Easy “Penne alla Puttanesca”

Image

This recipe really takes less than 30 minutes to prepare. Ideally you want the sauce to be done the same time the pasta is cooked.

You need:

400g  Penne

Maldon salt to taste

Freshly ground pepper to taste

Couple lugs Olive oil

4 chopped garlic cloves

1 ½  ts dried oregano

3 chopped birds eye chilies

8 – 12 anchovies chopped

Handful of chopped capers

Handful chopped stoned olives

Handful fresh basil, chopped

2 x 420 g tins of quality whole peeled Italian tomatoes. Chop tomatoes yourself.

You do:

Put the pasta water on, and try and time the sauce and pasta to be done simultaneously.

In a pot, fry the chili, oregano, garlic and anchovy on med/high heat until the anchovies dissolves, and the garlic is almost brown (not burned).

Turn heat right down and add the tomatoes, salt and pepper, as well as capers.

Let it bubble away, very slowly while pasta is cooking. You are looking for that classic velvet sauce that coats the back of a spoon. About 10 minutes before pasta is done, ad olives to sauce. (I prefer it this way, over cooked olives has a tendency to go bitter)

Once the sauce has become creamy velvety consistency, turn the heat of, and add the chopped basil.

When the pasta is done, drain and mix with tomato sauce. Sprinkle with a generous helping parmesan and enjoy.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged | Lewer kommentaar

Fokkers and Messerschmitt’s..a funny story

An old Irish World War II Spitfire pilot and flying ACE, was speaking in a

church and reminiscing about his war experiences. “In 1942,” he said, “the

situation was really tough. The Germans had a very strong air force. I

remember,” he continued, “one day I was protecting the bombers and

suddenly, out of the clouds, these Fokkers appeared.”

There were a few gasps from the parishioners, and several of the children

began to giggle. “I looked up, and realized that two of the Fokkers were

directly above me. I aimed at the first one and shot him down. By then,

though, the other Fokker was right on my tail.”

At this point, several of the elderly ladies of the church were blushing

with embarrassment, the girls were all giggling and the boys laughing

loudly.

The pastor finally stood up and said, “I think I should point out that

‘Fokker’ was the name of a German-Dutch aircraft company, who made many of

the planes used by the Germans during the war.”

“Yes, that’s true,” said the old pilot, “but these fokkers were flying

Messerschmitts.”

Tagged , , , | Lewer kommentaar

Neil se Groenboontjiebredie met lam skenkel en lieslappe

Eenvoud is na my mening die allerbelangrikste bestandeel van ‘n goeie bredie.  Enige bredie:  waterblomme-, kool-, tamatie- en groenboontjiebredie.  Ek en vroulief het onlangs tydelik ons blyplek in Dorpstraat verruil vir ‘n plek in die leafy suburbs van Stellenbosch. Soos dit maar gaan met ‘n getrekkery word links en regs ontslae geraak van nuttelooshede wat oor die jare opgeraar is, vir daai “mens kan dit dalk nog gebruik” dae, wat uiteraard nooit kom nie.  So tussen die getrek kom ek op ‘n klomp ou handgeskrewe resepte van my ouma af. Om die waarheid te sê was ek onder die indruk dat ons hierdie paar velle lank reeds verloor het.

Die heel eerste resep is vir haar Groenboontjiebredie. Die spesifieke resep dateer uit 1938, twee jaar voor my Ma op Koringplaas gebore is. Wat ek interessant vind is die feit dat dit uit die depressiejare kom en dat daar spesifiek genoem word dat skaapskenkel en lieslap vir die resep gebruik moet word. In 1930 was dit weggooivleis – vandag peperduur.

Die resep word anders voorberei as die manier hoe ek vandag bredies maak.  So hierdie is my eie kombinasie van hoe my ma my geleer het en hoe haar ma in die depressietye bredies gemaak het.

Jy het nodig:

So 500 g skaapskenkel

So 700 g lieslappe, in 4×4 cm blokke gesny. (Soek mooi lappe met meer vleis as vet.)

1.5 kg groenbone, gekerf in 1- 2 cm stukkies

2 mooi groot uie gekap

6 tot 8 med aartappels, geskil en in die lengte gesny (moenie blokkies kap nie)

Paar skeute Worcestershire sous

Water (hoeveelheid sal afhang van jou potgrootte en hoeveelheid vleis)

1 koppie goeie droë witwyn

Sout na smaak

Vars gemaalde swartpeper na smaak

Teelepel bruin suiker (nie die heel dik caramel suiker nie – bruin suiker)

‘n Skeut bruin druiwe asyn

Twee teelepels fyn gemaalde koljander

Jy maak so.

As jy dan nou regtig moet kan jy seker ’n drukkoker gebruik, maar dis nie hoe mens bredies maak nie. My “bredie pot” is ‘n drukkoker wat ek by my Ma gevat het, waarvan die deksel en die pot se handvatsel afgebreek toe ‘n winddronk bergie een môre die pot laat val het by die sopkombuis vir wie my ma nou al dekades lank elke week sop kook.  So, tot ek gespaar het vir my 12 liter Le Creuset brediepot sal hierdie een moet deug. Belangrik egter, dis noodsaaklik dat jy van ‘n swaarboomkastrol gebruik maak. Die rede hiervoor sal nou duidelik word.

Maak jou kastrol lekker warm op die stoof. Gooi dan jou skenkels in en begin hul bruin braai. Nee, jy gebruik nie olie nie. Jy sal sien die vleis gaan sit vas onder aan die pot, maar kom self los wanneer bruin. Soms makeer ‘n paar stukkies ‘n bietjie hulp. Moenie bekommerd wees oor die bruin aanbrandsels nie (swart is nie goed nie, maar bruin aanbrandsels is perfek). Draai die skenkel om en bruin aan die anderkant ook op die selfde manier. Nou kan jy jou peper solank bygooi. Soos reeds genoem, peper na smaak. Ek hou van genoeg peper in my groenboon- en waterblombredies.  Sodra die skenkels beide kante mooi kleur het, gooi jy die lieslappe ook by. Lieslappe het ‘n vetjie aan wat sal begin uitbraai en die bruin brandsels aan die pot begin losmaak. Gooi nou jou uie by en braai vinnig saam met die vleis. Moenie die uie verbruin nie, jy wil hulle net deursigtig maak. As die storie begin droog word gooi jou skeute Worcestershire sous by om die laaste bietjie skraapsels aan die pot los te maak.  Roer maar mooi en maak seker jy kry alles los onder.  Dis die smaak wat jou bredie net daai aks verby die normale sal help.

As die Worcestershire sous amper droog gekook is gooi jy jou aartappelshalwes by.  Moenie te veel roer nie, laat hulle so bo op die vleisie rus.  Sprinkel die koljander en sout oor. (Sout na smaak, soos Sarie se Barbara Joubert sê, proe jou kos en gooi sout soos jy dit verkies.)

Gooi nou bietjie water by dat dit net die vleis en helfte van aartappels bedek (maw moenie soveel vloeistof ingooi dat die aartappels total bedek is nie).  Volgende kom jou boontjies by en laastens jou sprinkel suiker en asyn.

Sit die deksel op en draai die hitte af na medium. Sit deksel op en gaan ontspan. Moenie die pot roer nie, los hom net so dat die lae so met mekaar begin gesels.  Jy kan af en toe kyk vir vloeistof.  As daar te min is, gooi bietjie water of witwyn by. Myne loop gewoonlik so 2 tot 3 uur op medium laag. Jou boontjies moet sag maar nie pap wees nie en jou vleisie murgsag en van die been af. Na die einde van die kooktydperk kan jy gaan loer hoeveel vloeistof daar is. As daar te veel is, haal die deksel af en laat stadig indamp. Op hierdie stadium roer ek die pot so bietjie dat die aartappels die sousie kan begin bind. Terloops ek besef waarom die oumense die skeut asyn in hul bredies gegooi het. Hulle het nie sagte lamsvleis geëet nie, maar hoofsaaklik die ou ooie wat maar geneig was om taai te wees. Koljander aan die ander kant is mos lam of skaap se beste maatjie. Waak egter net teen te koljander veel ingooi synde die knap jou bredie kan domineer en bitter maak.

Bedien met basmati rys en suurlemoenwiggies.

Wenk:

Ek sny my aartappels doelbewus groot, omdat ek dit van die begin af bygooi. Jy eindig gewoonlik met aartappelstukke wat nog groot is, maar al die smaak van die bredie geabsorbeer het. Die bietjie aartappel wat blus help om die sous te bind. So eindig jy met alles wat jy ingegooi het steeds in die pot.  Jy kry mos mense wat van die kookvloeistof afgooi of die aartappels die laaste 20 minute bygooi. Ek hou nie van sulke smaaklose aartappels nie.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , , , , , , , | 1 Kommentaar

KOS en RESEPTE: Vark “Tenderloin” met Tiemie, Mostert & heuning stadig gaargemaak in RÖMERTOPF.

Vark “Tenderloin” met Tiemie, Mostert & heuning stadig in RÖMERTOPF gaargemaak.

Hierdie is my aanpassing van ‘n resep wat ek op die internet raakgeloop het. Vark is sover dit my aangaan die stiefkind van vleise, iets wat ‘n mens seker kan verstaan as jy so kyk na daai galsterige vet beervleis wat ‘n mens so gereeld as “bargain pork” op winkelrakke sien. Die goed is walglik en oneetbaar.

Vir hierdie resep het ek my slagter gevra om vir my ‘n heel “tenderloin” te ontbeen, en die vel te verwyder. Hy het weliswaar ‘n dun vetlagie behou. Dit hang seker maar af van jou dieetgewoontes , maar ek dink nie dit sal ‘n wesenlike verkil aan die resep maar as die vel en vet behoue bly nie. Ek probeer egter vet vermy, vandaar die besluit om die vel en ‘n deel van die vet te verwyder. Die resep is in my gunsteling RÖMERTOPF kleipot gemaak, maar enige oondskottel met ‘n deksel wat dig sluit sal deug.

Vir die resep het jy die volgende nodig.

1 heel vark “tenderloin”, van so 1.3 tot 1.5 kg

sout en peper

2 eetlepels heuning

1 eetlepel Balsamic asyn

2 eetlkepels bruinsuiker

4 eetlepels whole grain Diljon mostert.

2 teelepels droë riemie

2 klein knoffelhuisies, fyngemaal

1 groot uit rowweg gekap

2 medium appel, geskil en in wiggies gesny

150 ml Savanna Dry Premium cider

bietjie meel om die sous mee te bind indien vereis

Jy maak so…verspot maklik.

Meng die knoffel, heuning, mostert,tiemie,bruinsuiker en asyn alles saam,

Geur die vark liggies met sout en peper en bedruip met die sous. Vryf lekker in.

Plaas nou die gekapte uie en appel op die bodem van jou oondbak en gooi die Savana by. Pasop vir te veel, moet net genoeg wees om die hele bodem te dek en seker te maak daar is voggies in die pot. Plaas nou die varkvleis bo op die bed van uie en appel en gooi al die sous bo oor die vark.

