Bobotie – Beter kry jy nie.

Ek ken baie mense en baie mense ken my.Party ken my te goed… Dis seker nou maar die natuurlike verloop as ‘n mens meer as 90% van jou lewe op dieselfde plek bly. Maar dit ten spyt is die hoeveelheid mense wat ek regtig as my vriende beskou en wat ek in die privaatheid van huis innooi aansienlik minder. Om die waarheid te sê as dit meer as 15 mense is sou ek dit as baie ag.

 

Saterdagaand het ek weer die voorreg gehad om twee sulke mense aan huis te hê. Totaal uiteenlopende persoonlikhede maar die jere weet een hillarious oomblik na die ander. Daar is geëet en gedrink en baie gelag, en so tussendeur rugby ook gekyk. Dit laat mens altyd ter nabetragting dankbaar wees vir goeie vriende.

Ek wou aanvanklik Coq au Vin met witwyn maak maar besluit toe dis te veel moeite. Ek het ‘n resep vir bobotie wat na my mening nie enige gelyke het nie. En die nice ding, jy kan die bobotie basies klaar maak en eenkant hou, en dan net later die aand gou bak, die eiermengsel bo oor sit en die rys gou kook. So, toe doen ons die Bobotie en Basmati rys, met ‘n yoghurt sous wat bestaan uit bulgaarse yoghurt, vars gekapte danhia blare, en vars mint, en daarmee saam ook ‘n tamatie sambal bestaande uit tamatie, gekapte ui, gekapte mint, knoffel en ‘n gakapte chili. Natuurlik die klapper eenkant en piesang ook vir die wat wil hê. En genoeg wyn vir ‘n army. Hier is die Bobotie resep net soos ek hom maak.

 

Bobotie 

 

1 kg ordentlike maalvleis

25 ml olie

2 fyngekapte uie

2 fyngedrukte huisies vars knoffel

15 ml “Eleven in one” kerriepoeier

5 ml garam masala

5 ml fyn kaneel

15 ml Borrie

5- 10 ml Sout (proe maar)

10 ml fyn koljander

5 ml peper

100 ml Mrs Balls Original Blatjang (een van die min gevalle waar mens bottelgoed in ‘n resep mag gooi)

3 fyn gekapte vars lourierblare

2 snye witbrood

melk om die brood in te week

3 eiers en 500 ml bulgaarse joghurt vir die bo laag (Jy kan suurroom oog gebruik in  die pek van joghurt)

250 ml sultanas ( of meer as jy verkies)

70 ml fyn amandel

15 ml druiwe asyn

 

Jy maak so

 

Braai die uie en knoffel en lourierblare tot uie deurskynend, nie bruin nie. Pasop dat knoffel nie brand nie

Gooi dan die kerrie, borrie by die uie en braai ‘n minuut of wat dat die geur lekker deurkom. (As jy droë lourierblare gebruik, gooi dit eers saam met die vleis by)

Roer die maalvleis by en braai die mengsel tot die vleissous amper verdwyn.

Voeg sout , peper en koljander en fyn kaneel by, roer deur

Dreineer die geweekte brood en maak fyn met ‘n vurk, roer dit by die vleis

Roer die blatjang, sultanas, amandel en asyn by en roer goed deur. Hier is dit belangrik om seker te maak jou mengsel is nie te droog of te loperig nie.

Laastens kom die masala by. Roer goed deur die vleismengsel maar moenie die masala kook nie.

 

Skep jou mengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en hou eenkant as jy wil. Ek glo daaraan dat die mengsel bietjie moet rus voor jy hom bak, maar niks stop jou om dit onmiddelik te bak nie.

 

Bedek met tinfoelie en bak teen max 160 grade vir omtrent 30 minute.

 

Meng nou die ongegeurde bulgaarse joghurt en eier saam. Jy kan bietjie melk bygooi as dit te dik is. Haal bak uit oond, verwyder tinfoelie en gooi joghurt en eier mengsel bo – oor.

 

Bak ‘n verdere 15 tot 20 minute teen 120 grade tot eier gestol is. ( As die proses te lank neem na my sin grill ek dit sommer gaar, pasop net vir brand.)

 

Dien op met basmati en groente van jou keuse. Onthou die sambal en yoghurt want die Bobotie het ‘n byt! As jy nie van die byt hou nie, gebruik net matige kerrie poeier.

 

(Ek was Satardagaand weer fancy en spoel toe ‘n bykans leë potjie Breyani Mix uit met die asyn wat ek vir die Bobotie gebruik. Ek koop my breyani mix klaar gemaak by ‘n winkeltjie in die Strand. Anyway, so terwyl ons eet noem ek dat ek effe afgewyk het van die gewone resep en voor ek kon klaarpraat seg een van my gaste, “ja, jy het Breyani mix bygesit!” Moer impressed is ek toe, en besef dat mens se gaste somtyds skerper is oor kos as waat jy dink! So wees versigtig….en laat dit ‘n les vir die magdom overpriced restaurante om ons wees….Die publiek is nie so dom soos julle dink hulle is nie..)

 

Die Bobotie resep kom oorspronklik van ‘n eertydse buurvrou, Hannelie Verwey. Sy en haar tannie was besig om al die familieresepte in kookboekvorm saam te stel toe ek bevoorreg genoeg was om ‘n kopie te kry. Ek het intussen die resep ietwat aangepas na smaak maar die basis is ‘n Verwey familieresep.

 

Geniet dit!

