3 Januarie, 2009...10:44

Steve Hofmeyr & Huisgenoot – Nog het dit geen einde niet.

Jump to Comments

Kyk mamma kyk! Die redakteur van die grootste tydskrif in SA...

Kyk mamma kyk! Eks die redakteur van die grootste tydskrif in SA!

Soos te wagte kon wees en getrou aan hul reputasie verskyn daar die week in “Huisgenoot” ‘n “Forum” op die brieweblad wat dramaties aankondig ” Aanval op ‘n vrou is die laaste strooi.” Dit nou na die insident tydens Steve Hofmeyr en “Esmaré ek is  die redakteur van dier grootste tydskrif in Suid-Afrika” Weideman se teedrinkery. News Flash! Dit was nie ‘n “aanval op ‘n vrou nie,” Dit was ‘n aanval op die media se verkragting van die individu se reg tot privaatheid en dit was ‘n aanval op die media se verkragting en misbruik van vryheid van spraak en persvryheid.

Esmaré Weideman

Esmaré WeidemanUit

Uit 10 briewe wat Huisgenoot plaas verdoem 9  uiteraard die arme Hofnar tot die hel. Die een brief so emosioneel en infantiel as die ander. (Coenie ek is terleurgesteld in jou tekort aan insig en objektiwiteit in die verband. Van jou het ek meer verwag) Nou vra ek jul met fokken trane in my navy blue ogies. Was daar nie  ‘n enkele brief met ‘n gebalanseerde opinie of wat dalk net die ander kant van die saak stel wat Huisgenoot kon plaas nie? Behalwe nou die Steve Fan brief? Dalk ‘n opinie wat Huisgenoot en “Esmaré ek is die redakteur van die grootste tydskrif in Suid-Afrika” Weideman se aandeel in die insident erken nie? Het Huisgenoot nou al so astrant geraak dat hulle dit nie eens meer nodig vind om darem te probeer voorgee dat hulle voorstanders is van redelikheid en gebalanseerde opinies? Is die vrou Suid-Afrika se nuwe “Great White Holy Cow?” (amper soortvan ‘n wit vroulike weergawe van Jacob Zuma)

Ek was nog nooit ‘n fan van Steve of sy musiek of sy manier van doen nie.  En ek is steeds nie en dis te betwyfel of ek ooit sal wees. My opinie oor Steve is egter nie relevant tot die debat nie. Niemand se opinie oor die mens Hofnar is nie.  Ja dis nie nice om ‘n koppie tee in ‘n vrou se gesig uit te gooi nie  maar fokweet sy het gevra daarna. Wat Steve gedoen het is ‘n simptoom  van ‘n baie groter prentjie, of siekte. En dit is die media en veral Media 24 met sy hordes poniekoerante wat die laaste 4 jaar verskyn het en hul grootkop redakteurs se gewoonte om vryheid van spraak te verkrag en onnodig mense se persoonlike lewens en persoonlike seer uit te buit vir finansiële gewin. Dit is onverantwoordelik en immoreel selfs al word dit so gerieflikheidshalwe onder die “ons rapporteer net die nuus” mat ingevee.

Selfs Esmaré Weideman is nie vrygestel van gerugte en skinderstories nie soos van die kommentaar op hierdie LitNet bloginskrywing getuig. Desnieteenstaande, of dit nou waar is of nie is nie belangrik nie. Feit bly haar  seksualiteit  en privaat lewe is uiteraard niemand se besigheid nie. Mens wonder waarom sy nie dieselfde oordeel aan die dag lê wanneer dit by ander se diepste privaatsake kom nie. Ek kan  maar nie help om stilletjies te wonder hoe  Me “Ek is die redakteur van die grootste tydskrif in Suid-Afrika” Weideman sou voel as mense in haar vullis begin snuffel, en haar bediendes omkoop om insae in haar privaatsake te kry en dit dan die hele wêreld vol verkondig?

Aan die Huisgenoot gatkruipers cum vyande van Steve net dit. Moenie dat jul dislike of haat vir die ou julle blind maak vir die fokken monster wat Huisgenoot besig is om te raak nie. Hierdie storie gaan nie oor  Steve nie. Hierdie storie gaan oor al die lewens wat verwoers is deur onoordeelkundige publikasies in die skinderpers . Steve is seersekerlik nie die laaste nie. Môre oormôre is julle of van jul geliefdes dalk die slagoffers van die “rag mag.” Dit moet end kry.

Sometime some things are better left unsaid…..spare a thought vir die onskuldige slagoffers wat bloot deur assosiasie seergekry het omdat Huisgenoot en Esmaré Weideman meer kopieë van die “rag mag” wil verkoop om nog meer adverteerders te lok…

8 Kommentaar

  • Sjoe Neil – Me Weideman sal jou dagvaar!
    Jy weet mos dat sy groot gaan op daardie issue.
    Ek het ook verseker geglo dat Coenie nie so in haar guns sou praat (skryf) nie.
    Ek glo dat Huisgenoot net die briewe plaas wat in hul guns geskryf is.