Myne is oond toe teen 135 grade vir 5 uur. (Kooktyd mag verskil van oond tot oond en uiteraard afhangende van watter oondbak jy gebruik. As jy nie ‘n kleipot gebruik nie hou maar ‘n ogie na so 3 uur. Kleipotte word tradisioneel in ‘n koue oond gesit en nie in  ‘n voorverhitte oond nie so die dinamika is ietwat anders. Dit laat egter die kos stadig aan die gang kom en sorg vir ‘n heerlike sappige eindproduk.)

Wanneer gaar skep die vark uit jou oondpot, bedek met tinfoelie en hou eenkant warm. Gooi die pansappe in ‘n pan en damp in tot dit begin verdik. Die uie en appel behoort baie sag te wees en te kelp om ‘n lieflike sous te maak. Indien nodig, maak ‘n pasta van die meel en ‘n bietjie Savanna en verdik die sous daarmee.

Sny die vark in skywe in jou opdienskottel gooi die sous oor, dien op saam met bykosse  van jou keuse. In my geval was dit basmati rys en patat wat net gestoom is in ‘n “steamer” en ‘n groenslaai.

Geniet dit….

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

“Boeuf à la bourguignonne” en fyn aartappel met “horseradish cream.”

Boeuf à la bourguignonne” en fyn aartappel gemaak met “horseradish cream”

Boeuf à la bourguignonne” of “Beef Burgundy” is ‘n Franse resep wat basies neerkom op die stadige stowe van beesvleis in rooiwyn.  Soos “Coq au Vin” net sonder die “Coq”, maar net met “Boeuf”…(ek verneem onlangs van iemand wat dit baie suksesvol met skaapskenkel ook gemaak het, wat dit teoreties seker “Agneau a la bourguignonne” maak …ek hou egter by die “Boeuf”).

Die basis van die resep het ek iewers in ‘n tydskrif raakgeloop, maar moes hom intussen so bietjie aangepas het omdat ek nie ‘n oondvaste kastrol besit wat beide op die “hob” en oond van ‘n stoof gebruik kan word nie.  Ek spaar nog vir my “le Creuset” wat laas toe ek gekyk het net so duskant R1500 gekos het. ‘n Pot vol geld dus. Daarom gebruik ek my trusty Romertopf. Dit beteken uiteraard dat ek die braaiwerk eenkant in ‘n pan doen en dan alles op die ou end in die Romertopf gooi en die dan in die oond sit vir 3 tot 4 ure op 130 grade C. Die oorspronklike resep vereis egter dat jy alles in die oondvaste brediepot doen en dan nadat jy alles gebraai, verbruin en ingedamp het die hele pot oond toe vat. Persoonlik kan ek nie sien dat die metode hoegenaamd aan die smaak ‘n verskil kan maak nie maar nou ja ek probeer geensins voorgee ek is ‘n kos fundi nie.

Jy het die volgende nodig:

(Hierdie resep is genoeg vir tussen 4 & 6 mense..afhangend van hoe honger jou gaste is…by ons maak hy net-net 4 mense…)

Olie om die vleis en uie te verbruin

1.5 kg ontbeende “beef shin” wat in 3 cm stukke gesny is. Dikrib werk ook.

Sout en vars gemaalde swartpeper

2 Medium uie gekap

3 knoffelhuisie gekneus

± 60 ml koekmeel

Een bottel goeie rooiwyn. Moet asseblief nie “plonk” gebruik nie

300 ml beef stock

20 ml tamatiepuree (NIE “paste” nie…)

4 of 5 lourierblare (Vars is altyd beter)

Hand vol tiemie of so 20 ml as jy droog gebruik

250 g streaky bacon in blokkies gesny

250 g klein “pickle” uitjies geskil maar heel gelaat

250 g button mushrooms (ek gooi altyd ektra uitjies en mushrooms by)

Vir die fyn aartappels het jy die volgende nodig.

Aartappel gekook soos gewoon vir fyn aartappels, so min of meer 5 of 6 groot aartappels

Sout na smaak

80 ml room

80 ml Crème fraiche

20 ml peperwortel sous

60 ml botter

melk soos benodig.


Jy maak so..:

Braai die vleis in baie warm olie tot mooi bruin aan beide kante. Doen dit in sarsies, want jy wil nie hê jou pan moet afkoel en die vleis laat water trek nie. As dit gebeur, begin maar weer voor. Wanneer die vleis gaar is skep dit uit en hou eenkant. Ek gooi dit van hier af in my Romertopf. Braai nou die uie in dieselfde pan op ‘n laer hitte tot goudkleurig, so 4 of 5 minute gooi die gekneusde knoffel by en braai ‘n verdere 2 tot 3 minute. Jy sal die knoffel ruik as hy reg is. Hier gooi ek gewoonlik reeds die lourierblare en tiemie by, want die hitte laat die geure soveel beter vrystel. Wanneer die uie en knoffel reg is gooi jy die meel by. Roer aanhoudend tot al die olie geabsorbeer is (soos mens witsous maak). Gooi nou die beef stock bietjie-bietjie by terwyl jy roer om ‘n pasta te vorm.  Moenie dat jou pan afkoel nie. As die beefstock op is kom die rooiwyn by – ook bietjie-bietjie tot die hele bottel bygevoeg is. Gooi die tamatiepuree by en bring tot kookpunt. (As jy ‘n oondvaste brediepot gebruik is dit nou die tyd om die vleis terug by die mengsel te gooi, ‘n bietjie te laat prut en dan in ‘n oond te sit teen 130 grade vir omtrent 3 tot 4 uur.) Laat kook so vir ‘n minuut of twee. Dis nogal belangrik, want in die geval soek ons nie juis die alkohol in die wyn nie. So laat hom ‘n bietjie indamp. Gooi nou die sous by die vleis in die Romertopf, sit die deksel op en sit in die oond vir 3 tot 4 ure teen ‘n baie lae hitte. Braai nou die bacon, uie en mushrooms tot lekker bruin en hou eenkant. Met so 30 minute se kooktyd oor gooi jy die bacon, uie en mushrooms by en laat dit so ‘n verdere 30 tot 40 minute in die oond. (As die sous vir jou ‘n bietjie te loperig lyk net voor jy die uie en bacon ingooi, hier is ‘n truuk wat Jamie Oliver my geleer het. Neem ‘n eetlepel meel en meng dit met botter om ‘n egalige klont te vorm. Roer nou die botter / meel klontjie deur jou bredie. Dit sal jou sous verdik sonder om meel klonte te maak.) Terug by die bredie. Die uitjies moet sag wees, maar nog heel. Sover dit sout en peper aangaan, proe maar na smaak. Wees egter bedag daarop dat die beef stock en bacon reeds sout is. Party mense hou daarvan dat die vleis heel bly, ander gee nie om as dit fyn kook nie. Maak nie vir my saak nie, solank die sous net lekker dik en geurig is.

Vir die aartappels.

Druk jou aartappels fyn soos gewoonlik, geur nou met die crème fraiche, peperwortelroom en room. Moenie alles gelyk bygooi nie, maar seker jy maak nie ‘n pappery aartappel nie. Gooi bietjie melk by as die aartappel te styf is.

Bedien die bredie bo-op die aartappels….hemels!

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , | 2 Kommentaar

Blackened Sirloin met komyn, chilli en lemmetjie

Hierdie is een van my gunsteling maniere om steak gaar te maak. ‘n Braai is ook uiteraard baie lekker veral as die hele samesyn rondom die vuur in ag geneem word, en natuurlik die geselskap en wel ja die dranke wat voor die spys geniet word. Daar is min dinge wat by ‘n braai kom. Die realiteit egter dis nie altyd maklik om steak te braai nie want jy seël nie werklik jou stuk vleis  so goed soos dit geval met ‘n ordentlike warm pan is nie.

My liefde vir spicey sousies oor vleis is wel bekend. Dink maar aan die Argentynse Chimichurri sous. Onlangs lees ek egter hierdie variasie van spicey sousie raak in ‘n tydskrif. van ‘n jaar of wat terug. Die resep is eenvoudig, “blacken” jou vleis vinnig in ‘n baie warm pan, laat rus ‘n paar minute, sny en bedruip met die sousie.

Blackened Beef met komyn, chilli en lemmetjie

Vir die resep het jy nodig

Twee ewegroot en ewe dik stukke sirloin. (ander snitte werk ook maar ek verkies sirloin)

Vir jou sousie het jy nodig:

20 g vars en baie fyn gekapte gekapte pietersielie

10 g vars en ook baie fyn gekapte koljanderblare ( ook bekend as dhania of cilantro)

1 tl fyn komyn

1 tl chilli poeier, jy kan ‘n ½ t look vat as warm nie jou ding is nie (maak tog seker dis een sonder Sudan kleursel!)

1 ordentlike knoffelhuisie ge – crush, mooi fyn

2 “spring onions” fyn gekap

2 eetlepels lemmetjiesap (suurlemoen sal seker werk as dit dan moet…)

½ koppie goeie olyfolie

seesout en vars gemaalde swartpeper.. na smaak

Eerstens meng jy al die sousie se bestandele goed bymekaar en hou eenkant. Dit doen hom natuurlik niks kwaad om so bietjie te staan nie. Hu maar in die yskas, pasop net dat die olyfolie nie stol nie

Maak ‘n ordentlike swaarboom pan solank warm. En ek kan nie meer benadruk nie. Maak die pan moer warm, rook warm.

Druk jou twee stukke sirloin droog met ‘n skoon lappie, vryf met olyfolie en bespring met sout. LW die olie gaan nie pan toe nie, die olie vryf jy op die vleis.

Braai die steak in die pan vir letterlik ‘n minuut aan die eenkant, draai om en herhaal. Haal iut die pan en sit eenkant om te rus vir ten minste 5 na 10 minute. Sny nou die vleis in dun skywe, besprinkle rojaal met die sousie en dien op saam met ‘n lekker brood en ‘n slaai. Avo werk lekker saam met die storie.

LW as jy of jou gaste sku is vir rou vleis is dit dalk nie jou dis nie. Dis sinneloos om hierdie lifelike sous saam met gaar steak te bedien…..

So gepraat van gaar steak. Die legendariese Pepperpot Restaurant in Voortrekkerweg Parow het destyds op hul spyskaarte aangedui dat hulle hul vleis op 4 manier gaar maak, “Blue”, “very rare”, “rare” en “go home”.. Ek kan nie meer met hulle saamstem nie.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , | 2 Kommentaar

Kos: Tannie Tini Vorster se maklike wildsboud met rooiwyn, bacon en rosyne en Mrs Balls..

Bra Jaco Kirsten het vir my die ongelooflikste wildsvleis gebring. ‘n Springbokblad, een moerse boud en twee enorme fillets. “Kalahari Springbokke” sê Jaco, hulle is baie groter as die res van hul niggies en nefies regoor Suid-Afrika.

Verlede naweek het ek en vroulief en my Ma die een fillet genuttig. Eerskomende Vrydagaand is dit die beurt van die boud. Wes-Kapenaars is mos maar sku vir wildsvleis (behalwe natuurlik in die vorm van biltong.) Resepte is maar skaars en maar bitter eendeminsioneel. Meeste wildsvleis resepte behels ‘n ellelange proses van dae lank marineer en die gestop met vetstukke. Persoonlik dink ek dis bietjie overkill. Teen die tyd dat die proses klaar is kan jy kwalik die wildsvleis proe. Vanoggend gaan krap ek tussen my Ma se snippers resepte en kom op hierdie handgeskrewe resep af. Die titel lui “Tannie Tini Vorster se wildsboud resep”. Blykbaar het Ma die resep jare gelede iewers afgeskryf. En ja, dit is die resep van die nimlike Tannie Tini, eggenote van wyle Balthazar Johannes (BJ) Vorster, een van ons voormalige Staatspresidente.   Ek loer die bestanddele so en besef hierdie een is die here weet ‘n try werd. Hier is  hy dan, krediet moet gaan aan Tannie Tini.