Advertisements

About In vino veritas

Some uncomfortable and sometimes misguided truths..
This entry was posted in Resepte en kos goed. and tagged . Bookmark the permalink.

14 Responses to Bobotie – Beter kry jy nie.

  1. boendoe sê:

    Ha! Ek is die mince queen, en bobotie is my forte. Ek staan vas by Annette Human se Wenresepte 3-bobotie, maar ek sal joune ook uitprobeer.

    BTW, ek het eendag in ‘n gay tydskrif gelees (neeee, ek’s nie!) ‘n ware bobotiemaker MOET Afrikaans en ‘n moeder wees. Het baie chuffed gevoel, want ek kwalifiseer dan 100 %!

  2. oo jere, so ek kwalifiseer dan glad nie, behalwe Afrikaans is ek nog gay nog ‘n moeder! Ons eet vanaand ‘n bobotie as deel van Bra Albert se afskeids ete en dranke…

  3. Irma sê:

    Jeeeeeslaaik!, ek’s impressed. Wil nou net graag weet, eks ‘n moeder, afrikaans, so straight soos ‘n breinaald, werk in ‘n ingelse huishouding (op my oudag ‘n Oupeer vir Ierse vader en 3 seuns), ekke vegetariër, die baas raak ongesteld van ‘wheat & gluten”,( so brood is uit), ouboet die eet net vleis, rys, aartappels tjoklits en tjips. Die ander twee die eet als, m.a.w. ek kook vir 4 verskillende smake hierso.
    Kan ek dalk Cornflakes gebruik ipv brood? En wat van die dooie diere wat ek nie eet nie – wat kan ek ipv vleis gebruik?

  4. he he he, ek is bevrees die resep is so soos hy is. Dooie diere is soortvan ‘n moet. Jy kan seker soya probeer maar ek sal nie weet hoe dit smaak nie.

    Die brood is net om die vleis te bind, ek is seker jy kan dit met enigeiets anders bind wat smaak reuk en geurloos is en nie gluten bevat nie? Cornflakes het ‘n smaak so dit sal nie deug nie.

    sterkte nietemin!

  5. Ek het bobotie met Quorn (Mycoprotein) gemaak. Glad nie so lekker soos vleis nie maar nie te sleg nie.

  6. Neil sê:

    daar is nou eenmaal maar net geen plaasvervanger vir vleis nie… 🙂

  7. Chaneen sê:

    Sit nou al 3 jaar in Austalia en gryp toe die eerste Bobotie recep wat ek kon kry “wat goed lyk”. Dit was great!!! My kinders (10 en 13) het nie eers geweet dit is nie maar was mal daaroor. Dit was nes ek dit onthou en nog beter. Die fyn detail het dit gemaak. DANKIE.
    Van
    Die reguit, gebroke Afrikaner moeder in Aus!!!!

  8. Charmaine sê:

    Hi, ek sit nou hier in New Zealand en ek mis die smaak van ons SA kossies. Ek is so bly ek het toe op die Bobotie resep afgekom want vir hom gaan ek beslis vannaand maak.

    Groete daar vir julle almal. Mis my land baie.

  9. Neil sê:

    Dis ‘n baie lekker resep ja Charmaine…

    Ek bly steeds in SA en wonder self wat van die beloofde land geword het waarop ons so gehoop het met die 1994 verkiesing….

    Die rewolusie het sy ongelukkig kinders opgevreet.

  10. Marinus sê:

    Ek het hierdie resep al so half-dosyn keer gebruik, en dit is een van my gunstelinge. Ek maak hom vir my eie genot, natuurlik, maar ook telke male as ‘n demonstrasie van egte Suid-Afrikaanse kos vir my vriende in die buiteland, en dit is altyd ‘n treffer. Omdat ek heelwat vegetariese vriende het, het ek ‘n bietjie moeite aangegaan om ‘n vleis-vreie weergawe van dié resep te maak. So, as iemand anders wonder hoe om ‘n vegetariese weergawe te maal: wat ek doen is ek vervang die 1kg vleis met 3 blikkies (1.2 kg) van nierbone (red kidney beans). Dis al, maak net seker om die bone behoorlik te dreineer vooor jy hulle gebruik. Ek’t dit al reggekry om ‘n egte Suid-Afrikaanse tannie te verras dat dit nie vleis op haar bord is nie: die nierbone is ‘n goeie plaasvervanger vir die tekstuur van die vleis, en hy suig die kerrie baie lekker op.

    Vir ‘n glutenvrye weergawe kan jy mielieblom gebruik inplaas van die brood, of enige van die ander normale maniere van brood vervang in resepte. Die een ding wat ek nog nie reggekry het nie is om ‘n oortuigende eierlagie te maak sonder eier (vir my veger vriende). In sulke gevalle gebruik ek dié bobotie resep as ‘n basis vir frikkadelle: dit werk ook!

  11. Neil sê:

    Dankie vir die vegetariese weergawe Marinus.

  12. Edna Gee sê:

    Wat kan ek as ‘n plaas vervanger vir Chutney gebruik hier in Italie kan mens dit nerens kry nie, ek het al asian winkels en als gaan soek. Ek wil konfyt probeer, maar vrek ek mis mrs balls.

  13. Neil sê:

    Edna appelkooskonfyt sal werk as jy nie Mrs Balls kan kry nie

  14. jacky3erasmus@gmail.com sê:

    Ek kan nie kook nie en tot my man wat bobaas kok is het vir my gese dit is baie lekker. Dit is voorwaar n wenner Bototie Resep . . baie dankie .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s