Kos: Tannie Tini Vorster se maklike wildsboud met rooiwyn, bacon en rosyne en Mrs Balls..

Bra Jaco Kirsten het vir my die ongelooflikste wildsvleis gebring. ‘n Springbokblad, een moerse boud en twee enorme fillets. “Kalahari Springbokke” sê Jaco, hulle is baie groter as die res van hul niggies en nefies regoor Suid-Afrika.

Verlede naweek het ek en vroulief en my Ma die een fillet genuttig. Eerskomende Vrydagaand is dit die beurt van die boud. Wes-Kapenaars is mos maar sku vir wildsvleis (behalwe natuurlik in die vorm van biltong.) Resepte is maar skaars en maar bitter eendeminsioneel. Meeste wildsvleis resepte behels ‘n ellelange proses van dae lank marineer en die gestop met vetstukke. Persoonlik dink ek dis bietjie overkill. Teen die tyd dat die proses klaar is kan jy kwalik die wildsvleis proe. Vanoggend gaan krap ek tussen my Ma se snippers resepte en kom op hierdie handgeskrewe resep af. Die titel lui “Tannie Tini Vorster se wildsboud resep”. Blykbaar het Ma die resep jare gelede iewers afgeskryf. En ja, dit is die resep van die nimlike Tannie Tini, eggenote van wyle Balthazar Johannes (BJ) Vorster, een van ons voormalige Staatspresidente.   Ek loer die bestanddele so en besef hierdie een is die here weet ‘n try werd. Hier is  hy dan, krediet moet gaan aan Tannie Tini.

Tannie Tini Vorster se maklike wildsboud met rooiwyn, bacon en rosyne.

Wat hierdie resep so aanloklik maak is dat dit nie vereis word dat die boud vir dae in iets moet marineer nie. Jy het ook nie daai walglike stukke spek nodig nie. Die storie werk so… en dis vir ‘n boud van so 1 tot 1, 5 kg….Ek sal dit bietjie moet aanpas, want my boud is ten minste 2.3 kg.

Eerstens vee jy die boud mooi skoon met die binnekant van ‘n halwe suurlemoen. Sny al die vliesies en los dinge mooi af.

Neem ‘n groot stuk tinfoelie en plaas dit binne-in ‘n oondbakpan. Plaas die boud in die middel van die foelie.. Die idee is om die foelie rondom die boud te vou op so ‘n manier dat dit ‘n tuit na bo vorm – wat jy styf kan toedraai, sodat daar darem nog plek vir lug tussen die foelie en vleis is. As jou foelie te klein is, las twee stukke aanmekaar.  Maak maar seker die storie is dig geseël. Dis baie belangrik.

Nou meng jy die volgende speserye om ‘n “rub” te vorm:

1 eetlepel sout

½ teelepel fyn naeltjies

½ teelepel peper

1 ½ teelepel fyn koljander

¼ teelepel fyn “all spice”

Vryf nou hierdie rub deeglik in jou boud in wyl dit reeds op die foelie lê.

Smeer volgende bo-oor die boud ‘n deeglike smeersel Mrs Balls gewone blatjang, of appelkooskonfyt of ‘n 50/50 mengsel van die twee.

Bo-op die blatjang kom nou ‘n handvol of twee pitlose rosyne (of geweekte droeë perskes wat al lekker geswel het). Lg. is egter deesdae so duur en van so ‘n swak kwaliteit dat ek rosyne verkies.

Heel bo-op pak jy nou ‘n paar slierte streaky bacon.

Teen die tyd moet jou tuit al amper gevorm wees. Gooi nou ‘n koppie (of meer as dit min lyk) goeie rooiwyn (onthou…as wyn te sleg is om te drink is dit beslis ook te sleg om mee te kook) bo by die tuit in saam met ‘n paar lourierblare, twee of drie heel naeltjies en ‘n paar swart peperkorrels.

Vou die tuit deeglik en dig toe, maak seker daar is nêrens ‘n lekplek nie.

Bak nou die tinfoil (wat binne die oondbak lê) in ‘n oond teen 150 grade tot die boud gaar is. Die resep sê jy moet die boud nog kan sny. As dit jou ding is, maak so.  Ek aan die anderkant gaan hom lank en stadig maak dat die vleis van die been afval. (Oorskietvleis maak ‘n moerse lekker wildspastei…)

Jy kan af en toe loer as jy wil en as die boud nie bruin genoeg is nie nog ‘n paar streaky bacon’s opgooi en dit oop laat in die oond tot lg. crispy is.

Dien op met rys  groente en dalk ‘n stowe vruggies van jou keuse. Appels en ertjies met Basmatirys sal my keuse wees. Drink baie wyn saam maar moenie met jou gaste baklei nie. Nobody likes a wise-ass..

Hier is min of meer ‘n fotobeeld van hoe die storie aanmekaargesit is..

Advertisements

About In vino veritas

Some uncomfortable and sometimes misguided truths..
This entry was posted in Resepte en kos goed. and tagged , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Kos: Tannie Tini Vorster se maklike wildsboud met rooiwyn, bacon en rosyne en Mrs Balls..

  1. murphmuurprop sê:

    Thanx aan beide Bra’s Kroese & Kirsten!

  2. Neil sê:

    🙂 moerse plesier Murph.

  3. Skoor sê:

    Ek wil nou se jy kan dit in my bakoond kom indruk, maar ek weet nie of dit veilig vir jou sal wees nie!

    Mrs Balls is darem wragtag eg Kaaps. Dit het darem net ‘n manier om kos te lig.

    Lekker eet. Ek het nie bok boud kontakte nie, maar niks fout om dit effe aan te pas vir ‘n skapie nie.

  4. Neil sê:

    Jys 100% reg en spring my bietjie voor, wou self iets noem daaroor. Hierdie resep is net so goed vir ‘n skaapboud ook.

    Oor die veiligheid van jou bakoond…dit hang seker maar af van die oond se hitte.. 🙂

  5. Elize sê:

    Ek try dit die naweek wat voorle op twee wildsboude – sal rapporteer! Kan nie wag nie! Dankie vir die resep!

  6. Neil sê:

    Plesier, maak net seker die been in die boud is weg van die foelie. het al met my gebeur dat die been ‘n gat in die foelie steek soos die boed uitsit tydens die kookproses. As dit gebeur droog hy verskriklik uit en lek al die sap na buite die foelie. Nie die ideaal nie.

  7. Magtig broer Murph dit klink of al die goeters in tant Tini se resep behoorlik met mekaar sal kan trou . Ek het n vars gemsbok boud en sal jou laat weet of hy hier in Zululand ook soo mooi afgaan .
    groete
    Kobus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s