Tannie Tini Vorster se maklike wildsboud met rooiwyn, bacon en rosyne.

Wat hierdie resep so aanloklik maak is dat dit nie vereis word dat die boud vir dae in iets moet marineer nie. Jy het ook nie daai walglike stukke spek nodig nie. Die storie werk so… en dis vir ‘n boud van so 1 tot 1, 5 kg….Ek sal dit bietjie moet aanpas, want my boud is ten minste 2.3 kg.

Eerstens vee jy die boud mooi skoon met die binnekant van ‘n halwe suurlemoen. Sny al die vliesies en los dinge mooi af.

Neem ‘n groot stuk tinfoelie en plaas dit binne-in ‘n oondbakpan. Plaas die boud in die middel van die foelie.. Die idee is om die foelie rondom die boud te vou op so ‘n manier dat dit ‘n tuit na bo vorm – wat jy styf kan toedraai, sodat daar darem nog plek vir lug tussen die foelie en vleis is. As jou foelie te klein is, las twee stukke aanmekaar.  Maak maar seker die storie is dig geseël. Dis baie belangrik.

Nou meng jy die volgende speserye om ‘n “rub” te vorm:

1 eetlepel sout

½ teelepel fyn naeltjies

½ teelepel peper

1 ½ teelepel fyn koljander

¼ teelepel fyn “all spice”

Vryf nou hierdie rub deeglik in jou boud in wyl dit reeds op die foelie lê.

Smeer volgende bo-oor die boud ‘n deeglike smeersel Mrs Balls gewone blatjang, of appelkooskonfyt of ‘n 50/50 mengsel van die twee.

Bo-op die blatjang kom nou ‘n handvol of twee pitlose rosyne (of geweekte droeë perskes wat al lekker geswel het). Lg. is egter deesdae so duur en van so ‘n swak kwaliteit dat ek rosyne verkies.

Heel bo-op pak jy nou ‘n paar slierte streaky bacon.

Teen die tyd moet jou tuit al amper gevorm wees. Gooi nou ‘n koppie (of meer as dit min lyk) goeie rooiwyn (onthou…as wyn te sleg is om te drink is dit beslis ook te sleg om mee te kook) bo by die tuit in saam met ‘n paar lourierblare, twee of drie heel naeltjies en ‘n paar swart peperkorrels.

Vou die tuit deeglik en dig toe, maak seker daar is nêrens ‘n lekplek nie.

Bak nou die tinfoil (wat binne die oondbak lê) in ‘n oond teen 150 grade tot die boud gaar is. Die resep sê jy moet die boud nog kan sny. As dit jou ding is, maak so.  Ek aan die anderkant gaan hom lank en stadig maak dat die vleis van die been afval. (Oorskietvleis maak ‘n moerse lekker wildspastei…)

Jy kan af en toe loer as jy wil en as die boud nie bruin genoeg is nie nog ‘n paar streaky bacon’s opgooi en dit oop laat in die oond tot lg. crispy is.

Dien op met rys  groente en dalk ‘n stowe vruggies van jou keuse. Appels en ertjies met Basmatirys sal my keuse wees. Drink baie wyn saam maar moenie met jou gaste baklei nie. Nobody likes a wise-ass..

Hier is min of meer ‘n fotobeeld van hoe die storie aanmekaargesit is..

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , | 7 Kommentaar

Death of a legend – RIP Dave Stock

ZU-BEX last flight before crashing on Saturday

RIP Dave Stock. It’s a terribly sad day for aviation and a sad day for Thunder City’s fleet of magnificent English Electric Lightning aircraft.

RIP legend.

Dave Stock - Legend

Dave Stock - a Legend has moved on...

For more updates on this tragic incident go to  “Pilot went down with plane”

Tagged , , | Lewer kommentaar

Kos: Mediterreense Lamsboud met roosmaryn en suurlemoen

Hierdie is by verre my gunsteling resep vir lamsboud. Johrné, Alet , Melt en Naomi sal daarvan getuig want dis omtrent al wat hulle by my kry om te eet. Ek voel al half skuldig maar lamsboud is volgens my die goedkoopste en lekkerste manier om baie mense kos te gee.  Omdat dit nutteloos sou wees om ‘n hele boud net vir my en vroulief gaar te maak wag gewoonlik vir gaste om die gereg te maak. Ek is verskriklik lief vir die Mediterreense manier van kook. Suurlemoen, olyfolie, roosmaryn, lourier, olywe ens. Dus moer ek suurlemoen oor en in alles. Ons suurlemoenboom kan nie voorbly nie.

Die resep is ‘n “hybrid” van Kleftiko lam. Alhoewel die gaarmaak en bestandele baie ooreenstem met die tradisionele Griekse Kleftiko voel ek nie dis reg om na hierdie resep as Kleftiko te verwys nie. Daarom noem ek dit liefs Mediterreense Lam

Mediterreense Lam

Jy het nodig

Natuurlike lamsboud van so tussen 1,7 en 2 kg

Goeie olyfolie

Botter (Margarine werk nie)

Vars gemaalde Robertsons heel swartpeper

Robertsons Seesout

1 en ‘n halwe suurlemoen

eetlepel Robertsons droë roosmaryn

meel om te sprinkel

Jy maak so:

Die resep is bitter eenvoudig. Sorg dat jou boud mooi skoon is en vet getrim is.

In ‘n pestel en mortar maak 1.5 teelepel heel swartpeperkorrels fyn saam met ‘n eetlepel droë roosmaryn. Voeg die sout ook by en grind tot lekker fyn

Neem nou ‘n suurlemoen en druk die sap bo-oor die boud. Vryf  lekker in

Nou neem jy jou sout , peper en roosmaryn mengel en vryf dit lekker in die boud.

Gooi nou ‘n paar sprinkels olyfolie boo or die boud en vryf dit ook lekker in. Weese versigtig dat jy te veel van jou kruie afvryf nie.

Besprinkel die boud bo liggies met meel. Hierdie meel sal later ‘n lieflike kors vorm.

Druk so drie of 4 knoppe botter bo op die boud

Druk nou nog so ‘n halwe suurlemoen se sap bo-oor

Laastens sprinkel die boud met nog so ‘n paar strepe olyfolie.

Ek doen al hierdie voorbereiding in dieselfde pot waarin die boud gaargemaak word.

Maak toe en sit in die oond teen 140 grade vir omtrent 3 en ‘n half tot 4 uur. Ek verkies dat die vleis sag is en van die been afval. Daarom gebruik ek ‘n Römertopf om die boud in gaar te maak. Niks stop jou egter om dieselfde resep te volg en die boud volgens jou gewone metode gaar te maak nie.

Net ‘n paar tips. Die kruie mengels se hoeveelhede hang uiteraard af van die grootte van die boud. Wees versigtig vir te veel sout. Moenie te min roosmaryn gebruik nie. Dis die hart van die resep. Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar aartappelskywe ook by die bou in hoofsaaklik omdat ek te lui is om chips te maak! Dis egter nie nodig nie. Die vleis gaan baie lekker saam met basmati rys of kapokaartappels, beetslaai en groente van jou keuse.

Geniet hom!

NS: As jy nog nie ‘n Römertopf het nie, kry een. Dit sal jou lewe verander.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , , | 2 Kommentaar

Winterkos: OSSO BUCCO

Van die bestandele waarmee ek my Osso Bucco begin

Van die bestandele waarmee ek my Osso Bucco begin

Nie dat ek trots is daarop nie maar ek gebruik die word “fok” soms nogal ruim. Veral as ek kook en soveel te meer met ‘n swartpot in die oond, want godweet die donner brand mens se hande en veral vingers. En dis seer, Fokkenseer. Vannaand se Osso Bucco saam met die rugby was geen uitsondering nie. Die Bokke het die game gewen en almal is happy happy. Ons kon duskant rustyd nie teen 13 spelers finish nie en ‘n enkele drie druk nie en dit terwyl die Wallabies met gemak twee maal oor ons doellyn is. Ja, ek weet “great teams win ugly” maar ek dink dis ‘n ding wat uit Grey College kom. Ons moes die Ozzies sink voor rustyd. Waarom het ons nie? Gaan ons nou weer die Tri Nations op ons oorsese toer loop staan en verloor daaroor? Ek hoop nie so nie.

Die Bokke kan egter nie vir altyd op Morné Steyn se skopwerk steun nie. Ek soek die flair van Honniball. Soos daai drie wat Slaptjips teen die All Blacks gedruk het in 1997. Ek glo in my hart Peter de Villiers beweeg in daardie rigting, maar sy opsies en besluitneming is nie altyd so duidelik nie.…ok. Kos.

Hierdie een OSSO BUCCO is gebore uit ‘n ou  “Maak ‘n Las” resep. Ek het al vergeet van hom. Soos TV programme maar is moer hulle somtyds goed in resepte net om borge gelukkig te hou. Dit was ook die geval met hierdie resep en ook die rede waarom ek hier en daar ‘n paar goed verander het. Laat ons nou nie vir mekaar lieg nie, daai blikke met die ready mix tamatie, basil ens smaak eenvoudig kak. Ek haat daai preservative ondertoon wat in almal teenwoordig is. Sodra jy so iets in ‘n resep gooi om bv in ‘n oond of iets te bak neem die preservative en stabiliseerders en so aan die totale resep oor en veretter die smaak totaal.. So vir hierdie resep gaan sover moontlik vir vars produkte met die uitsondering van die blikke gekapte tamaties.em droë basil en origanum..

Jy het die volgende nodig, en lw ek is maar geduldig met die mates en hoeveelhede want dit hang maar af van jou pot grootte ens .

OSSO BUCCO

Soos alles goed begin ook hierdie Osso Bucco met:

Gelyke hoeveelhede gerasperde wortel, gekapte uie en gekapte seldery. Wees ruim want jy redelik nodig, sê so tweehande van elke.

6 of sewe stukke kalfskenkel met die murgbeen in, so 2,5 cm, dik gesaag.( Jy kan seker gewone bees skenkel (shin) ook gebruik maar dis baie groter as kalfskenkel en sal uiteraard langer nee mom gaar en sag te word).

2 blikke gekapte tamaties. Soek maar ‘n ingevoerde Italiaanse een want die plaaslike (en in baie gevalle duurder weergawe ) smaak sleg. Te waterig en suur.

3 koppies ordentlike rooiwyn

bakhand gekapte vars pietersiele (Die mos pietersielie is fine, maar ek verkies die platblaar Italiaanse een)

3 teelepes vars gekapte knoffel gekap.(NIE daai bitter klaar gekapte goed wat so in die olie dryf)

2 en ‘n halwe teelepel droë Sweet Basil ( As jy vars het so twee koppies vars gekap)

2 en ‘n halwe teelepel droë origanum (As jy vars het, so een koppie vars gekap)

Die skil van een suurlemoen (lemon rind) moenie te veel van die wit raakskil nie en gebruik die gladde skil suurlemoen

Die sap van daaiselle suurlemoen

Sout en vars gemaalde swartpeper

Meel

Olyfolie en botter vir braai (besluit self oor die hoeveelhede)

Parmasaankaas en nog gekapte pietersielie vir boo or strooi. (hier is die platblaar italiaanse pietersielie die aangewese opsie).

ossobucco2

Di Napoli tamaties is my gunsteling. Spar hou dit aan.

