Buffet Restaurante is ‘n euwel….

Ek fokken HAAT buffet-restaurante, met ‘n spesifieke veragting vir daardie “R120 pp eat as much as you like” scenario’s. En dis nie omdat ek ‘n ligte eter is nie …. laat ons nou nie doekies omdraai nie. Maar selfs nie ek kan R120 se waarde uit sulke plekke kry nie, en as jy dit wel vermag, voel jy so siek dat jy in elk geval alles wil uitkots.

Aan die Protea Hoogte skuinste kant van Brackenfell is so ‘n eetplek. Schoon–something heet hy. Die plek is altyd volbespreek. Daar betaal jy R120 per persoon, en jy kan vreet soveel jy wil tot 22h00 saans wanneer die kos weggeneem word. ‘n Wyle terug bevind ek myself een aand onwillekeurig daar vir ‘n funksie.

Daar is altyd ‘n spul kinders wat soos besetenes deur die hele lokaal hardloop en gil terwyl hul ouers ongestoord hul gesigte vol “fried chicken” prop. Selfs binne die vertrek waar die kos bedien word jaag die klein wetters mekaar rond. ‘n Kiddie-hater is ek nie maar jere ouers sorg asb dat jul spruite nie ander gaste se aand bederf nie. Kan dit so moeilik wees? Ek het na die derde probeerslag maar moed opgegee om die kinders uit te kak wat so in die verbygang met hul kaal hande uit die bakke vreet daar waar ander mense ook nog moet gaan skep. Veral na die een se ma my aangegluur het asof ek van ‘n ander planeet is. Hoe durf ek haar bondeltjie liefde aanpraat omdat hy sy vinger in die gravy druk, aflek en weer terugsit vir nog?

Dit ook ‘n given dat daar by sulke tipe plekke altyd een of ander doos sal wees wat voor in die tou kom indruk. Terloops, geduldig in toue jou beurt afwag soos beskaafde mense het in Suid-Afrika skynbaar in ‘n Westerse euwel verander en is vervang met ‘n kombinasie van ‘elke man vir homself” en “dié wat kyk kry niks, dié wat gryp kry ‘n handvol.”

Dit is totaal duister wat die restaurant as basis vir hul souse gebruik. Jere weet alles smaak dieselfde. En hier gebruik ek “smaak” in ‘n baie geduldige konteks. Kos word versuip in die twyfelagtige smaaklose goo. Net soos die geval met ‘n pub lunch in daai railway bar in Primrose aan die Oos-Rand. Dit lyk kompleet of hulle die sous ‘colour code”. Donkerbruin vir dit wat beesvleis voorstel, ligbruin vir hoender en vaalgrys vir vark. Geel vir mosterd en pienk vir seekos, slaaie , roomys en ander diverse goed. Ek soek nou nog die mosterd in dit wat voorgesit was as “mosterd en tong”. Die roast beef was so taai, selfs nie Ray McCauley sou dit kon sag bid nie.  Dit kon seker ook Blommetjie van ouds se groottante wees wat hier opgedis is. Aan die braaiaartappels het ek nie geraak nie want ook daar het die snotpikkende kleuters hul grubby paws ingehad. Die nagereg was warm – wel, dit wat koud moes wees, was, en dit wat warm moes wees, was koud.

Omdat die turn over van eet, en weer eet, en weer eet en weer eet gewoonlik blitsig is in die situasies, werk die skottelgoedwassers oortyd en ook dienooreenkomstig effektief. So kry jy dan om uit te eet sulke klam olierige louwarm borde wat nog na vet ruik, en sulke vaal messe en vurke. Dié verskynsel het ek geweldig intimiderend gevind, want ek het al gesien hoe lyk ‘n gastro enteritis epidemie in die weermag. Daar is niks glamorous daaraan om eenkant in ‘n tentedorp onder kwarantyn geplaas te word en daar al kotsend en skytend die tyd te verwyl tot die kiem uiteindelik vort is uit jou sisteem nie …

Maar wat my seker die meeste grief van die tipe plekke: As stille getuienis van die plek te tipe klante bly die voordeur permanent gesluit en word slegs oopgemaak wanneer die patrons 100% seker is jou rekening is betaal. Die moerse groot bord teen die muur wat lees “No take aways are allowed in plastic bags, tupperware or any other form of container” benadruk hierdie notion.  Hulle deursoek selfs mense met suspicious sakke by hulle. Dis seker veilig om te aanvaar dat die eienaars al tevore ‘n bloutjie of twee geloop het voor hulle die maatreëls noodgedwonge moes aanbring. Ek meen watter tipe mens maak hom aan sulke gedrag skuldig? Waarskynlik die tipe wat all you can eat buffet restaurante like!  Nietemin maak die plek vermoedelik geld soos bossies. In Suid-Afrika bestaan daar mos die geloof dat wanneer iets gewild is en baie geld maak, dat dit noodwendig kwaliteit moet wees.

Advertisements

About In vino veritas

Some uncomfortable and sometimes misguided truths..
This entry was posted in Ongekategoriseerd and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Buffet Restaurante is ‘n euwel….

  1. Emil sê:

    Take Ways! Stel jou voor!

    Ek het lankal geleer om nie oor-honger in so ‘n restaurant te gaan eet nie. Jy oordoen dit by die eerste bord al, en dan is waarde totaal holderstebolder! Ek skep deesdae maar sulke peuselhappies, ampers soos ‘n vingerete en kan dan ‘n paar keer terug gaan.

    Dis seker soos in alles lekker in die lewe: met matigheid.

  2. Skoenlappr sê:

    en jy betaal R145 as jy wil eet EN drink as much as you can … (house wines, bier en gaskoeldrank)
    been there, done that.

    ek is ook nie een vir sulke goed nie.

    Was nou die dag by Quarter Deck by GrandWest, daar eet jy ook mos genoeg vir R120. Hierdie tipe ding staan my lankal nie meer aan nie. Ek geniet eerder ‘n bordjie sushi en glas chardonnay.

  3. Rustig sê:

    Ek werk in die hotel industrie en buffets is vir die my grootste euwel. Dit bring die vark in die mensdom uit en mense mors die kos. Dit is in dieselfde klas as UN voedingskema. Mense vertrap mekaar. Riot se moses.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s