8 September, 2008...11:32

Haatspraak op LitNet…?

Jump to Comments

LitNet se blogs maak die laaste tyd weer opspraak in die koerante na aanlyding van Koos Kombuis wat van haatspraak beskuldig is oor sekere uitlatings op sy blog “Koos se Plakboek” .

Wikipedia definieer “hate speech” as volg. (ek neem aan dis redelik en taalkundig korrek om ‘die term “hate speech” direk na Afrikaans te vertaal as haatspraak?)

“Hate speech is a term for speech intended to degrade, intimidate, or incite violence or prejudicial action against a person or group of people based on their race, gender, age, ethnicity, nationality, religion, sexual orientation, gender identity, disability, language ability, moral or political views, socioeconomic class, occupation or appearance (such as height, weight, and hair color), mental capacity and any other distinction-liability. The term covers written as well as oral communication and some forms of behaviors in a public setting. It is also sometimes called antilocution and is the first point on Allport’s scale which measures prejudice in a society.”

Jody Kollapen - Kommisaris van SAMRK

Jody Kollapen - Kommisaris van SAMRK

Nou ja, die volgende bliksem wat my vet noem sal met Jody Kollapen te doen kry, so ook die volgende bliksem wat my beroep as polissmous beledig…..(asof Mnr Kollapen nie reeds oorlaai is met werk aan die hoof van myns insien een enorme tandlose organisasie…die MRK…)

Dit wil my voorkom of individue (en ek het geen spesifieke voorval of geval ingedagte nie, dis bloot ‘n waarneming) die hele “haatspraak” ding soms ietwat buite verband ruk en die MRK ge(mis)bruik om persoonlike geskille en vermoedelik ander verskuilde agendas te dryf. DiE verskynsel is heel moontlik ‘n bydraende factor daartoe dat die MRK soms lelik kleitrap met sy uitsprake oor wat en wat nie haatspraak is of was nie. Nie dat daar noodwendig iets gebeur met die enkeles wat aan haatspraak skuldig bevind is nie. Ek meen Julius Malema het nou nog nie sy “we will kill for Zuma” uitlating herroep nie, in teendeel, daar spring daagliks eenvoudig net meer en meer groepe op die “we will kill for Zuma” bandwagon. Die Jong kommuniste die laaste daarvan, as ek reg onthou.

En asseblief, moenie ‘n fout maak nie, haatspraak gebeur, en dis verkeerd, maar dis ‘n realiteit. In die leafy suburbs sal jy Saterdagaande om braaivure nie ver hoef te soek vir die “fokken k%%$*#s en fokken h*%%$#s” uitsprake nie, net soos jy in die Kaapse vlakte ook nie ver hoef te soek na ‘n braaivuur waar “die fokken witboere” of “fokken boere” ruim bespreek word nie. En ja, ek weet “witboer” of “boer” is nie op die lys van verbode woorde nie, (terloops, het “kill a boer kill a farmer al daai lys gehaal?) en dit dien dan ook juis as ‘n bewys van die eensydige “MY favourite human rights” benadering wat 14 jaar van ANC regering aan ons reënboog nasie gebring het. “Some animals are more equal than others…”

Die storm in ‘n teekoppie wat rondom Koos Kombuis se kop losgebars het is ‘n jammerte. En ja, Koos was volgens bogenoemde definisie seker teoreties verkeerd, maar jere, intellegente mense moet darem seker konteks kan inlees? Laat Jody Kollapen met die werklike issues deal dink ek….

Daar is natuurlik meriete in die vraag of ‘n pedofiel daarop kan aanspraak maak dat hy aan ‘n sielkundige afwyking ly en dus  beskerming geniet teen “haatsprakers” wat sy knaters buite die hof wil afsny…..Ek is nie ‘n kenner op die gebied nie, so ek weet nie. Die wat weet of dink hulle weet, laat hoor gerus van julle.

10 Kommentaar

  • Die land is nog lank nie reg om emosioneel volwasse met hierdie konsepte om te gaan nie. Van hierdie “nuwe” Afrikaanse stamvaders, ‘n nuwe gevestigde borgouise met akademiese grade, is juis nou weer die versinnebeelding van dit waarteen hulle so in die tagtiger-jare baklei het. Dis eintlik ‘n skande dat beginsel swig voor die moontlikheid van nog ‘n blitsverkoper.

    Terloop, jy moet tog boskakker se take hierop gaan lees!

  • jy meen boskakker het ‘n opinie oor haatspraak?

    ek stem saam met jou oor ons land se volwassenheid om die tipe konsepte hanteer nie. maar, ek kan nie help om te wonder of die regering en skynbaar verskeie ander rolspelers se geneigtheid om die race card te speel en om alles op apartheid te blameer nie dalk bydra daartoe dat ons steeds soos kleuters op die speelgrond met mekaar omgaan nie.

  • “opgekropte geweld” ook die boskakker antwoord vir alles…smaak my hy is die poster boy vir die “waarvan die mond vol is…” vereniging? Bespeur ek bietjie projeksie in sy griffels?

  • Net een vraag – wanneer gaan ons bleddie Suid-Afrikaners groot word? Rome brand en ons teem oor snert! (En hiermee bedoel ek nie jy nie, ek bedoel die klomp wat nou weer haatspraak haatspraak gil!)

  • wel ek dink dis min of meer die punt hier. mense misbruik die sisteem wat in plek gesit is om werklike issues aan te spreek, nie dat dit na my mening daarin slaag nie, mar nou ja…hulle sê mos, “lovers of polony and democracy should not be around the process of either being created…”

  • my favourite human rights indeed

  • moenie dat ek jou vang dat jy jou gekots op my blog kom adverteer nie…..Jy herinner erg aan Fransie Willemse, maar hy het ten minste die guts om onder sy eie naam te skryf…

  • Man, Koos kry nou baie hits en meer albumverkope. Dis hoe die altyd werk.

    Enigiemand Robbie Clay s’n onlangs gemeet? (Sy verkope, meen ek…)

  • Terloops, ek laaik jou styl. Jy’s op my blogroll.

  • Robbie wie? O ja, daai outjie wat Jurie voete van klei gegee het..Fok ek wonder wat van daai storie geword het? Ook besig om ‘n stille dood te sterf dink ek….Die ego’s van die Afrikaanse minnesangertjies darem…imagine die breë publiek gee ‘n moer om tot watter sordid dade hulle in staat is..


Leave a Reply