 

Jy maak so.

Voeg die geblikte tamatie, rooiwyn’n teelepel (pasop vi rte veel sout) sout en peper,  origanum , sweet basil en backhand pietersielie bymekaar in ‘n grootgenoeg  beker of bak. Meng goed en hou eenkant.

In ‘n swaarboomkastrol of pan blancheer jy die wortel, uie, seldery en een en ‘n half telepel knoffel in olyfolie en botter tot sag maar nooit verbruin of gebrand nie. Pasop veral vir die knoffel. Bitter knoffel deug nie hier nie.

Maak nou ‘n mengsel van meel, vars swartpeper en sout. Rol nou al die skenkel in die meel en bedek goed.

In ‘n ander oondbestande swaarboomkastrol gooi jy nog olyfolie en botter (nie te veel nie) en verbruin die meelbedekte skenkel hierin. Neem jou tyd en draai die stukke gereeld tot hulle almal mooi goudbruin gebraai en geseël is. Skep uit en hou eenkant.

Nou neem jy die die wortel,knoffel,uie en selderymengel en skep ‘n laag onder in die pot waarin jy pas die vleis  verbruin het. Jy maak dus ‘n bed vir die skenkel. Pak nou jou skenkel mooi bo-op die bed groente, en dis waarom ek aanvanklik gesê het jy moet seker maak daar is genoeg groente, nou skep jy die oorblywende groente weer bo –oor die skenkel..

Die pot net voor hy oond to gaan. Die een was bietjie vol maar het nietemin fantasties uitgekom.
Die pot net voor hy oond toe gaan. Die een was bietjie vol maar het nietemin fantasties uitgekom.

 Gooi nou jou sous bo-oor die hele spulletjie in die pot. Sprinkel die lemon rind ook by en druk so ‘n paar skeute suurlemoensap ook by.

Die pot gaan nou oond toe , ek verkies ‘n langer kooktyd teen ‘n lae hitte. Ek doen myne oor drie tot drie en ‘n halfuur teen 140 grade.

Hou maar dop dat die vog nie te min raak nie. Jy kan met water of nog wyn optop indien nodig.

Wanneer die storie gaar is bedien of op rys, kapokaartappel of saam met ‘n pasta van jou keuse. Besprinkel met vars gekapte platblaarpietersielie en parmasaankaas. Heerlik!

So lyk hy in die bord!
So lyk hy in die bord!

 

Geniet dit.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged | 2 Kommentaar

Winterkos: Beesvleisbredie met paprika, kaneel, lourierblare en origanum..

Sonia Cabano op die voorblad van haar boek "Kombuis"

Sonia Cabano op die voorblad van haar boek "Kombuis"

Vir hierdie resep bedank ek die nimlike Sonia De Waal Cabano. Dis een van die resepte wat eersdaags in haar opvolg kookboek tot “Kombuis” gaan  verskyn en ek is bevoorreg dat sy dit met my gedeel het en toestemming verleen het dat ek dit blog. Dankie Santjie!

Met my liewe vrou aan my sy het ons van die sopnat koue Saterdag gebruik gemaak om hierdie fantastiese resep onder toesig van ons vriend Yonder Hill  Merlot aanmekaar te slaan. Soos alle goeie dinge in die lewe, rustig en op ons tyd.

Ek is mos maar ‘n amateur kok en foute is maar deel van my daaglikse kulinêre pogings. Daarom deel ek graag ‘n paar “uit ondervinding” tips met my mede amateurs. Vir die vleis in die bredie stel ek voor jy gaan na jou slagter en vra vir hom om vir 1.5 kg dikrib te saag. Vergeet van ons rip off supermarkte, ondersteun jou plaaslike slagter. Vra hom vir die mooiste dikrib wat hy het, met min vet en genoeg vleis aan. Ek het die mooiste vleis by Bert Desseyn hulle se Birdstraat Slagtery op Stellenbosch gekry. Laat jou slagter vir jou die stroke dikrib opsaag in kleiner stukke van so 4 cm elk. Voor jy die vleis begin gaarmaak maak seker jy krap al die saagsels af van die stukke. Dis mos maar ‘n ding met bene saag. Ek gril daarvoor, so ek krap dit altyd skoon. Moet in godsnaam net nie die vleis was onder die kraan nie!

Soos Sonia ook noem, tydsaam, stadig, lae hitte…dis die geheim van hierdie ongelooflike bredie. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. As jy hom gaan jaag gaan jy kak aanjaag. Neem jou tyd en hou die hitte laag.  As jy nie “mace” in die hande kan kry nie, laat dit uit. “Nutmeg” is nie ‘n geskikte plaasvervanging nie. Probeer egter die moeite doen om “mace” in die hande te kry.  Wees ook versigtig met die sout en peper. Jy kan later meer bygooi. Ek noem dit want vir ‘n novice soos ek is die term “sout en peper na smaak” ‘n onmoontlike om reg te kry. Dus het ek geleer om liefs konserwatief daarmee te werk. As jy nie hou van ‘n effe byt in jou kos nie kan jy die cayene (rooi) peper uitlaat. Ek verkies dit egter.

Ter wille van kwaliteit plaas ek die resep net soos ek dit van Sonia ontvang het. 

Beef stew with paprika, cinnamon, bay and oregano

 

A mere hint of cocoa lends this simple beef stew a gloriously rich colour and irresistible aroma. Long, slow braising at low heat melts the connective tissue and bone gelatine in the stewing beef – traditionally the cheaper and often overlooked, ‘tougher’ cuts – to a sensuous succulence I sometimes prefer to grills. A bit of stirring and frying is all that’s really required before popping it into the oven – what could be easier?

Serve with heaps of buttery mash and peas on a blustery day to perk up your spirits.

Jy het nodig:

Serves 4-6

4 T (60ml) oil

2 medium onions, peeled and minced

2 t (10ml) crushed garlic

4 medium carrots, peeled and chopped

1.5 kg cubed stewing beef, with some bone

2 t (10ml) ground cumin

1 T (15ml) plain paprika

1 T (15ml) smoked paprika

2 t (10ml) ground mace

1 t (5ml) ground cinnamon

4 bay leaves

1 t (5ml) cayenne (optional)

3 T (45ml) chopped fresh parsley

2 t (10ml) chopped fresh oregano leaves (remove stems)

3 cups (750 ml) hearty beef stock (made with 1 ½ cubes)

2 T (30ml) tomato concentrate (tomato paste, dis dieselle ding)

1 t (5ml) cocoa powder

Salt and pepper

Jy maak so:

1. Heat the oil in a large heavy bottomed oven-proof casserole with tight-fitting lid and gently fry the onion, garlic and carrots for about 20 minutes until just beginning to brown and soften. Add the beef and cook while stirring until the beef begins to brown.

2. Add the remaining ingredients and stir very well. Put the lid on and place either in the middle of an oven pre-heated to 170 degrees Celsius, or turn the heat very low and simmer on the stove-top for 2- 2 ½ hours. The meat should be meltingly tender and succulent. Do not let boil ever, which will toughen the meat and make it flavourless – mere bubbles should plop to the surface every now and then.

3. If the sauce is too liquid at the end of cooking, scoop out the solid ingredients with a slotted spoon and rapidly reduce the sauce over high heat to the desired richness before returning meat and vegetables to the pot.

4. Serve with a garnish of chopped fresh parsley, over plenty of buttered mash potatoes.

Hierdie is die ultimate kuier bredie op koue nat wintersaande. Dit verg ‘n klein bietjie prepwerk maar die oond doen die meeste werk. Ek was aanvanklik ewe skepties as opgewonde oor die 5 ml cocoa poeier, maar glo my, dit is die magic bestandeel.

Hierdie bredie op kapokaartappels is die ultimate dekadensie. Geniet dit met goeie geselskap en ‘n drinkdingetjie.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , | Lewer kommentaar

Kos: Chimichurri-sous – ‘n alternatiewe braai-gedagte

ʼn Ordentlike braai het na my mening basies net een reël en dis ironies van toepassing op die gaste. Jy raak nie aan jou gasheer se vuur nie! Behalwe natuurlik wanneer hy vra. “Raak nie aan jou gasheer se vuur nie” sluit onder meer die volgende in. Jy gooi nie nog hout op nie, jy gooi nie die plastieksak waarin die hout gekom het op sy vuur nie, jy tip nie jou sigaretas in sy vuur nie en jy gooi nie stompies, sellofaan van sigaretpakkies, tissues, papierservette en dies meer in die vuur nie. Soveel meer terwyl die vleis besig is om te braai. Jy raak nie aan sy rooster nie en jy raak nie aan sy vleis nie.

Kortom, hou jou hande van my vuur af!

Soos die geval met baie Suid-Afrikaanse seuns het my Pa my leer braai. Skaap en lam, hoender, vis, wors en braaibrood. Ek braai vandag nog soos hy my geleer het en al moet ek dit self sê ek het nog nie klagtes oor my braaivernuf gehad nie. My skoonpa Pa Gawie het my leer steak braai. Ek het selde steak gebraai omdat ek altyd gevoel het steakhouses maak dit beter en ek kon nooit die steak in die “zone” kry nie. Altyd te rou of te droog.(vir my bestaan daar natuurlik nie iets soos “te rou” steak nie, maar gaste is soms ‘n pyn in die gat, veral diegene wat hul steak “medium rare maar meer medium as rare” wil hê.) Mense, daar bestaan nie so iets nie! In elkgeval, nooit steak gebraai nie tot Pa Gawie my die truuk gewys het. Smeer die steak lekker ruim olyfolie. Wag tot jou vuur nog so ‘n paar vlammetjies oor het. Gooi dan die steak op die rooster dat die olie vlamvat. Laat vleis nou lekker in die vlamme lê, smeer weer deur die olyfolie en draai om dat die anderkant ook lekker in die vlamme lê. Moenie skrik vir die vlamme nie, vleisie sal niks oorkom nie. Pasop net dat die vet nie brand nie en moenie swak onsuiwer olie gebruik wat rook as hy brand nie. Dit sal ‘n swart roet neerslag en smaak aan die vleis gee.  Nadat die steak geseël is braai jy hom klaar volgens spesifikasie. Indien verkies met ‘n basting sous. Ek gooi net sout en peper en bedien liefs ‘n sousie apart.  

Omdat ek ‘n toeklap rooster verkies bo die kroniese een een staan en vleis omdraaiery braai ek glad nie verskillende tipes vleis deurmekaar nie. Jy kan byvoorbeeld nie steak, lam en hoender op dieselfde vuur braai nie. Elke tipe vleis verg sy eie tipe vuur. Steak byvoorbeeld soek ‘n baie warm vuur waarvan die laaste vlamme nog brand om die steak te kan seël. Hoender benodig weer ‘n aanvanklike warm vuur maar een wat maak kan afkoel na gelang die braaiery aangaan. (en jere weet jy pre cook nie hoender voor jy dit braai nie! Sies man!) Lam / skaap en wors,wat terloops my gunsteling is, braai jy op  ‘n warm vuur wat sy hitte behou. Hierdie metode verg weliswaar baie omdraaiwerk maar dis is hoe jy daardie lieflike duimdik lam-lointjoppies kry dat die vleisgedeelte steeds vet en sappig is en die vetjie so ‘n dun crispy strokie gebraai is maar nooit swart gebrand nie. Warm vuur en heeltyd draai. Ek beheer my tipe vuur met die hoeveelheid en tipe hout wat ek  gebruik en natuurlik hoe lank ek hom laat uitbrand voor die braaiery begin.

