? Natuurlik is ek. Wie so nie wees nie? Wie streef nie na ‘n moerse huis en ‘n blinknuwe Mercedes  Benz nie? Wat is bereid om te doen daarvoor? Duidelik nie genoeg nie.In my binneste wonder ek nou of dit verkeerd van my sou wees om Mnr le Riche te nader om ‘n donasie tot die R35 000 wat ons nog  nodig het vir ons vliegkaartjie Vancouver toe? Hoe lyk dit chom, rol daar ‘n klippietjie diekant toe man….

(Terloops, ek wonder waarom en wanneer het Le Riche besluit om oor te slaan na Mercedes Benz…hy was mos al die jare ‘n Porter BMW man…. So van Porter gepraat, wat op aarde het van Kaz geword?)