Kos: Mediterreense Lamsboud met roosmaryn en suurlemoen

Hierdie is by verre my gunsteling resep vir lamsboud. Johrné, Alet , Melt en Naomi sal daarvan getuig want dis omtrent al wat hulle by my kry om te eet. Ek voel al half skuldig maar lamsboud is volgens my die goedkoopste en lekkerste manier om baie mense kos te gee.  Omdat dit nutteloos sou wees om ‘n hele boud net vir my en vroulief gaar te maak wag gewoonlik vir gaste om die gereg te maak. Ek is verskriklik lief vir die Mediterreense manier van kook. Suurlemoen, olyfolie, roosmaryn, lourier, olywe ens. Dus moer ek suurlemoen oor en in alles. Ons suurlemoenboom kan nie voorbly nie.

Die resep is ‘n “hybrid” van Kleftiko lam. Alhoewel die gaarmaak en bestandele baie ooreenstem met die tradisionele Griekse Kleftiko voel ek nie dis reg om na hierdie resep as Kleftiko te verwys nie. Daarom noem ek dit liefs Mediterreense Lam

Mediterreense Lam

Jy het nodig

Natuurlike lamsboud van so tussen 1,7 en 2 kg

Goeie olyfolie

Botter (Margarine werk nie)

Vars gemaalde Robertsons heel swartpeper

Robertsons Seesout

1 en ‘n halwe suurlemoen

eetlepel Robertsons droë roosmaryn

meel om te sprinkel

Jy maak so:

Die resep is bitter eenvoudig. Sorg dat jou boud mooi skoon is en vet getrim is.

In ‘n pestel en mortar maak 1.5 teelepel heel swartpeperkorrels fyn saam met ‘n eetlepel droë roosmaryn. Voeg die sout ook by en grind tot lekker fyn

Neem nou ‘n suurlemoen en druk die sap bo-oor die boud. Vryf  lekker in

Nou neem jy jou sout , peper en roosmaryn mengel en vryf dit lekker in die boud.

Gooi nou ‘n paar sprinkels olyfolie boo or die boud en vryf dit ook lekker in. Weese versigtig dat jy te veel van jou kruie afvryf nie.

Besprinkel die boud bo liggies met meel. Hierdie meel sal later ‘n lieflike kors vorm.

Druk so drie of 4 knoppe botter bo op die boud

Druk nou nog so ‘n halwe suurlemoen se sap bo-oor

Laastens sprinkel die boud met nog so ‘n paar strepe olyfolie.

Ek doen al hierdie voorbereiding in dieselfde pot waarin die boud gaargemaak word.

Maak toe en sit in die oond teen 140 grade vir omtrent 3 en ‘n half tot 4 uur. Ek verkies dat die vleis sag is en van die been afval. Daarom gebruik ek ‘n Römertopf om die boud in gaar te maak. Niks stop jou egter om dieselfde resep te volg en die boud volgens jou gewone metode gaar te maak nie.

Net ‘n paar tips. Die kruie mengels se hoeveelhede hang uiteraard af van die grootte van die boud. Wees versigtig vir te veel sout. Moenie te min roosmaryn gebruik nie. Dis die hart van die resep. Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar aartappelskywe ook by die bou in hoofsaaklik omdat ek te lui is om chips te maak! Dis egter nie nodig nie. Die vleis gaan baie lekker saam met basmati rys of kapokaartappels, beetslaai en groente van jou keuse.

Geniet hom!

NS: As jy nog nie ‘n Römertopf het nie, kry een. Dit sal jou lewe verander.

Advertisements

About In vino veritas

Some uncomfortable and sometimes misguided truths..
This entry was posted in Resepte en kos goed. and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Kos: Mediterreense Lamsboud met roosmaryn en suurlemoen

  1. Anna sê:

    Jou resep het my geinspireer om ‘n ongebruikte trougeskenk (Romertopf – al 16 jaar gelede gekry!) uit te sleep. Die lam was heerlik, dankie vir die inspirasie – sal nou ook die Romertopf gereeld gebruik.

  2. Neil sê:

    Bly om te hoor Anna. Jy kan solank begin dink aan ‘n back up Romertopf koop want ek kan jou verseker jy gaan hom nou baie begin gebruik.

    Maak net seker jy volg die skoonmaakinstruksies nukeurig, en dit help om meer as een vir die verskillende tipes vleis te hê.

    Wonderlike goed nietemin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s