My braaiplek is nie fëncy nie en het ‘n standaard hoogte. Nie dat hierdie konstante minder van ‘n logistieke poging kos om uit werk hoeveel hout gaan saam met watter vleis en belangrik natuurlik, om te verseker daar is voldoende hout beskikbaar vir ‘n ordentlike kuiervuur. Ek braai net met rooikrans of kameeldoring. As die vleis reg is gaan dit reguit tafel en borde toe. Niks van eenkant staan en taai stoom terwyl tafels gedek word, slaai gemaak word en nog doppe gegooi word nie. Ek en liefievrou sorg maar dat alle bykosse gereed en tafels gedek is voor die vuur aangesteek word. So kuier almal mos lekker saam.

My Pa was nie lief vir die bring-en-braai-ding nie en het dit soos die plaag vermy. Sy redes was eenvoudig. Hy het geglo mens braai nie afskeepvleis nie. As jy wil braai, dan gebruik jy die beste snitte. As jy genooi word na ʼn bring-en-braai is die kanse nul dat jy jou keurig uitgesoekte loin tjoppies ooit weer sal sien nadat dit in die communal bak verdwyn het. Jy kry mos mense wat lieslappe na ʼn braai toe bring, maar dan skaamteloos eerste die beste snitte gryp wanneer dit opskeptyd is. Ons het nooit bring-en-braai’s gehou nie. Ou Jan het self vir die vleis betaal en seker gemaak hy braai waarvan hy hou.

Tye het egter verander. Kleinhandelaars buit verbruikers uit en vleis is onbekostigbaar. Ek kan nie meer bekostig om onbepaald mense te nooi vir ʼn braai en dan self die vleis te koop nie. Kan dit skaars bekostig om self te braai. So verwag ek ook nie dat ander my uitnooi en vir die vleis betaal nie. Bring-en-braai sal dit dan maar wees, potensiële probleme ten spyt.

Die Argentyne het myns insiens lank reeds ʼn geskikte oplossing. Tradisioneel braai Argentyne gewoonlik ʼn groot verskeidenheid vleissoorte gelyk. En enige snit denkbaar. Amper soos in ons townships. Vleis word net so gebraai, sonder sout of peper. Saam met die vleis bedien hulle dan ʼn spicy doopsous genaamd “Chimichurri-sous”. Daar bestaan honderde variasies van dié sousie. Ek het deur trial and error een bymekaar gekry wat ek dink die lekkerste is.

Ek deel dit graag.

Neil se Chimichurri-sous

1 bossie vars pietersielie, fyngekap (enige soort)

4 of 5 lourierblare, gekneus en grof gekap (droog werk ook)

1 fyngekapte vars chilli met pitte (groen of rooi). Jy kan meer insit

8 knoffelhuisies fyngekap

3/4 koppie olyfolie (ek hou nie van te veel olie nie, verkies meer asyn)

1/2 koppie goeie wynasyn of bruin druiweasyn

1½ teelepel goeie balsamiese asyn

3 – 5 teelepels suurlemoensap (ʼn vars lemmetjie se sap is skaars maar beter)

1 tl varsgemaalde swartpeper

1 tl growwe seesout na smaak

1 tl cayenne peper

3 tl paprika of smoked paprika

1 tl droë origanum

Meng alles en gooi in ‘n glasfles; skud verwoed sodat dit lekker kan meng. Sit in yskas ten minste 24 uur voor gebruik. Hoe langer, hoe beter, maar nie meer as drie dae nie.

Braai nou jou vleis sonder marinade. Gooi net sout en peper wanneer dit van die vuur afkom. Sit vleis saam met die Chimichurri-sous voor. Gooi die sous in aparte bakkies en gebruik dit soos ‘n doopsous of sprinkelsous vir die vleis. Ons eet gewoonlik ʼn ordentlike groen slaai, ʼn nice tamatiesambal, Tzatziki en geroosterde pitabroodjies en tortilla wraps saam met die vleis en sous. Heerlik!

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , | 5 Kommentaar

Winterkos – Heel Lamskenkel potjie met Old Brown Sherry

Ek leen die een by Lise Beyers se “KAMP-KOS” resepte.

Dis ‘n resep vir winter. ‘n Lieflike lamskenkelbredie gemaak met Old Brown Sherry.

Om 4 tot 6 mense kos te gee benodig jy die volgende

‘n Ordentlike swaarboom pot. Jy kan die bredie oor die vuur of op die stoof maak.

4 gesonde heel lamskenkels

Olie vir braai (ek gebruik olyf)

*Uie

*wortels

* bos seldery

* (hoeveelhede wissel, jy wil gelyke hoeveelhede gekapte ui, gerasperde wortel en seldery hê)

1 goeie blik gekapte tamaties

1 Bottel Old Brown Sherry ( of enige sherry)

sout en peper na smaak

handvol klein uitjies , so 6 na 8 sou ek raai

handvol klein aartappeltjies ook so tussen 6 en 8 (Jy kan soos met enige bredie geskilde aartappels in blokkies gesny gebruik)

klein worteltjies (daai wat Woolies so klaar in bolle maak werk goed en lyk ook mooi, andersins is gewone wortel in ringetjies gesny ringetjies)

1 punnet klein mushrooms (250 tot 500 gram) Borsel net al die sand en grond af. Niemand hou van sand in sy kos nie

 Jy maak so

*Kap gelyke hoeveelhede wortel, seldery en ui. Gewoonlik bepaal die size van jou selderybos die hoeveelheid wortel en ui.. Ek rasper die wortel gewoonlik want dit kan maar wegkook.

Doop elke skenkel afsonderlik in meel en braai in ‘n redelike warm pot tot goudbruin. Pasop vir aanbrand.

As al die skenkels mooi goubruin buite is, voeg die gekapte uie,seldery en wortel by die vleis in die pot. Roer so twee of drie minute dat hulle darem net bietjie braai en indamp. Pasop dat die vleis ens nie aanbrand nie.

Na so 2 of 3 minute van die wortel, uie en seldery saam met die vleis gooi jy die blik gekapte tamaties in. Roer mooi deur so  vir ‘n minuut of wat.

Nou is dit tyd vir die belangrikste bestandeel. Gooi die hele bottel OBS by. Hiervandaan laat jy die pot stadig prut vir minstens 2 uur.

So halfpad na die einde van die kookproses gooi ek proporsioneel ‘n hand of twee klein aartappeltjies ( jy kan natuurlik soos met enige bredie geskilde aartappels in blokkies ook bygooi, maar synde die een ‘n pot is oor die vuur is die new potatoes ‘n wenner, vir die rustic efek) Saam met dit gooi ek die fancy worteltjies en die klein uitjies in. As ek op my eie kuier is dit nie nodig om fancy wortel te gebruik nie, jy gooi sommer heel wortel ringetjies in.

Verder gooi jy niks by nie behalwe sout en peper na smaak. Check daarvoor na die einde se kant toe. As jy dink dit kort nog vog gooi wyn of water by.

So tien minute voor opskeptyd gooi jy die punnet mushrooms by.

Die pot kan ook met opgesnyde skenkel gemaak word. Die skenkel kan maar van die been af kook in die resep ( myne doen altyd want ons gaan altyd so lekker gesellig aant gesels dat die twee uur kooktyd gewoonlik aansienlik langer is) Belangrikste is dat die outjie langsaam moet stap. Wees net versigtig vir brand aan die begin van die proses. Die OBS sorg vir die heerlikste sous. Net die regte ding om die winterkou mee te verdryf.

 

 

My gunsteling Basmati

My gunsteling Basmati

Bedien met ‘n slaai van jou keuse en op kapokaartappels of basmati rys. ( ek eet net basmati want die Paddy Basmati wat Pick & Pay en Spar verkoop is die maklikste ding onder die son om gaar te maak)

 

Net ten slotte. Soos enige resep maar is is ook die een bloot ‘n riglyn. Voel vry om te eksperimenteer. Doen my net ‘n guns, laat weet my van jul eksperimente asseblief. Geniet dit, die een is beslis ‘n wenner.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , | 2 Kommentaar

Bobotie – Beter kry jy nie.

Ek ken baie mense en baie mense ken my.Party ken my te goed… Dis seker nou maar die natuurlike verloop as ‘n mens meer as 90% van jou lewe op dieselfde plek bly. Maar dit ten spyt is die hoeveelheid mense wat ek regtig as my vriende beskou en wat ek in die privaatheid van huis innooi aansienlik minder. Om die waarheid te sê as dit meer as 15 mense is sou ek dit as baie ag.

 

Saterdagaand het ek weer die voorreg gehad om twee sulke mense aan huis te hê. Totaal uiteenlopende persoonlikhede maar die jere weet een hillarious oomblik na die ander. Daar is geëet en gedrink en baie gelag, en so tussendeur rugby ook gekyk. Dit laat mens altyd ter nabetragting dankbaar wees vir goeie vriende.

Ek wou aanvanklik Coq au Vin met witwyn maak maar besluit toe dis te veel moeite. Ek het ‘n resep vir bobotie wat na my mening nie enige gelyke het nie. En die nice ding, jy kan die bobotie basies klaar maak en eenkant hou, en dan net later die aand gou bak, die eiermengsel bo oor sit en die rys gou kook. So, toe doen ons die Bobotie en Basmati rys, met ‘n yoghurt sous wat bestaan uit bulgaarse yoghurt, vars gekapte danhia blare, en vars mint, en daarmee saam ook ‘n tamatie sambal bestaande uit tamatie, gekapte ui, gekapte mint, knoffel en ‘n gakapte chili. Natuurlik die klapper eenkant en piesang ook vir die wat wil hê. En genoeg wyn vir ‘n army. Hier is die Bobotie resep net soos ek hom maak.

 

Bobotie 

 

1 kg ordentlike maalvleis

25 ml olie

2 fyngekapte uie

2 fyngedrukte huisies vars knoffel

15 ml “Eleven in one” kerriepoeier

5 ml garam masala

5 ml fyn kaneel

15 ml Borrie

5- 10 ml Sout (proe maar)

10 ml fyn koljander

5 ml peper

100 ml Mrs Balls Original Blatjang (een van die min gevalle waar mens bottelgoed in ‘n resep mag gooi)

3 fyn gekapte vars lourierblare

2 snye witbrood

melk om die brood in te week

3 eiers en 500 ml bulgaarse joghurt vir die bo laag (Jy kan suurroom oog gebruik in  die pek van joghurt)

250 ml sultanas ( of meer as jy verkies)

70 ml fyn amandel

15 ml druiwe asyn

 

Jy maak so

 

Braai die uie en knoffel en lourierblare tot uie deurskynend, nie bruin nie. Pasop dat knoffel nie brand nie

Gooi dan die kerrie, borrie by die uie en braai ‘n minuut of wat dat die geur lekker deurkom. (As jy droë lourierblare gebruik, gooi dit eers saam met die vleis by)

Roer die maalvleis by en braai die mengsel tot die vleissous amper verdwyn.