    Ek het jou vorige skrywes baie geniet.
    Jy ken van kosmaak – die mense wat alewig soppoeier in al wat ‘n gereg is gooi, doen dit nie vir my nie.

    Nostalgiese herinneringe oor jou kinderdae – dankie vir dit!

  • Hello Suné

    Wel ek weet nie waaroor sy my sal wil dagvaar nie. Daar is darem seker meriete in die argument dat die tabloids (waarvan Huisgenoot een is) besig is om te ver te gaan in die land. ‘n Ou wat sy vrou verneuk is godweet nie voorbladnuus nie en nog minder nuus. Dit gebeur orals elke dag, waarom een ou uitsonder? En ek kan nie genoeg benadruk nie, ek hou nie van Steve nie. Dis die beginsels hier wat tel.

    Ek dink, en dis my godseerlike opinie, dat Me Weideman se oordeel haar verskeie male in die steek gelaat het met ‘n paar Huisgenoot artikels en dat sy regtig ietwat te groot vir haar skoene geraak het. Godsindroom is ‘n vreeslike ding om te hê veral as jy in die tipe gesagsposisie is.

    In Stellenbosch ry ‘n spietkop rond wat drie jaar terug nog as handlanger gewerk het en slote gegrawe het. Kan jy imagine hoe hy tekere gaan met die nuwe mag wat sy uniform, speedkopkar (kompleet met wobblende spinner hub caps) en boeteboek aan hom gee, al spel hy nie so lekker nie….(Mind you Carl Niehaus sien die spietkop se “meteoric rise” seker as ‘n bewys van die ANC se vermoeë om mense se lewens te verbeter…wat die voorbeeld uiteraard nie ‘n baie goeie een maak nie.)

    Anyway.. “sometimes some things are best left unsaid.”

    Dit bestaan nie in die Weideman Huisgenoot era nie.

  • O waaaaar is die dae wat die Dorpstraatbewoner gekla het oor $teve?

    Toemaar ek terg net…

  • Maar magtag Maankind! :-) Ek sê dan dit gaan nie oor Steve nie…. :-)

    Dorptraatbewoner? Ek verneem hy was erg onder die invloed van ‘n “third force” gewees wat so aan hom voorgesê het, die arme bliksem. Deesdae gaan dit blykbaar goed met hom. So hoor ek in elkgeval.

  • Neil ek gaan sommer nou eerlik hier wees. Almal dink ek is ‘n groot Steve Fan, maar dis ook goed so. As dit dan moet wees hoe ek hierdie woede teen joernaliste sal aanvat, laat dit dan so wees. (Ek is eerder ‘n “Bono-U2″ Fan!! :) )

    Ek het op hierdie bandwagon gespring oor die probleem wat ek met die skinder media gehad het. Hulle ontsien niks en niemand nie. Het geen respek vir ander se privaatheid nie. Die skinder media is soos een groot “click” wat saamstaan! Hulle maak en breek en skuil dan agter persvryheid.

    Wat ek wel kan sê is dat die hele Media OP HOL is oor Steve. Hulle het nou heeltemal laf geword. (Ag daar is seker die odd one out)
    Die man kon dit net nie meer hou met die media nie. Hulle het hom en almal wat hom ken se lewens onuithoudbaar gemaak.

    Die idee wat ek kry, hulle kan skryf en doen wat hulle wil om die ou vervelige tydskrif se verkoopsyfers op te jaag, maar bewaar jou siel as jy in hulle pad staan of iets negatiefs oor hulle te sê het. Dan is hulle Suid Afrika se grootste tydskrif! Dis ‘n vervelige Skindertydskrif!

    Die tee gooiery was nie mooi nie, maar as ek in Steve se skoene was sou ek tien teen een baie erger dinge gedoen het. Ek sou ‘n hele bak vis wat in witsous dryf op haar omgekeer het, maar aan die anderkant, ek is ‘n vrou. Ek wonder watter reg/wet/reël sou ek dan oortree het!

    Me Weideman is arrogant. Hulle moet ‘n nuwe redakteur kry wat die ou boekie kan regruk!

    O en ek skuil agter vryheid van spraak!

  • Probleem is Wipneus, die enigste bepalende faktor vir die wyses by Media 24 is bottomline. Solank Huisgenoot se bottomline wys dis die moeite werd is daar nie ‘n probleem met die tydskrif of sy redaksie nie. Kwaliteit is lankal nie meer vir hulle ‘n issue nie. Tevrede aandeelhouers is al wat tel.

  • Ja, inderdaad is die Litnet Bloginskrywing alreeds verwyder…

    Shame.

    Wat ‘n kak boek is Huisgenoot in elkgeval. So who cares?!


Leave a Reply