Voeg sout , peper en koljander en fyn kaneel by, roer deur

Dreineer die geweekte brood en maak fyn met ‘n vurk, roer dit by die vleis

Roer die blatjang, sultanas, amandel en asyn by en roer goed deur. Hier is dit belangrik om seker te maak jou mengsel is nie te droog of te loperig nie.

Laastens kom die masala by. Roer goed deur die vleismengsel maar moenie die masala kook nie.

 

Skep jou mengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en hou eenkant as jy wil. Ek glo daaraan dat die mengsel bietjie moet rus voor jy hom bak, maar niks stop jou om dit onmiddelik te bak nie.

 

Bedek met tinfoelie en bak teen max 160 grade vir omtrent 30 minute.

 

Meng nou die ongegeurde bulgaarse joghurt en eier saam. Jy kan bietjie melk bygooi as dit te dik is. Haal bak uit oond, verwyder tinfoelie en gooi joghurt en eier mengsel bo – oor.

 

Bak ‘n verdere 15 tot 20 minute teen 120 grade tot eier gestol is. ( As die proses te lank neem na my sin grill ek dit sommer gaar, pasop net vir brand.)

 

Dien op met basmati en groente van jou keuse. Onthou die sambal en yoghurt want die Bobotie het ‘n byt! As jy nie van die byt hou nie, gebruik net matige kerrie poeier.

 

(Ek was Satardagaand weer fancy en spoel toe ‘n bykans leë potjie Breyani Mix uit met die asyn wat ek vir die Bobotie gebruik. Ek koop my breyani mix klaar gemaak by ‘n winkeltjie in die Strand. Anyway, so terwyl ons eet noem ek dat ek effe afgewyk het van die gewone resep en voor ek kon klaarpraat seg een van my gaste, “ja, jy het Breyani mix bygesit!” Moer impressed is ek toe, en besef dat mens se gaste somtyds skerper is oor kos as waat jy dink! So wees versigtig….en laat dit ‘n les vir die magdom overpriced restaurante om ons wees….Die publiek is nie so dom soos julle dink hulle is nie..)

 

Die Bobotie resep kom oorspronklik van ‘n eertydse buurvrou, Hannelie Verwey. Sy en haar tannie was besig om al die familieresepte in kookboekvorm saam te stel toe ek bevoorreg genoeg was om ‘n kopie te kry. Ek het intussen die resep ietwat aangepas na smaak maar die basis is ‘n Verwey familieresep.

 

Geniet dit!

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged | 14 Kommentaar

Kos: Chili con Carne – Beste resep denkbaar….

Dit is weer winter in die Kaap vanoggend. Koud met afwissellende harde buie reën. Soos ek dit uit my kinderdae onthou. Die paar wil wil lente daggies van die afgelope dae is skoonveld. Terwyl ek in die supermark loop en wonder wat ek en vroutjie vannaand gaan eet onthou ek van die Chili con Carne resep wat Lisa Beyers so jaar gelede in haar rubriek “Kamp – kos” in die Bylae van Die Burger met ons gedeel het. In alle eerlikheid moet ek bieg dat haar weergawe ietwat sterk was vir my. Ek pas hom toe aan en jere weet, dis die beste chili wat jy aan kan dink. Puik vir koue winteraande. Anders as die gewone Chili con Carne wat almal ken gebruik sy nie maalvleis nie, maar stowe beesvleis waarvan die been verwyder is. Dit maak ‘n enorme verskil. DIe resep kom blykbaar uit die chili-mal VSA.

Hier is my weergawe van haar resep.

Chili con Carne

Jy het nodig

Ongeveer 1 kg stowe beesvleis been verwyder en in blokkies gesny, moenie die vetjie weggooi nie! ( iets soos blade of chuck, net NOOIT goulash nie)

2 medium uie, fyngekap

3 medium wortels fyn gerasper

so ‘n bakhand vol fyngekapte seldery stingels. (Die ui, wortel en seldery moet so na moontlik gelyke hoeveelhede wees.)

Drie vars rooi rissies ( dis nie ‘n krisis as jy dit nie kry nie)

4 droë ‘birds eye’ chilies, fyn gesny. Dis daai klein droë chilies wat jy in die botteltjies koop. Jy kan 5 oor gebruik as jy nie bang is nie.

1 eetlepel heel komyn

1 en ‘n half teelepel vars gekapte knoffel

Sout na smaak, (peper is nie nodig nie)

2 x 410 g blikkies fyngekapte Italiaanse tamaties. ( kyk maar of jy iewers genuine ingevoerdes kan kry, dit is eenvoudig beter as die plaaslike produk.

2 x 410 g blikke red kidney beans.. (ek dreineer dit, maar dis ook nie nodig nie)

Olyfolie vir braai.

Jy maak so,

In ‘n swaarboom kastrol. Oor stadige hitte braai eers die uie,wortel en seldery saam met die fyngekapte Birds eye chilies. Die hitte sorg dat die olietjies en geur en goed lekker vrygestel word. Braai die mengsel stadig tot deurskynend, maar noot bruin nie.

Gooi die vleis, knoffel en komyn by en braai nog so ‘n entjie saam.( as jy vars chili’s ook het kom dit hier by.)

Gooi nou die twee blikke tamaties en bone by, en ook die sout.

Sit die deksel op en maak ‘n bottel tequila oop.(Lisa drink die tequila saam met die eet, ek kou hom sommer wyl die pot prut!) Anyway, kook hom nou stadig oor lae hitte so lank jy wil. Hoe langer hoe beter en hoe sterker. As die bredie dalk begin droog lyk, gooi ‘n blik bier by, alhoewel dit nog nooit vir mynodig was nie. Die vleis moet fyn kook en die bredie behoort ‘n tekstuur van ‘n dik sop te begin aanneem. Myne prut gewoonlik ‘n minimum van 2 tot drie uur.

Dien dit op in sopbakkies met ‘n dollop suurroom of natuurlike yoghurt bo op en vars Franse (of soortgelyke) brood om die sous met op te slurp. O ja, jy kan lepels ook gebruik.

Neem net kennis dat die resep nie vir mense is wat nie van warm kos hou nie. Hoe dit ookal sy, jy sal nie ‘n beter Chili Con Carne as dit ooit elders proe nie. Met erkenning aan Lise Beyers.

Cheers!

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , | Lewer kommentaar

Kos – Beesstertbredie soos my Ma dit maak…

Dis naweek en dis nog nie heeltemaal lente nie alhoewel die dagsonnetjie die week op Stellenbosch mens daai “nugget” gevoel van die nuwe seisoen wil gee. Daar is darem so bietjie rugby om te kyk die naweek, al is my Curriebekerseisoen reeds iets van die verlede…en na vannaand se WP – Sharks game gaan dit nog meer ‘n saak van gebed wees. (hoe die WP dit regkry om met al die hulpbronne en spelers tot hul beskikking dit vermag om so swak te vaar sal net hulle weet..’n vis vrot mos van sy kop af..so dis dalk die antwoord…) Dus dink ek dis ‘n goeie idee om die naweek in te gaan met ‘n resep. As jy dit vandag begin kan jy môre na die Bokke se wedstryd ‘n heerlike samesyn met spys en drank geniet. Min dinge kom by goeie samesyn met goeie vrinne, goeie kos en goeie wyn…

Beesstert is een van my gunsteling geregte. Wat altyd soos skenkel die eenkantvleis was wat die armes destyds so skaam-skaam vir ‘n sjieling by oom Loekie se slaghuis loop koop het, is vandag ‘n lekkerny. Teen R70 p/kg by my slagter, Birdstraat Slagtery in Stellenbosch, is dit lank nie meer bargainvleis nie. Ok, jy kan seker sulke vuil vetterige sterte vir goedkoper iewers anders koop, maar ek verkies Bert se pakkies, netjies skoongemaak en vet verwyder, teen R69, 95 p/kg. So ook maak ek eerder my eie as om dit in restaurante te bestel. Ek het oor die jare al verskeie variasies van beesstertbredie in restaurante raakgeloop, waarvan die gewildste seker die Tamatiebredie-variant is. Sulke bene wat in vet en tamatie “paste” dryf. Aaklige stront! Om die sterte met tamatie te loop verbaster, maak vir my geen sin nie, want dit veretter die smaak van die vleis en verander dit in … wel, bloot tamatiebredie, wat jy net sowel met R40 p/kg potjiekosvleis kon maak.(nie dat R40 p/kg hoegenaamd redelik is vir off cuts en vetknoppe nie….)

My ma het my geleer van “less is more” as dit by kook kom. So het ek haar manier van doen tydsaam gesteel, want dis nie eintlik ‘n resep persé nie, meer een van daai “Ag man, jy gooi bietjie van dié en bietjie daarvan en dan braai jy dit so effe en dan …” dinge. Onmoontlik vir die novice om op papier vas te lê. Maar nou ja, my geduldige bachelor dae het my tyd gegee om te “observe” …

Hier is dan hoe. Die resep is eenvoudig, maar om hom op sy beste te maak, neem twee dae.


Beessterbredie

Jy het nodig: (om 4 tot 6 eters te laat eet)

2 tot 3 kg mooi skoon beesstert, waarvan die meeste vet verwyder is

Olyfolie vir braai (of botter, net nie vegetable of sunflower olie nie!)

2 tot 3 lourierblare (gekneusde vars blare werk altyd beter)

5 tot 10 ml droë mostert

1 groot ui, gekap

2 vars knoffelhuisies, gekap

‘n Bottel goeie droë rooiwyn (Yonder Hill se Y-Merlot werk baie goed hier!)

Sout en peper na smaak (ek hou van effe meer peper)

Jy maak so:

In bietjie olie / botter, braai die uie en knoffel tot sag

Voeg die vleis by en seël effens.

Gooi nou die res van die bestanddele by. Eers net die halwe bottel wyn. Hou die res om by te gooi soos nodig.

Kook die vleis tot sag, gooi nog wyn by soos benodig. Wees egter versigtig om dit nie te loperig te maak nie.

Wanneer die vleis lekker sag is, skep dit uit en laat dit afkoel. Gooi die kookvloeistof in ‘n aparte bak en daat dit ook afkoel. Nou, dis hier waar die twee dae truuk inkom. As jy dit oornag in die yskas laat staan, sal jy die volgende oggend sien dat al die vet bo-op so ‘n heerlike jellie gevorm het. Skep die vet af en moer weg!

Voor opdiening, maak so:

Plaas die jellie en vleis terug in die pot en maak STADIG warm. Jy wil dit nie aanbrand nie. Vir kleur, stoom ek gewoonlik Woollies se klaar geskilde worteltjies (hulle het deesdae sulke funky wortelballetjies) vir 10 minute om dit gaar, maar nie pap nie, te kry. So 15 minute voor opdiening gooi ek die worteltjie en ‘n handvol (na smaak) bevrore “petit pois young & tender ertjies” by. As die ertjies ontvries en warm is, is dit tyd. (as jy die groente te vroeg byvoeg, kook dit byna weg en verloor kleur. Soms kook die vleis effe van die been af, maar dis nie vir my ‘n krisis nie.

Bedien met mengelslaai en basmati-rys of kapokaartappels. Onthou ekstra bakkies op die tafel, en servette vir die bene uitsuig die aflek en die uitspoeg.

Drink baie wyn saam met die eet, want dis lekker.

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , | 15 Kommentaar

Oom Arthur Coomer – Force of nature en sy geelstert resep

Oom Arthur Coomer in sy WW 2 uniform

Oom Arthur Coomer in sy WW 2 uniform

<!–[if gte mso 9]> Normal 0 MicrosoftInternetExplorer4 <![endif]–>

My Ma het ‘n Oom gehad. Oom Arthur Coomer. Hy was getroud met my ouma se oudste suster, Tannie Kitty. Van kleins af was dit vir my ‘n treat om by die twee (ou)mense te gaan kuier. Hulle het geen kinders gehad nie. Oom Arthur was op sy eie wicket en ‘n total force of nature. So gemaak en so gelaat staan. Hy was ‘n WW 2 veteraan wat soms van stilte en eietyd gehou het. So lief soos ek vir haar was kon Tannie Kitty maar moeilik wees, soos net ‘n van der Merwe uit die Swartland kan wees. Ek dink Tannie Kitty was soms seker vir Oom Arthur erger as die oorlog. Hy was gereeld op ‘n safari na die destydse Betsuanaland en ek onthou hoe ons as kinders om die braaivuur gekraai het van die lag vir sy stories oor bobbejane wat sy kampvuur opgedonner het. Hier iewers in die vroeë 1970’s het Oom Arthur sy garage in Kuilsrivier aan Lindsay Saker verkoop en hy en Tannie Kitty het op L’ Agulhas loop aftree. Dis hier waar my aangenaamste herinneringe van L’ Agulhas begin.

 

Oom Arthur het vir hom ‘n Land Rover en boot aangeskaf. Geelstertvang was sy ding gewees en Tannie Kitty het die see gesit en kyk saam met die skildery van die ou man in die reënjas wat van oor Tannie Kitty se skouer ook sy see sit in kyk. So het Oom Arthur soms vergeet van sy vrou wat by die huis sit en wag en het hy dan kuier-kuier deur die distrik beweeg. Met sy tuiskoms was al die maaltye wat hy gemis het dan netjies vir hom op die stoof gelaat, elke bord noukeurig toegegooi met sy gehekelde doilie. Oom Arthur en Tannie Kitty het op daardie stadium nie meer in dieselfde kamer geslaap het nie. Nie omdat hulle nie meer lief was vir mekaar nie maar half ironies omdat hulle steeds so lief was vir mekaar om te besef dis dalk net beter so. Oom Arthur het vir hom ‘n stoepkamer ingerig. So kon hy dus kom en gaan na hartelus. Dis dan juis in die stoepkamer waar Tannie Kitty op ‘n kol ‘n muis ma met 6 klein muisies uit sy bed loop haal het. Sy mog nie in sy kamer krap nie en ook nie die plek aant kant maak nie. Op ‘n kol besluit sy toe hy weer op een van sy trips is om darem net skoon beddegoed te loop oortrek. Daar kom sy toe op Mev Muis en kroos af. Wat van die muise geword het kan ek nie onthou nie maar die feit dat my kinderbrein destyds die noodlot van die muise geblok het is seker ‘n stille aanduiding…

 

Wanneer ons dan vakansies daar gaan kuier het moes ek en my broer in die sitkamer op die banke slaap (god toe kon ek nog op ‘n bank pas). Oom Arthur was elke oggend voor sonop uit die vere. Van saggies beweeg het hy nie geweet nie en van kinders in die huis uiteraard ook nie. Nie dat dit my gepla het nie. Ek was verskiklik erg oor hom as kind en hy oor my. Seker omdat ek net so fokken ondeund en aweregs was soos hy. Ons was soortvan alies as die mense ons kak gee. Omdat Oom Arthur nie saggies kon opstaan nie was ek en Jannie soggens saam met hom wakker. Aanvanklik nie vrywilliglik nie. Later kon ons nie wag vir hom om op te staan nie. Ek was so 7 of 8 en Jannie 4 jaar ouer.

 

Oom Arthur se opstaanroetine was elke oggend dieselfde. Eers het jy die dubbeldeur na sy kamer hoor klak klak soos hy uitkom. Dan het ‘n hartlike diep teug vars seelug gevolg met die gepaartgaande byklanke van genoegdoening “aaaaaaahhhhrrrhhhh”. Keelskoonmaak en die bymekaarmaak van die nag se slympies was volgende en dan die “petoe!” soos hy die slympie die driveway af spoeg. Jy kon self die geruis hoor soos die slympie die gruis tref – ‘n sekonde of wat later. Impressive hang time inderdaad! Dan het die oggendpee gevolg. Prostaatprobleme het hy beslis nie gehad nie. Die opus magnum… ‘n lang bulderende, tog deernisgevulde poep, kompleet met kort knopie om mee af te sluit. Amper asof hy wou “Amen” sê. Elke oggend het ek en Jannie ons kak gelag vir die ritueel, maar geweet, eers na die poep en knopie kan ons gaan môre sê. Oom Arthur het ons dan op die landrover getel en saamgeneem op sy pre ontbyt trip. Dit was gewoonlik ‘n stop stop al groetende trip langs die kuspad af en soms ‘n kilometer of twee langs die Plaat ook om die see te bekyk. Dan hawe toe om die boot te gaan inspekteer en dan anderhalfuur later terug huis toe vir ontbyt en koffie. Dan het hy vir ons brakwater koffie gemaak en gewoonlik van gisteraand se oorskiet vis op sulke dik soetsuurdeegbrode gegee om te eet. Ons was gewoonlik al lankal klaar geëet teen die tyd dat die res van die huismense opgestaan het.

 

My pa was vir min dinge so bang soos knorrige honde en tandartse. Op L Agulhas was toe nog nie tandartse nie. So ry ons een oggend weer saam met Oom Arthur ‘n paar draaie. My pa gaan saam. Oom Arthur stop toe gou by ‘n vriend van hom net om “vinnig iets op te laai.” Ons bly sommer in die Landie sit. Twee uur later sit ons nogsteeds en wag en al wat opdaag is Oom Arthur. My pa wil nie uitklim nie, want die mense het twee sulke onvriendelike brakke gehad wat om die Landie loop en drentel het.Pa was inelkgeval te ordentlik om hom te loop roep. Enigste uitweg is toe maar om te sit en wag. Skielik kom Oom Arthur uit die huis gehardloop. “My donner Jan! Jammer ek het skoon vergeet julle is saam. Kom in en drink ‘n doppie….” Daar sit ek en broer Jannie toe nog twee donnerse uur agter op die Landie!

 

Dit was ook die tyd toe die Oriental Pioneer naby Struisbaai op die rotste geloop het. Die skip is deur sy eienaars gestrip van die waardevolste items en daar gelaat om te vergaan. Die plaaslike vissermanne het gereeld die skip gaan “loot” vir dit wat oorgebly het. Ook Oom Arthur het ‘n patryspoort en ‘n drank kabinet van die skip huis toe gebring. Ons is een jaar met oom Arthur se boot na die wrak, wat toe al begin opbreek het. Jy kon op ‘n stadium deur die ding ry as jy die deinings reg geskat het maar dit was effe gevaarlik om op die wrak self te klim. Dis was nogal indrukwekkend, alhoewel my pa nie baie gemaklik was met die deur die boot ry storie nie. Vandag is die wrak, wat eens ‘n bekende gesig op die horison was deel van die see.

 

Oom Arthur is in 1989/90 skielik aan kanker oorlede. Ek het toe vir Rembrandt sigarette gerep en Struisbaai / L’Agulhas was deel van area. Op my reise soontoe het ek altyd by Oom Arthur en Tannie Kitty gaan oorbly. Ek was twee maande voor sy dood nog daar. En ek is altyd met ‘n Geelstert huis toe.Een vir my en een vir my Ma. Na sy dood het Tannie Kitty spesiaal vir my ‘n foto van Oom Arthur gegee wat tydens die 2de Wêreld Oorlog geneem is. Hy was betrokke by die slag van El Alamein, maar wou nooit oor die oorlog praat nie, al het ons soms probeer uitvis. Kinders dink mos oorlog is moerse cool…. Die foto pryk vandag teen ons muur saam met al die ander familiefoto’s. Oom Arthur was ‘n ongelooflike mens met hope empatie en liefde vir sy medemens. Ek onthou hom veral vir twee goed: eerstens sy driftige gesprekke met my pa waarin hy uitgevaar het teen “die bloody burocrats”…en tweedens sy liefde vir Geelstert. Hy het ‘n Geelstert gebraai soos geen ander mens nie. My Ma het eendag sy resep afgeskryf soos hy besig was daarmee. Ek deel dit hier graag onder. (En as die resep dalk ooreenstem met een of ander fancy ding uit een of ander kookboek, don’t fuck it up for me, vir my bly dit Oom Arthur se resep…)

 

 

Oom Arthur se Geelstert

 

1 mooi vars geelstert. Jy kan die vis heel en gevlek hou maar ek verkies om soos Oom Arthur die vis te fillet en in mooi groot stukke te sny, die vel gekrap maar nie verwyder nie maar wel die kop en rugstring te verwyder. Behou dit, ek verduidelik later waarom. **

 

Die resep werk dan só:

 

twee uie gerasper

gelyke hoeveelheid as die uie goeie asyn en olie. Olyfolie werk nie hier nie.

1 teelepel suiker

sout en peper na smaak.

 

meng alles in ‘n glasvles en skud goed om te meng.

 

pak die vis in ‘n bak en marineer vis in die yskas vir ‘n minimum van twee uur. Onthou die asyn “kook” die vis, so moenie te lank marineer nie.

 

**(As jy die vis uit die marinade haal, neem die oorblywende marinade, kop en rugstringe en gooi in swartpot by die vuur. Stoof werk natuurlik ook maar als by die vuur is way cooler! Simmer alles saam – stadig terwyl die vis braai. Dit verander in die ongelooflikste sous om saam met die vis te bedien. Die jellie in die ruggraat en kop kook uit en verdik die sous. Trust me on this…Jy kan proe aan die sous en suiker, sout en peper byvoeg na gelang van jou smaak. Bedien as sous saam met vis.)

 

Meng nou gelyke hoeveelhede droë broodkrummels en gerasperde cheddar kaas. Dis die tricky deel en ek fok dit nog op. Maar hier is jy veronderstel om die kaas en krummels op die vleiskant van die vis te pak en so te braai dat al die krummels en kaas nie in die vuur bliksem nie. Maar selfs al gebeur dit, bly daar steeds ‘n korsie oor wat heerlik is.

 

Sit nou die vis met die velkant eerste op vuur.

 

Braai 6 minute aan elke kant. As jy ‘n heel vis gebruik i.p.v. die fillets is dit obviously ‘n bietjie langer, maar jy kry die idee. ‘n Gaar geelstert val maklik uit sy vel uit. Probeer net om die kaas en krummels so heel as moontlik te hou.

 

En daar het julle dit. Die beste Geelstertbraai wat jy kan kry. Salute, Oom Arthur!!!

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , | 9 Kommentaar

Buffet Restaurante is ‘n euwel….

Ek fokken HAAT buffet-restaurante, met ‘n spesifieke veragting vir daardie “R120 pp eat as much as you like” scenario’s. En dis nie omdat ek ‘n ligte eter is nie …. laat ons nou nie doekies omdraai nie. Maar selfs nie ek kan R120 se waarde uit sulke plekke kry nie, en as jy dit wel vermag, voel jy so siek dat jy in elk geval alles wil uitkots.

Aan die Protea Hoogte skuinste kant van Brackenfell is so ‘n eetplek. Schoon–something heet hy. Die plek is altyd volbespreek. Daar betaal jy R120 per persoon, en jy kan vreet soveel jy wil tot 22h00 saans wanneer die kos weggeneem word. ‘n Wyle terug bevind ek myself een aand onwillekeurig daar vir ‘n funksie.

Daar is altyd ‘n spul kinders wat soos besetenes deur die hele lokaal hardloop en gil terwyl hul ouers ongestoord hul gesigte vol “fried chicken” prop. Selfs binne die vertrek waar die kos bedien word jaag die klein wetters mekaar rond. ‘n Kiddie-hater is ek nie maar jere ouers sorg asb dat jul spruite nie ander gaste se aand bederf nie. Kan dit so moeilik wees? Ek het na die derde probeerslag maar moed opgegee om die kinders uit te kak wat so in die verbygang met hul kaal hande uit die bakke vreet daar waar ander mense ook nog moet gaan skep. Veral na die een se ma my aangegluur het asof ek van ‘n ander planeet is. Hoe durf ek haar bondeltjie liefde aanpraat omdat hy sy vinger in die gravy druk, aflek en weer terugsit vir nog?

Dit ook ‘n given dat daar by sulke tipe plekke altyd een of ander doos sal wees wat voor in die tou kom indruk. Terloops, geduldig in toue jou beurt afwag soos beskaafde mense het in Suid-Afrika skynbaar in ‘n Westerse euwel verander en is vervang met ‘n kombinasie van ‘elke man vir homself” en “dié wat kyk kry niks, dié wat gryp kry ‘n handvol.”

Dit is totaal duister wat die restaurant as basis vir hul souse gebruik. Jere weet alles smaak dieselfde. En hier gebruik ek “smaak” in ‘n baie geduldige konteks. Kos word versuip in die twyfelagtige smaaklose goo. Net soos die geval met ‘n pub lunch in daai railway bar in Primrose aan die Oos-Rand. Dit lyk kompleet of hulle die sous ‘colour code”. Donkerbruin vir dit wat beesvleis voorstel, ligbruin vir hoender en vaalgrys vir vark. Geel vir mosterd en pienk vir seekos, slaaie , roomys en ander diverse goed. Ek soek nou nog die mosterd in dit wat voorgesit was as “mosterd en tong”. Die roast beef was so taai, selfs nie Ray McCauley sou dit kon sag bid nie.  Dit kon seker ook Blommetjie van ouds se groottante wees wat hier opgedis is. Aan die braaiaartappels het ek nie geraak nie want ook daar het die snotpikkende kleuters hul grubby paws ingehad. Die nagereg was warm – wel, dit wat koud moes wees, was, en dit wat warm moes wees, was koud.

Omdat die turn over van eet, en weer eet, en weer eet en weer eet gewoonlik blitsig is in die situasies, werk die skottelgoedwassers oortyd en ook dienooreenkomstig effektief. So kry jy dan om uit te eet sulke klam olierige louwarm borde wat nog na vet ruik, en sulke vaal messe en vurke. Dié verskynsel het ek geweldig intimiderend gevind, want ek het al gesien hoe lyk ‘n gastro enteritis epidemie in die weermag. Daar is niks glamorous daaraan om eenkant in ‘n tentedorp onder kwarantyn geplaas te word en daar al kotsend en skytend die tyd te verwyl tot die kiem uiteindelik vort is uit jou sisteem nie …

Maar wat my seker die meeste grief van die tipe plekke: As stille getuienis van die plek te tipe klante bly die voordeur permanent gesluit en word slegs oopgemaak wanneer die patrons 100% seker is jou rekening is betaal. Die moerse groot bord teen die muur wat lees “No take aways are allowed in plastic bags, tupperware or any other form of container” benadruk hierdie notion.  Hulle deursoek selfs mense met suspicious sakke by hulle. Dis seker veilig om te aanvaar dat die eienaars al tevore ‘n bloutjie of twee geloop het voor hulle die maatreëls noodgedwonge moes aanbring. Ek meen watter tipe mens maak hom aan sulke gedrag skuldig? Waarskynlik die tipe wat all you can eat buffet restaurante like!  Nietemin maak die plek vermoedelik geld soos bossies. In Suid-Afrika bestaan daar mos die geloof dat wanneer iets gewild is en baie geld maak, dat dit noodwendig kwaliteit moet wees.

Tagged , , | 3 Kommentaar

Reuke en geure van toeka toe ek nog kind was…

kroese0011Sover ek kan onthou het ek my daaglikse gang met die hulp van gepaardgaande reuke iewers in my verstand gestoor. Vandag nog assosieer ek herinneringe uit vervloë dae met die reuke en geure wat destyds daarmee gepaardgegaan het.

Ek onthou soggens my pa se gerusstellende Tabac after shave en Oom Fanus se penny whistle kwêla, die Springbok moerkoffie wat Pa soggens klokslag om 06h00 deur die siffie in die koffiebottel kom gooi het. Selfs die daaropvolgende Lexington filter. My Pa se verbaasde uitdrukking op die gesig wanneer die buurman, winter deur somer, skuins na ses uit die sauna in sy yskoue swembad duik. Dit ruik na bloekomolie. Ek onthou hoe my pa altyd sy koffie laat koud word het voor hy dit gedrink het en hoe my ma sy koffie kom uitdrink het wyl dit staan en afkoel. Jean Patou se “Joy” parfuum laat my onthou hoe my pa nooit kwaad geword het nie en geduldig maar nog ‘n koppie gaan skink het – net vir die afkoelproses om van voor te begin. Soms was dit Chanel # 5 of Fiji. Dubbin en die reuk van ‘n nuwe Super Springbok rugbybal en Deep Heat voor ‘n wedstryd. Gooi daarby ‘n klipharde Kookaburra 4 piece krieketbal en ek is gelukkig.

Laerskool Stellenbosch ruik soos staatsgeboue steeds vandag. Selfs na die liberation van 1994. Kil neurdrukkend en onpersoonlik. Soos JAM van Schoor se Hitler snor (dit was voor ons van Mugabe geweet het) en soos alle NG Kerke binne-in. Dis nie plekke wat met ‘n positiewe gemoed verband hou nie. Dis plekke waar vrees en damnation die moed van menige kind geknak het. Maak soos ek sê en nie soos ek maak nie. Dis nie plekke waar ek ooit wou wees nie. Dit ten spyt bid ek steeds saans vir die wysheid en insig om die regte besluite te neem. Ek wag geduldig.

Op Koringplaas in die Swartland waar my ma grootgeword het ruik niks lekkerder as die koms van die reën nie. Daai dorre stowwerige Noordewind wat jou neus brand en dan skielik sag raak soos die stof meng met die reuk van klam stoppellande, daai bossies wat die streek sy naam gee en dreigende druppels. Ek weet nie hoe beskryf ‘n mens die begrip “ek ruik reën” nie. Ek weet net ek kan reën ruik, enige plek waar ek is en ure voor dit val.kroese02

My Ouma se huis op Koringplaas het na TCP geruik, soos my ma se badkamer vandag. Moerkoffie gemaak met brakwater, boerbeskuit gemaak met egte botter en genoeg sout. Soetsuurdeeg brode dik gesny, met uitgebraaide varkvet en sout en peper op – soms saam met bokkoms en korrelkonfyt. My broer Jannie het net Marmitebroodjies geëet. Die reuk van braaivleis oor rooikranskole, my Pa en oupa Sakkie agter die pakkamer en ‘n gebraaide Makou op Sondag. Kragparafien vir die 12 volt Lister enjin wat saans gloeilampe tot lig aangespoor het.

Ploegtyd op die plaas. Die reuk van grond pas omgeploeg, die dreuning van Massey Ferguson 178 trekkers, met 6 skaar Erdvark ploeë agterna. Die reuk van bloed en grond toe ek as 5 jarige my vinger teen selfs my eie kinderlike beterwete in die ratte agter op die dril (koringplanter) loop druk het. Vandag nog sit ek met nege vingers as ‘n herinnering dat ‘n mens somtyds vir jouself moet luister. Al is jy 5.

Die muwwe reuk van Oom Arthur en Tannie Kitty se huis by Agulhas, die fynbos daar, Stinkbaaitjie na springgety die bamboes daar kom los het vir die son om te verbrand. Die reuk van braaivleis op rooikranskole by die see. My Pa en oom Arthur onder die Melkhoutboom, Tannie Kitty en Ma in die kombuis. Daai spesifieke kruie reuk wat jy kry oppad Stilbaai en Jongensfontein toe. Afhangende van hoe die wind waai kom vertel hy jou die see is nie meer ver nie, gewoonlik by Riversdal rond. Tot vandag toe nog weet ek nie presies watter bos die reuk veroorsaak nie. Dis die mooiste plekke ter wêreld. Agulhas en Stilbaai en Jongensfontein.

kroese00001Waarom weet ek nie maar ek vang myself deesdae meer as gereeld terugdink aan die dae wat nooit weer sal wees nie. En dan besef ek weereens ‘n mens moet nooit ooit toelaat dat society se insecurities in jou pad staan om te wéés nie.

Tagged , , | 4 Kommentaar

Penne all’Arrabbiata

Penne all’Arrabbiata

This is my beautiful wife’s absolute favorite recipe. It is so simple to make. That is the Italians for you, masters when it comes to simplicity.

You need:

500g of penne pasta

4 x 400g tins of decent whole peeled Italian tomatoes. Do NOT use chopped.

8 decent size cloves of garlic , very finely chopped, the fresher the better.

4 – 10 dried birds eye chili’s, finely chopped. The amount depends on your ability to handle a bit of fire. Rule of thumb is 2 chilies per 400 g of tomato

About 50 g of very finely chopped FRESH parsley. Use only curly leaf. Italian flat leaf simply does not work in this recipe.

A good couple of lugs decent olive oil.

Here’s is what you do. Prep before you start heating oil.

Chop the chili’s and garlic and combine in the pot with the olive oil.

Chop the parsley, but keep separate.

I also chop the tomatoes or pulse it with a plastic blade on the food processor. You don’t what to make it foamy and chop the pips. Alternatively you can use the whole, and just mash it with a potato masher as it cooks.

Once the prep is done, place the pot with chilies, chopped garlic and olive oil on the stove. Sauté the garlic. NEVER BURN OR BROWN GARLIC

Once the garlic is half way, add the parsley and fry on med until soft and most of the “water” has cooked out. Stir continuously.

Then you add the tomatoes and turn the heat way down, let it slowly simmer uncovered for about 2 – 3 hours until sauce has become rich and creamy. Stir regularly.

When the sauce is nearly ready, cook your pasta in salted water as per instructions.

When the pasta is done, drain and mix with your sauce.

Parmigiano-Reggiano is optional, but really not needed.

 

 

 

Posted in Resepte en kos goed. | Tagged , , , , , , , , , , , , | 1 Kommentaar